Gelykenis van die Skat

Gelykenis van die Skat

Mat 13:”44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.”
Opmerking: In hierdie gelykenis, saam met die gelykenis van die Pêrel en die die gelykenis van die visnet word uit die oogpunt van die Hemel gestel. Hierdie gelykenis stel dit duidelik dat daar ‘n klein minderheid gelowige Jode in die tydperke net voor (Terwyl Jesus fisies hier op aarde was) en die tydperk net na die kerk dispensasie sal wees (Die Verdrukking) . Die man soos wat ons alreeds in die gelykenis van die onkruid gesien het is Jesus Christus. Die skat is Israel omrede die Here in Psalm 135:4 stel dat Hy Israel (die Joodse volk) as sy eiendom uitgekies het.
Psalm 135:4 “Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
En verder:
Exodus 19:5 “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Let wel die volk Israel wat in die land Israel woonagtig is en nie die Kerk nie. (Om enigsins die die volk Israel met die Kerk te vervang is vervangingsteologie en is nie ‘n Bybelse leerstelling nie!) Die Kerk is glad nie hier ter sprake nie. Die gelykenis oor die pêrel handel hoofsaaklik oor die kerk. Soos alreeds genoem is Israel en die Kerk nie dieselfde entiteite nie en hulle albei dien verskillende funksies in God se plan vir die wêreld. (Lees asb die artikel “Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang?”)

Die saailand is die wêreld, die skat is in die saailand verborge , wat beteken dat die klein minderheid gelowige Israeliete verstrooi is in die wêreld, en onopsigtelik in die wêreld lewe behalwe vir God wat alles weet. (Onthou, na die val van Jerusalem in 70 nC is die Jode reg oor die wêreld verstrooi net soos wat die here hulle vooraf gewaarsku het. Die rede vir hierdie gebeurtenis was omdat hulle, hulle Messias verwerp en laat kruisig het.) Jesus word voorgestel as die man wat die skat vind en wegsteek, dan alles prys gee deur om aan die Kruis met Sy lewe daarvoor te betaal.
2Co 5:19 “naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou.”
En verder:
1Jn 2:2 “En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
Die Here weet waar al die gelowige Jode hulle op enige gegewe tydperk bevind, en sal hulle aan die wêreld bekend maak wanneer Hy kom om Sy koninkryk op aarde, net na die verdrukking, fisies te vestig. Die gelowige Jode sal versteek bly totdat Hy hulle almal in hulle land bymekaar gemaak het en hulle sal dan  saam met Homself aan die wêreld voorgestel word  . Intussen moet hy eers Sy Bruid (Die Kerk) bymekaar maak en uit die wêreld (met die wegraping) uit weg neem.

NB! Die Here Jesus Christus betaal alles en die skat (die gelowige Jode) betaal niks. Dit het Hom alles gekos en vir Israel niks gekos nie. Hulle kry alles as geskenk deur Sy genade. Dit geld vir die Gelykenis van die Pêrel ook, waar Jesus alles vir ons (die Kerk) betaal het, maar ons die kerk, kry alles deur genade as geskenk. Dus kos dit ons niks nie. Die mens kan nie sy eie heil uitwerk nie! ‘n Persoon kan dit slegs deur geloof, as geskenk, aanneem iets wat in God se genade aangebied word! Wedergeboorte vind alleenlik plaas met die verstaan en glo van die Evangelie.

Mag ons vir altyd dankbaar bly vir wat die Here vir aan die Kruis vir ons gedoen! Die skat is dus gelowige Jode en die pêrel is die ware kerk.  Dit is hoekom Jesus hierdie twee gelykenisse vertel het. Hy wou duidelik die verskil tussen die Kerk en die gelowige Jode duidelik stel. (Lees asb die artikel “Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang?”)

Seën Groete

Vic

Deel met ander asb.