Om Wedergebore te raak!

Om Wedergebore te raak!

Geloof in die Here Jesus Christus wat in ons plek aan die kruis vir al ons sondes gesterf, en wat op die derde dag liggaamlik uit die dood uit opgestaan het, is die enigste vereiste om die ewige lewe te ontvang.

Joh. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Joh. 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Hnd 16:30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Geloof is die vaste oortuiging dat iets waar is. Om in Jesus te glo, is om daarvan oortuig te wees dat Hy die ewige lewe aan almal waarborg wat in Hom glo
Joh. 6:47 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Joh. 4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ‘n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.
Joh. 5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh. 11:25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe; 11:26 en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”

Geen ordinasie, tradisie, kerk denominasie, doop, nagmaal, tiendes gee, wet onderhouding of goeie werk kan as vereiste by geloof gevoeg word om die ewige lewe te ontvang nie.
Rom. 4:5 “aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken.
Gal. 2:16 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.
Tit. 3:5 nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees”

Redding vind plaas, wanneer die mens as geskenk die ewige lewe by God in geloof aanvaar.
Ef. 2:8 “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; 2:9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Openb. 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”
Ons ontvang nie die ewige lewe, omdat ons dit verdien nie, ons ontvang die ewige lewe as geskenk omrede die Here Jesus Christus in ons plek aan die kruis vir ons sondes gesterf het. As ons moes ontvang wat die Here ons geskuld het moes ons almal hel toe gaan, dit is al wat God ons skuld. Ons almal, sonder uitsondering, verdien om hel toe te gaan. As verlore sondaars moet ons na die Here Jesus Christus kom en die ewige lewe uitsluitlik op grond van Sy genade, deur geloof, as geskenk by Hom ontvang en dit is nie iets wat ons kan verdien of wat God ons skuld nie.

1Kor. 15:1 Broeders, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 15:2 waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. 15:3 Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; 15:4 en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte;

Wat moet ons doen?
Hand. 16:30 “En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word?
16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin. 16:32 En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was. 16:33 En in dieselfde uur van die nag het hy hulle geneem en hulle wonde gewas, en hy is onmiddellik gedoop, hy en al sy mense.”

Dit is die blye boodskap van God se genade en liefde. Onthou dit is God wat besluit het om Sy Seun aarde toe te stuur, om daar aan die kruis vir al ons sondes te betaal.
Joh. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, (God se aandeel in ons verlossing: Wie God is! Sy attribuut van geregtigheid vereis dat Hy ons sondes straf. Sy attribute van liefde vereis dat Hy ons verlos. Die oplossing?) dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, (God se aandeel in ons verlossing: In Sy onbeperkte liefde doen Hy alles om ons te red. Hy stuur Sy Seun, wie self God is, om vir ons sondes aan die kruis te sterf. Daardeur bevredig Hy Sy attribuut van geregtigheid en demonstreer ook Sy liefde vir ons. Let wel, alles van God se kant af.) sodat elkeen wat in Hom glo, (Ons aandeel: Die enigste vereiste wat van die mens verwag word is geloof in die Persoon en voltooide werk van die Here Jesus Christus aan die kruis en Sy liggaamlike opstanding vanuit die dood. Niks anders nie.) nie verlore mag gaan nie,(God se belofte aan ons: Dit is Sy werk om te verseker dat ons nie verlore kan gaan nie, nie ons werk nie. Ons kan onsself nie red of gered hou nie, maar Hy kan en sal ons red!) maar die ewige lewe kan hê.” (God se belofte aan ons: God is die een wat op grond van Sy genade, nie ons verdienste nie, die ewige lewe as geskenk aan ons gee. Die ewige lewe is nie iets wat ons ooit kon verdien of in ons eie krag kon bewerkstellig nie. Omrede ons nie die ewige lewe kan verdien nie,  maar slegs op grond van God se genade deur geloof allenlik kan ontvang, is dit net logies dat ons niks kan doen om dit te verloor nie.

Vir die gelowige is die objek van sy geloof die Here Jesus Christus. Die gelowige glo, dat Jesus Christus sy enigste Verlosser van sy sonde, en die ewige verderf is, omrede Christus God is, en oor die krag beskik om hom te verlos en dat die Seun van God met Sy eie lewe vir al die gelowige se sondes (verlede, hede en toekomstige sondes) aan die kruis betaal het. Sonder Jesus Christus sou die sondaar homself nooit kon red nie, maak nie saak hoe sterk sy geloof sou wees nie. Onthou, die waarde, meriete of krag van ons geloof is in die objek waarin ons, ons geloof plaas gesetel, naamlik die Here Jesus Christus, wat God in die vlees is en wat nooit kan misluk nie. Reddende geloof is om in die Here Jesus Christus die Seun van God te glo, wie gesterf het en weer uit die dood uit opgestaan het, om jou persoonlike sondeskuld voor ‘n regverdige God te betaal, en die Een wat aan almal die ewige lewe skenk wat Hom en Hom alleen daarvoor vertrou.

Glo jy dit?

Belangrike Versoek: As die ontvangers van God se onbeskryflike gawe van die ewige lewe, verwag die Here dat ons almal op die een of ander wyse met die verkondiging van die Evangelie betrokke moet wees. (Indien die Here dit op die leser se hart lê, kan die leser die volgende skakel volg en ‘n kort weergawe van die Evangelie uitdruk en eksemplare daarvan orals opplak, uitdeel en selfs in die biblioteek boeke, as boekmerke, plaas. Die leser kan daarmee doen net wat hy/sy mag goeddink, net solank as wat die Evangelie uitkom en met die mensdom om ons gedeel word! Hier is die skakel “Kort weergawe van die Evangelie” Onthou die Here sal ons by die Regterstoel Oordeel vir ons moeite beloon!!

Baie dankie en seën groete!!

Vic

Wat sê die Skrifte