Donasie

Maak ‘n Donasie

Ons Bediening is ‘n geloof gebaseerde bediening en ons het ‘n beleid om nooit versoeke vir geld uit te stuur nie. Net soos George Müller vertrou ons net op die Here, vir die voorsiening van ons behoeftes. Dus kan jy verseker weet, dat ons jou nooit vir geld sal vra nie! Geen gedeelte van hierdie webtuiste sal ooit net tot sekere intekenaars beperk word nie. Dit is die Here se werk om in ons behoeftes te voorsien, en ons werk om die woord van God te versprei.   Daarom is dit ook God se werk, om die begeerte op Sy kinders se harte te lê, sou Hy begeer dat iemand aan ons ‘n donasie moet maak! Maak slegs ‘n donasie indien die Heilige Gees dit op u hart lê,  andersins vra ons net vir gebed, sodat ons God se opdrag getrou sal uitvoer, en slegs Sy naam verheerlik sal word. Verder versoek ons ook, dat voorbidding vir hierdie bediening gemaak word, sodat God die huidige deure vir ons oop sal hou en baie mense tot geloof in Hom sal kom.

Net soos wat ons glo dat alle hulpbronne (mense, talente, gawes, finansies, geleenthede ensovoorts) gawes is wat van God afkomstig is, net so beskou ons elke bydrae aan hierdie bediening gemaak, as ‘n gawe wat van God afkomstig is. God werk immers in en deur Sy kinders, en daarom is dit belangrik om slegs ‘n donasie te maak indien die Here dit op u hart lê. Dit is u bydraes wat daartoe bydra dat hierdie bediening voort kan gaan, en u kan verseker wees dat God u ryklik by die Regterstoel Oordeel van Christus daarvoor sal beloon.
2Kor. 5:10 “Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.”
Ef. 6:8 omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ‘n slaaf is of ‘n vryman.”

Dankie aan almal wat alreeds ‘n bydrae tot hierdie bediening gemaak het en vir elke persoon wat vir hierdie bediening bid. Mag die Here u ryklik seën.
2Kor. 9:8 “En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.

Let wel: Moet nooit sleg voel  indien jy nie ‘n donasie kan maak nie, dit word nie van jou vereis nie. Al wat ons in so ‘n geval vra, is dat u vir hierdie bediening sal bid.  Indien jy dit wel kan bekostig, en die Here dit wel op jou hart lê om wel ‘n donasie te maak, sal alle donasies waardeer word. 

Seën groete 

Vic


Diegene wat nie van Paypal gebruik wil maak nie kan donasies in die volgende bankrekening inbetaal:

Standerd Bank: AccessAccount
Rekening naam: E.L Deysel
Rekening nommer: 10074684750

Let wel: Dit is nie nodig is om oor ‘n PayPal rekening te beskik om ‘n donasie deur PayPal te maak nie!






Belangrike Versoek:
As die ontvangers van God se onbeskryflike gawe van die ewige lewe, verwag die Here dat ons almal op die een of ander wyse met die verkondiging van die Evangelie besig moet wees. (Indien die Here dit op die leser se hart lê, kan die leser die volgende skakel volg en ‘n kort weergawe van die Evangelie uitdruk en eksemplare daarvan orals opplak, uitdeel en selfs in die biblioteek boeke, as boekmerke, plaas. Die leser kan daarmee doen net wat hy/sy mag goeddink, net solank as wat die Evangelie uitkom en met die mensdom om ons gedeel word! Hier is die skakel “Kort weergawe van die Evangelie” Onthou die Here sal ons by die Regterstoel Oordeel vir ons moeite beloon!!

Wat sê die Skrifte