Kategorie se argiewe: Gelykenisse

Gelykenis van die Ponde

Die gelykenis van die ponde is soortgelyk aan die gelykenis van die talente. Indien ons hierdie twee gelykenisse met mekaar vergelyk, dan sal ons opmerk, dat daar sekere dinge in gemeen is, asook sekere opmerklike verskille. Dus, is dit baie duidelik dat die Here Jesus twee verskillende gelykenisse hier vertel het, waardeur Hy sekere punte duidelik van mekaar wou onderskei. Die leser word aangeraai om die gelykenis van die talente ook weer te lees. Deur die verskille in die twee gelykenisse te bestudeer, sal die gelowige se kennis aansienlik verbreed word en sal die gelowige ‘n beter idee kry van wat God van hom verlang.

Die belangrikste opmerklike verskille tussen die twee gelykenisse, is die feit dat die gelykenis van die ponde handel oor beloning wat die diensknegte op grond van gelyke vermoëns en geleenthede ontvang. Die gelykenis van die talente (Mat 25:14-30) handel oor loon wat die diensknegte op grond van oneweredige gawes en geleenthede ontvang. Die les wat ons uit hierdie feite kan leer is, dat met Christus se Wederkoms, beloning volgens kwantitatiewe asook kwalitatiewe kriteria toegeken gaan word. Lees meer Gelykenis van die Ponde

Gelykenis van die Talente

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 6
Gelykenis van die Talente

Net soos wat Jesus die gelykenis van die tien maagde vertel het met die bedoeling om gelowiges, wat na die Groot Verdrukking nog lewe, te waarsku om geestelik gereed vir Sy wederkoms te wees, het Hy die gelykenis van die Talente vertel, om te illustreer dat Hy van Sy diensknegte verwag om met Sy belange werksaam te wees, terwyl Hy afwesig is. Die leser moet ook net verder daarop let, dat die gelykenis van die Talente nie dieselfde as die gelykenis van die ponde is nie. Die twee gelykenisse het wel gemeenskaplike ooreenkomste, maar hulle is twee verskillende gelykenisse met verskillende betekenisse. Kom ons gaan bestudeer die gelykenis van die Talente. Lees meer Gelykenis van die Talente

Gelykenis van die Tien Maagde

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 5

Gelykenis van die Tien Maagde

Voordat ons die gelykenis van die tien maagde bespreek is dit belangrik dat ons net weer kortliks na die kulturele en historiese aspekte van ‘n tipiese Joodse huwelik van die Bybelse tyd kyk. Dit is belangrik dat ons dit doen, want Jesus het so ‘n Joodse huwelik as agtergrond vir die oordra van die gelykenis van die tien maagde gebruik. As ons hierdie gelykenis dus reg wil verstaan, dan is dit baie belangrik dat ons weet hoe ‘n Joodse huwelik gedurende die tyd van Jesus bevestig is. Dit sal dan die uitleg en verstaan van die gelykenis soveel vergemaklik en sal verhoed dat onnodige foute met die uitleg van die gelykenis gemaak word. Lees meer Gelykenis van die Tien Maagde

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 4

Gelykenis van die twee diensknegte:

Mattheus 24:45 “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?”
Opmerking: Dit moet van die begin af duidelik verstaan word dat die diensknegte waarna die Here Jesus Christus hier verwys, nie lede van die Kerk wat as Sy Bruid bekend staan is nie. Die mense waarna die Here hier verwys, is mense wat gedurende die verdrukking of laaste sewe jaar tydperk van die 490 jaar tydperk wat oor die Joodse volk uitgespreek is sal lewe. Dus is dit die mense wat tydens die verdrukking geloof in Jesus bely, en dit sluit ware gelowiges asook mense wat nie werklik die Evangelie glo nie, in.
Mattheus 15:7 “Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: 15:8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. 15:9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” Lees meer Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 4

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 3

In deel drie van hierdie reeks artikels gaan ons die derde en laaste vraag wat Jesus se dissipels aan Hom gestel het beantwoord. Jesus se dissipels wou weet wat die teken sou wees wat sou aandui dat die einde van die dispensasie aangebreek het. Ons moet dus die konteks waarin hierdie vra gestel is onthou en in ag neem. Soos reeds in deel een en twee van hierdie reeks genoem, het ons gemerk dat die dissipels die laaste 7 jaar tydperk van die 490 jaar tydperk wat oor die nasie uitgespreek is ingedagte gehad en dus wou hulle weet wat die teken sal wees dat die laaste 7 jaar van daardie spesifieke tydperk tot ‘n einde gekom het. Die leser word aangeraai om deel 1 en deel 2 van hierdie reeks artikels eerste te lees om die konteks en agtergrond van hierdie artikel te verkry. In die vorige artikel het ons afgesluit waar Jesus Sy dissipels teen die valse profete gewaarsku het. (Mattheus 24:24-25. In hierdie artikel sluit ons by Mattheus 24:26 aan. Lees meer Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 3

Gelykenis van die Bruilof

Die gelykenis van die bruilof volg na die gelykenis van die twee seuns en die gelykenis van die landbouers. Die drie gelykenisse vorm ‘n eenheid. Die gelykenis van die bruilof demonstreer dat die volk Israel a.g.v hulle ongeloof tydelik tersyde gestel gaan word en dat die Evangelie na al die nasies sal uitgaan. Die leser word aangeraai om eerste die gelykenis van die twee seuns en die gelykenis van die landbouers te gaan lees om die nodige agtergrond te bekom, alvorens die gelykenis van die bruilof gelees word.
Kom ons gaan nou na die teksgedeelte. Lees meer Gelykenis van die Bruilof

Gelykenis van die Landbouers

Die gelykenis van die landbouers kan as ‘n opvolg gelykenis beskou word, deurdat dit op die gelykenis van die twee seuns volg en op sy beurt weer deur die gelykenis van die bruilof gevolg word. Onthou die hele konteks gaan oor die feit, dat die geestelike volksleiers van Israel, Jesus gevra het met watter gesag Hy al hierdie dinge gedoen het. Dit sluit die intog in Jerusalem (Mat 21:1-11) , Sy ontvangs van lofprysing deur die mense, die reiniging van die tempel (Mat 21:12-17) , die genesing van die blindes en kreupeles (Mat 21:14) , en Sy onderrigting van die mense, (Mat 21: 23) in. Die leiers van die volk het duidelik besef dat Jesus Homself as die Messias van die volk voorhou en daarom wou hulle weet met watter gesag Hy hierdie dinge doen. Lees asb die gelykenis van die twee seuns eerste om ‘n vollediger agtergrond te verkry. Lees meer Gelykenis van die Landbouers

Die Gelykenis van die Twee Seuns

Eers ‘n bietjie agtergrond. Jesus het Homself as die Koning en die Jode se Messias voorgestel, toe Hy Jerusalem op die rug van ‘n donkie ingery het. (Mat 21:1-11) Dit sou vir enige Jood wat die skrifte geken het, duidelik gewees het wat die Here hier doen, want die Skrifte het vooraf daarvan getuig.
Sag 9:9 “Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.” Lees meer Die Gelykenis van die Twee Seuns

Gelykenis van die Arbeiders

Voordat ons begin moet ons eers kennis neem dat Jesus hierdie gelykenis vertel het as ‘n verdere verduideliking op ‘n vraag wat Petrus Hom gevra het.
Mattheus 19:27 “Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Kyk, ons het alles verlaat en U gevolg. Wat sal daar dan vir ons wees? 19:28 En Jesus sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte(wanneer alles nuut gemaak word) wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel. 19:29 En elkeen wat huise of broers of susters of vader of moeder of vrou of kinders of grond ter wille van my Naam verlaat het, sal honderd maal soveel ontvang en die ewige lewe beërwe.”
Opmerking: Let op dat die Here verwys na die wedergeboorte d.w.s die millennium, wanneer Jesus fisies op aarde gaan wees en Sy Messiaanse Koninkryk hier sal oprig. Dit sal die tyd wees wanneer Jesus die koninkryk geestelik, (Jesaja 2:3; 4:2-4 en 11:9) polities (Jesaja 2:4; 11:1-5; 11:10 -11 en 32:16 – 18) geografies en fisies ( Jesaja 2:2; 4:5 – 6; 11:6 – 9; 35: 1 – 2) gaan vestig. Hy gaan op die herstelde troon van Dawid sit en die wêreld vir duisend jaar lank regeer. (Mattheus 25:31) Dit alles vind hier op aarde, in die fisiese geografiese landgebied van Israel plaas . Dit is opmerklik, dat die genadeloon, wat die dissipels vir getroue diens in hierdie lewe aan God gelewer, met gesagsposisies van administrasie en heerskappy in die vrederyk van Jesus beloon gaan word. . (Lukas 19:17- 27) Lees asb die artikels “Die gelykenis van die Ponde” asook “Gelowiges se werke gaan beoordeel word” Lees meer Gelykenis van die Arbeiders

Die Gelykenis van die Onbarmhartige Skuldeiser

Neem net asb kennis dat hierdie ‘n duplikaat is van die artikel “Vergifnis tussen Broers” wat dieselfde onderwerp aanspreek. Ek gaan nie alles weer herhaal nie. Ek plaas weer hierdie gelykenis hier, sodat mense wat die Gelykenisse wil bestudeer dit maklik op een plek kan kry. Dit is belangrik dat ons hierdie gelykenis verstaan omrede vergifnis so groot rol in ons lewens speel.

Daar is deesdae in tendens in die Kerk wat sê dat alle gelowiges net moet vergewe. As ‘n gelowige deur ‘n ander gelowige benadeel word, dan word dit aan die benadeelde gesê hy moet vergewe. As hy nie vergewe nie, dan word die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser voor die benadeelde broeder gegooi om hom so ver te kry om te vergewe. Is hierdie optrede werklik geregverdig. Om die antwoord te kry moet ons na die Woord self gaan. Wat sê die Woord werklik oor vergifnis tussen gelowiges? Onthou ons praat hier van mense wat gelowig is, nie van ongeredde mense nie. Ons praat hier van ernstige geskille waar vergifnis ‘n vereiste vir versoening sal wees. Lees meer Die Gelykenis van die Onbarmhartige Skuldeiser