Kategorie se argiewe: Vergifnis

Die Here is Genadig!

Psa 86:5 “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
86:15 Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.”
Hoe dankbaar is ek nie soms nadat ek gestruikel het, om teksgedeeltes soos hierbo te lees en daaroor na te dink nie. Hoe maklik struikel ons nie, en was dit nie vir God se genade nie weet ek nie waar ek nou sou gewees het nie. Ek kan maar net elke oggend tot God nader in gebed en Hom bedank vir al die genade en geduld wat Hy aan die dag gelê het en nog steeds aan die dag lê met my sondes. Ek verwonder my ook dan opnuut aan die volkomendheid van God se Woord aan ons, wat maar net weer bewys dat die Bybel nie deur die wil van die mens voortgebring is nie, maar deur God alleen. Die Here ken ons en weet hoe maklik ons struikel, en daarom het Hy voorsiening gemaak daarvoor.
1Jo 2:1 “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” Lees meer Die Here is Genadig!

Vergifnis Tussen Gelowiges

Daar is deesdae in tendens in die Kerk wat sê dat alle gelowiges net moet vergewe. As ‘n gelowige deur ‘n ander gelowige benadeel word, dan word dit aan die benadeelde gesê hy moet vergewe. As hy nie vergewe nie, dan word die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser voor die benadeelde broeder gegooi om hom so ver te kry om te vergewe. Is hierdie optrede werklik geregverdig. Om die antwoord te kry moet ons na die Woord self gaan. Wat sê die Woord werklik oor vergifnis tussen gelowiges? Onthou ons praat hier van mense wat gelowig is, nie van ongeredde mense nie. Ons praat hier van ernstige geskille waar vergifnis ‘n vereiste vir versoening sal wees. Lees meer Vergifnis Tussen Gelowiges

Sara Sondeloos?

Hebreërs 11:11 “Deur die geloof het Sara self ook krag ontvang om bevrug te word; en toe sy oor die leeftyd was, het sy gebaar, omdat sy Hom getrou geag het wat dit beloof het.
Is daar ‘n weerspreking in die Woord van God hier? Ons almal weet tog dat Sara getwyfel het en selfs gelag het toe die Here aan Abraham belowe het dat hulle ‘n kind sou ontvang.
Genesis 18:9 “Toe sê hulle vir hom: Waar is Sara, u vrou? En hy antwoord: Daar in die tent. 18:10 En Hy sê: Ek sal oor ‘n jaar sekerlik weer na jou toe kom—dan sal jou vrou Sara ‘n seun hê. En Sara het geluister by die ingang van die tent wat agter Hom was. 18:11 Maar Abraham en Sara was oud, ver op hulle dae; dit het met Sara nie meer volgens die reël van die vroue gegaan nie. 18:12 En Sara het by haarself gelag en gedink: Sal ek wellus hê nadat ek oud geword het en my heer oud is? 18:13 Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?
18:14 Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor ‘n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal ‘n seun hê.
18:15 Maar Sara het dit ontken en gesê: Ek het nie gelag nie—want sy was bang. Maar Hy sê: Nee, maar jy het gelag.” Lees meer Sara Sondeloos?