Teologiese vooroordeel, luiheid asook nalatigheid as wapen is van die grootste wapens wat Satan teen die belydende christendom aanwend.
2 Tim 2:2 “en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.”
Wanneer dit veral met die verkondiging van die evangelie kom, is dit van uiterste belang dat ons die evangelie korrek verkondig. Hierdie feit geld veral vir mense wat in die bediening staan of wat as evangeliste optree. Boonop is ons aangesê om die evangelie te verkondig en nie om ons self te verkondig nie. Dit is ook dan opvallend dat veral mense wat geneig is om die fokus op hulleself te plaas (om aan die wêreld te toon hoe besig hulle met die werk van God is) juis in baie gevalle presies diegene is wat hulleself aan dwaalleer skuldig maak. Hulle vergeet egter dat God ‘n waarskuwing in Sy woord aan enige persoon gee wat die woord van God verkondig, naamlik:
Jak.3:1 “Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.”
Hierdie waarskuwing word nie ernstig genoeg opgeneem nie en word in baie gevalle heeltemal verontagsaam. Waar God se woord egter buite konteks aangehaal of geïgnoreer word kan mens egter verseker wees dat ‘n negatiewe uitkoms verwag kan word.
Kategorie se argiewe: Heilsweg
Die Here Jesus Christus as Rots
Die Skrifte verwys gereeld na die Here Jesus Christus as ‘n Rots of bousteen. In Mattheus 21:44 sien ons waar die Here Jesus Christus die volgende waarskuwing aan Sy gehoor rig, naamlik:
Matt.21:44 “En hy wat op hierdie steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel.”
Dit sou ‘n ernstige mistasting aan die kant van die mensdom wees om hierdie waarskuwing ligtelik op te neem, en hierdie feit geld ook vir gelowiges. D.m.v. die rots/steen metafoor merk ons in die Skrifte dat die Here hoofsaaklik met drie groepe mense praat, naamlik Israel as volk, die Kerk, wat as die liggaam van Christus bekendstaan, en die nie-Joodse, of te wel die heiden nasies, wat alle nasies en volke behalwe Israel insluit. (Dit sluit Suid Afrika in.)
Ek verwerp met goeie rede die Christendom
Vraag: Ek kan nie verder in die Christendom glo nie, en my redes daarvoor is eenvoudig. As mens na die geskiedenis van Christendom kyk dan vind mens dat daar moord en doodslag in Christus se naam gepleeg is. Ek verwys na die Rooms-Katolieke kruistogte, en inkwisisies, waar duisende onskuldige mense in die naam van Christus gemartel en vermoor was. Self die protestante se Calvyn het homself aan gruweldade skuldig gemaak. Dit is juis op grond van hierdie optredes waarom ek my Christenskap verwerp het en nie as ‘n Christen bekend wil staan nie. Jy kan maar antwoord as jy wil, anders maak dit nie werklik ‘n verskil nie.
Lees meer Ek verwerp met goeie rede die ChristendomDie opstanding en meegaande implikasies deel 4
In deel een van hierdie reeks artikels het ons gemerk hoe die apostel Paulus die uiters belangrike geskiedkundige werklikhede aangaande die Here Jesus Christus se opstanding vanuit die dood aan sy lesers voorgelê het. In deel twee van hierdie reeks artikels, het ons gemerk dat Paulus bo enige twyfel gedemonstreer het dat die Here Jesus Christus se opstanding direk met die toekomstige opstanding van die gelowige verbind is. In deel drie van hierdie reeks artikels het ons die aard van die opstandings liggaam bespreek. (Indien die leser nie alreeds die eerste drie artikels in hierdie reeks artikels gelees het nie, word hy ten sterkste aangeraai om dit te doen, omrede die onderwerp daarin bespreek met mekaar inskakel.) In deel 4 van hierdie reeks artikels word 1Kor.15:58 en die belangrikheid om aan die Apostoliese leerstellings, soos wat ons dit in die Skrifte vind, vas te hou. (‘n Uiters belangrike opdrag vir die tye waarin ons onsself nou bevind.)
Lees meer Die opstanding en meegaande implikasies deel 4Die opstanding en meegaande implikasies deel 2
In deel een van hierdie reeks artikels het ons gesien hoedat daar ‘n valse leerstelling die gemeente in Korinthe binnegedring het, wat beweer het dat daar geen liggaamlike opstanding vanuit die dood is nie. Ons het gemerk hoedat Paulus die onbetwisbare geskiedkundige feite aangaande Christus se dood en opstanding aan sy lesers voorgehou het. Indien die leser nog nie deel een van hierdie reeks artikels gelees het nie, word hy/sy sterk aangeraai om dit te doen omrede die inligting daarin weergegee met hierdie artikel inskakel. In Deel 2 van hierdie reeks artikels gaan ons na 1Kor.15:12-34 kyk en met behulp van Paulus demonstreer dat die Here Jesus Christus se opstanding direk met die Korintiërs (en dus alle gelowiges) se opstanding gekoppel is.
Lees meer Die opstanding en meegaande implikasies deel 2Die opstanding en meegaande implikasies deel 1.
1Kor.15:1-58 kan as die opstandings-hoofstuk van Paulus se skrywes beskryf word. Omrede die Korinthiërs vanuit ‘n hoofsaaklike Griekse agtergrond afkomstig was, was hulle veral vatbaar vir valse leerstellings wat vanuit daardie bron afkomstig was. Meeste Grieke van daardie tydperk het wel in die siel se onsterflikheid na die dood geglo, maar nie in ‘n toekomstige fisiese/liggaamlike opstanding vanuit die dood nie. Om hierdie rede was die gedagte van Christus se kruisiging vir die Grieke dwaasheid.
1Kor.1:23 “maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ‘n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke”
So ook was die idee van ‘n liggaamlike opstanding vir die Grieke ‘n uiters vreemde konsep om te verwerk, naamlik:
1Kor.1:32 “Maar toe hulle van die opstanding van die dode hoor, het sommige begin spot, en ander het gesê: Ons sal u weer hieromtrent hoor.”
Dit wil voorkom dat hierdie dwaalleerstelling, wat beweer dat daar geen fisiese opstanding vanuit die dood is nie, die gemeente in Korinthe binnegedring het en groot verwarring onder die gelowiges daar veroorsaak het. In 1Kor.15:1-58 spreek die apostel Paulus hierdie dwaalleerstelling aan en weerlê dit heeltemal. Met die skryf van hierdie artikel sal die hele hoofstuk van 1Kor.1-58 sorgvuldig bestudeer en bespreek word en in vier hoofafdelings van vier artikels opgedeel word.
Moet Christus bely word om wedergeboorte te word?
Baie predikers verkondig, dat vir ‘n persoon om die ewige lewe te ontvang, daardie persoon die Evangelie moet glo en dan die Here Jesus Christus openlik met die mond moet bely. (wat ‘n addisionele stap by slegs die glo van die Evangelie is) Ander verkondig weer dat ‘n persoon openlik die Here met die mond bely wanneer daardie persoon toelaat dat hy in die openbaar of voor die gemeente gedoop word. (Dus ‘n vorm van doopsaligheid.) Ander glo dat ‘n persoon wat werklik die Evangelie geglo, en wedergebore geraak het, die Here outomaties sal bely. (‘n Leerstelling wat die gelowige se werke as bepalende element van reddende geloof maak, wat niks anders as ‘n vorm van werke-saligheid is nie.) Die teksgedeelte wat dan aangehaal word om hierdie leerstelling te regverdig is Rom.10:9-13, naamlik:
Rom.10:9 “As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; 10 want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. 11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. 12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep. 13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”
Rom 10:9-10 gaan eers bestudeer en bespreek word en dan sal Rom.10:11-13 bestudeer en bespreek word.
beproewing van die gelowige se geloof
Vir ‘n gelowige, of enige of enige ander persoon, om in onafhanklikheid van God te leef, kom op rebellie neer, en is dus sonde, en om hierdie rede word die gelowiges (nie ongelowiges nie) ernstig gemaan, naamlik:
2Kor.10.56 “en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”
En omrede ons geloof slegs in Christus gesetel moes wees, en in niemand, of niks anders nie, is dit die gelowige se plig om in die geloof te wandel, anders pleeg daardie persoon sonde al besef hy dit nie.
Rom.14:23b “en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde.”
met hierdie wete in gedagte kan die gelowige verseker wees dat sy geloof die een of ander tyd aan beproewing onderwerp sal word.
Generiese geloof vs Reddende geloof
Daar heers tans groot verwarring rondom die onderwerp van geloof. Baie mense glo dat geloof die een of ander krag is wat hulle kan gebruik om die werklikheid, of omstandighede rondom hulle te verander of te beïnvloed. Dus verklaar hierdie persone direk, of indirek, dat geloof oor inherente krag besit, en indien ‘n persoon genoeg daarvan kan opwerk, hy in staat sal wees om alles te doen insluitende die feit dat hulle berge met die spreek van een woord letterlik kan versit. Derhalwe maak hulle van teksgedeeltes soos Matt. 17:20 as proefteks gebruik om hulle stelling te staaf, naamlik:
Matt.17:20 “En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ‘n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Ons sal later na hierdie teksgedeelte terugkom.)
Maar vir eers is dit belangrik om te bepaal wat die Bybel oor geloof te sê het, en dan sal daar met hierdie studie gepoog word om onderskeid tussen generiese geloof en reddende geloof te verduidelik. Ons almal beskik oor geloof en maak daagliks daarvan gebruik. (Ek praat nie nou noodwendig van reddende geloof nie. Geloof kan in twee kategorieë ingedeel word, naamlik generiese geloof, of geloof in die algemeen, en reddende geloof, wat wedergeboorte en die ewige lewe tot gevolg het.)
Bekering vir wedergeboorte is nie droefheid oor sondes nie
Daar is ongelukkig ‘n leerstelling wat verkeerdelik beweer dat indien ‘n persoon nie genoegsaam trane en droefheid oor sy sonde getoon het, daardie persoon nie werklik tot bekering t.o.v. wedergeboorte gekom het nie. Daar word dan van 2Kor. 7:10 as bewys aangehaal om hierdie leerstelling te verdedig, naamlik:
2Kor. 7:10 “Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.” (lees asb die hele artikel omrede genoemde teksgedeelte later binne die korrekte konteks bestudeer en verduidelik sal word.)
Met die skryf van hierdie artikel sal gedemonstreer word, dat droefheid nie met bekering t.o.v. wedergeboorte verwar moet word nie. In ‘n poging om ‘n term of leerstelling te omskryf en te verduidelik, is dit soms uiters raadsaam om te beskryf wat daardie term of leerstelling nie beteken nie. Die rede vir hierdie tegniek is die feit dat die kontras tussen die twee stellings ‘n persoon help om die onderwerp wat bespreek word, in ‘n duideliker lig te sien en derhalwe kan dit met die begryp en verstaan van die onderwerp help. Droefheid is nie bekering nie, en boonop kan droefheid nie by geloof alleenlik in die Evangelie, as nog ‘n vereiste, bygevoeg word nie. Droefheid kan, en mag dalk tot bekering lei, maar droefheid is nie ‘n vereiste vir wedergeboorte nie. Slegs geloof in die Evangelie word in die Skrifte aan ‘n persoon voorgehou om die geskenk van die ewige lewe by God te ontvang. Om enige ander vereistes, behalwe geloof in die Evangelie alleenlik, aan ‘n ongeredde persoon voor te hou is om ‘n onnodige hindernis in die weg van daardie persoon t.o.v. wedergeboorte te plaas. Iets wat die Here nooit sou goedkeur nie! (die leser word ten sterkste aangeraai om ook die ander artikels in hierdie reeks te lees, naamlik: “Bekeer, of bekering, is nie reformasie in eie krag nie” en “”Bekering ten opsigte van wedergeboorte is nie boetedoening nie” en “Die Waterdoop vorm nie deel van die Evangelie nie” asook “”Verliese en gevolge van sonde in die gelowige se lewe“