Kategorie se argiewe: Die Heilige Gees

Word met die Heilige Gees vervul

Seker die belangrikste besluit wat enige mens op aarde kan maak is om die evangelie van God se genade te glo. Die oomblik wanneer ‘n persoon die evangelie glo, kom die Heilige Gees en woon permanent binne die gelowige se liggaam en dien as waarborg dat daardie persoon vir eens en altyd gered is.
Ef.1:13 “in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,
1Kor.6:19 “Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie?”
Diegene wat dus verkondig dat ons vir ‘n tweede keer, (of selfs meer kere) die salwing “anointing” moet ontvang verkondig dwaalleer en weerspreek God en Sy woord! Die leser word ten sterkste aangeraai om die artikel “Doop met die Heilige Gees vs vulling met die Heilige Gees”, asook “Val in die Gees” en “Word mens een of twee keer deur die Heilige Gees gedoop” te lees.) Maar net omrede ‘n persoon die Heilige Gees tydens wedergeboorte ontvang het, beteken geensins dat daardie persoon met die Heilige Gees gevul is nie. Dit is egter God se begeerte dat elke gelowige met die Heilige Gees gevul moet wees en daarom word gelowiges aangesê om met die Gees gevul te word, naamlik:.
Ef.5:18 “Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.”

Lees meer Word met die Heilige Gees vervul

Die Heilige Gees is onontbeerlik vir die gelowige

Vir enige gelowige om ‘n vrugtevolle lewe in Christus te geniet, moet die uiters belangrike rol wat die Heilige Gees in die gelowige se Christelike wandel speel nooit uit die oog uit verloor word nie. Met hierdie artikel sal daar gepoog word om die gelowige aangaande hierdie feit te herinner. Alle gelowiges behoort hierdie punte te bestudeer en gereeld te oordink.

Lees meer Die Heilige Gees is onontbeerlik vir die gelowige

Die Heilige Gees se inperking van Sonde

Die wêreld, so boos en onregverdig as wat dit huidiglik voorkom, is geensins so erg as wat dit sou wees indien die Heilige Gees nie sonde tot ‘n mate beperk het nie. Ja, massamoordenaars en diktators soos Stalin, Hitler, Mao Zedong en vele ander was erg genoeg, maar selfs onder diesulke diktators was sake nie so erg as wat dit onder die bewind van die Antichris sal wees nie. Van die begin af, na afloop van die sondeval, is God reeds besig gewees om die volle manifestering van boosheid/sonde in te perk. Indien God nie die volle manifestering van sonde beperk het nie sou die mensdom nou alreeds hulleself uitgewis het.

Lees meer Die Heilige Gees se inperking van Sonde

Laster teen die Heilige Gees. Mat.12:32.

Daar heers groot verwarring rondom Christus se stelling dat ‘n persoon wat teen die Heilige Gees sondig nooit vergewe kan word nie, naamlik:
Mat.12:31 “Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. 32 En elkeen wat ‘n woord spreek teen die Seun van die mens, dit sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, dit sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie.”
Sommige gelowiges wonder soms of hulle dalk hulleself aan hierdie sonde skuldig gemaak het. Ander weer verkondig dat ‘n gelowige homself (na aanvanklike wedergeboorte) aan bogenoemde sonde kan skuldig maak, en verlore gaan wat dan kwansuis as bewys dien dat gelowiges uit geloof kan verval en verlore gaan. (moderne Arminianisme) En dit inteenstelling met die Skrifte wat dit duidelik stel dat ‘n persoon wat die Evangelie verstaan en geglo het nooit verlore sal kan gaan nie.
Joh.3:15 “sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Joh,5:24 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.”
Hoe verduidelik mens dan hierdie oënskynlike weerspreking in die Skrifte?

Lees meer Laster teen die Heilige Gees. Mat.12:32.

Hand. 19:1-6 en die tweede doop met die Heilige Gees

Hand.19:1-6 word gereeld, as proefteks, deur mense gebruik wat leer dat gelowiges ‘n tweede keer deur die Heilige Gees gedoop moet word om hulle leerstelling te verdedig. Met die skryf van hierdie artikel gaan ek sorgvuldig Hand.19:1-6 onder die soeklig plaas, om vas te stel of hierdie teksgedeelte wel die leerstelling van die tweede doop bevestig. Hand.19:1-6 lees soos volg:
Hnd 19:1 “En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar ‘n Heilige Gees is nie. 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. 19:4 Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. 19:5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.”
Derhalwe gaan ek Hand.19:1-6 is gedeeltes opdeel en dan bespreek:

Lees meer Hand. 19:1-6 en die tweede doop met die Heilige Gees

Voor verlossing, verlossings en post verlossing bediening van die Heilige Gees

Sover dit die bediening van die Heilige Gees aanbetref, is dit belangrik om behoorlik onderskeid tussen die Heilige Gees se handelswyse voor wedergeboorte; tydens wedergeboorte (fase een van ons verlossing) en Sy handelswyse na wedergeboorte (fase twee van ons verlossing, naamlik heiligmaking) te tref. Met hierdie studie sal daar gepoog word om hierdie verskillende werksaamhede van die Heilige Gees tydens die voor-verlossings; verlossing/wedergeboorte en post-verlossings tydperke van mekaar te onderskei en uit te lig. Lees meer Voor verlossing, verlossings en post verlossing bediening van die Heilige Gees