Kategorie se argiewe: Brood Brokkies

God is genoegsaam soos in die brief van 2 Korinthiërs weergegee

1) God se Gees is genoegsaam en voldoende om ons in staat te stel om die Here Jesus Christus getrou te dien:
2Ko 2:14 “Maar God sy dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van sy kennis deur ons oral versprei. 2:15 Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; 2:16 vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?
2Ko 3:5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend.”

2) God se almag is genoegsaam om ons toenemend na die beeld van Jesus Christus te verander:
2Ko 3:17 “Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.” Lees meer God is genoegsaam soos in die brief van 2 Korinthiërs weergegee

Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die oomblik wanneer ‘n persoon die Evangelie glo, word daardie persoon in Christus geplaas, en ontvang daardie persoon ‘n groot aantal geestelike seëninge wat vir ewig deel van sy erflating word en wat nooit weer verloor kan word nie. In hierdie artikel gaan net ‘n gedeeltelike lys van hierdie seëninge genoem word, en die leser word aangeraai om self die ander op te soek, want daar is baie meer.  Lees meer Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Wie is die Here Jesus Christus vir die Gelowige?

Soms is dit vir ons, as gelowiges, weer nodig om vir ‘n slag stil te gaan sit, en oor ons Verlosser en Sy liefde vir ons, wat Hy alles vir ons is, en wat Hy deur Sy voltooide werk aan die kruis vir ons bewerkstellig het, na te dink. In hierdie artikel gaan net ‘n gedeeltelike lys van feite uitgelig word, wat aan ons ‘n idee sal gee wat Jesus werklik vir die gelowige beteken. Die leser word versoek om biddende oor hierdie lys na te dink, en self die ander waarhede, wat nie in hierdie artikel genoem is nie, in die Bybel op te soek en dit self by hierdie lys te voeg.

Indien ons werklik tot die volle besef kom, van Wat en Wie die Here Jesus Christus vir ons is, en oor watse mate van liefde die Vader vir ons moes koester, om Sy geliefde Seun in ons plek kruis toe te stuur, sal ons nooit weer God se liefde vir ons bevraagteken nie. God se liefde vir ons is net so onbeperk soos wat Hyself is. God se liefde vir ons beskik oor geen perke nie! Dink mooi oor hierdie feit na. God het ons nie lief, nie omdat ons dit verdien nie, maar Hy het ons grensloos lief omdat Hy is Wie Hy is! God is liefde! Lees meer Wie is die Here Jesus Christus vir die Gelowige?

Ek is bekommerd! Gee God nie om nie?

Mar 4:35 “En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant. 4:36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. 4:37 En ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. 4:38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”
Opmerking: Ons lewe in ‘n tydperk waarin baie dinge skeefloop en dan raak ons bekommerd en voel asof God nie ons gebede verhoor nie. Ander van ons beleef soms ook tydperke van erge probleme en teenspoed en worstel dan met God in gebed daaroor, maar dit wil voorkom asof God nie werklik omgee nie. In sulke gevalle voel dit ook vir hulle asof God in die skuit lê en slaap! Lees meer Ek is bekommerd! Gee God nie om nie?

Die Objek van Geloof

Geloof het nooit meriete of waarde op sy eie nie. Die meriete en waarde van geloof lê in die voorwerp/objek op wat vertrou word. Ons almal beoefen geloof daagliks op verskeie voorwerpe uit. Ons glo en vertrou dat ons geld iets vir ons kan koop. Ons glo die koerant berigte wat ons lees, en glo wat ons op televisie hoor en sien. Ons vertrou op ons vriende en eggenote. Ons glo en vertrou selfs in onsself. Dus gaan ons geloof net so betroubaar wees, soos wat die voorwerp/objek is waarop ons vertrou. Dus kan ons met sekerheid sê dat geloof op sy eie, maak nie saak hoe groot dit ook al mag wees nie, geen inherente krag beskik nie. Die krag lê alleenlik in die voorwerp/objek waarop ons vertrou. Lees meer Die Objek van Geloof

Moenie Moedeloos word nie!

Ons almal kom die een of nader tyd in ons lewens tot ‘n punt waar ons voel ons kan nie meer nie. Dit gebeur veral indien iemand werklik vir die Here wil leef en Hom dien. Ek glo vas dat almal wat werklik vir die Here wil dien, en nie vir hulleself nie, soms moedeloos sal wil voel, omrede dinge nie uitwerk soos wat ons beplan het nie, want die Satan en sy werkers sal ons op alle vlakke wil teëstaan. Dit is juis hier waar ons moet ophou in eie krag voort te beur, en onsself volkome aan God oorgee en na Hom alleen kyk vir die suksesvolle uitkoms van die situasie. Anthony Norris Groves wou vir die Here werk en hy het ook, maar na jare se arbeid en vele terugslae het hy gesterf en het altyd gevoel sy lewe was ‘n mislukking. Maar die Here het nie sy lewe as mislukking gesien nie en sy werk het na sy dood in Mei 1853 baie vrugte afgewerp. Tot so ‘n mate dat hy tot vandag toe as die vader van Geloof Sendings beskou word. Watter geweldige eer is dit nie. Hy het egter nooit die vrugte van sy arbeid hier op aarde waargeneem nie, maar dink net watter loon hy by die Here gaan ontvang! Lees meer Moenie Moedeloos word nie!

Soekers van Ydele Eer

Gal 5:24 “Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. 5:26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.”
‘n Ware Christen is nie veronderstel om oor homself te spog nie, maar moet oor die Here roem. (1Ko 1:26 – 31)

Wettiese mense vergelyk hulleself graag met ander mense, en spog dan met hulle goeie werke, asof hulle goeie werke, hulle by God nog meer aanvaarbaar maak. Sulke mense vergeet dat al ons werke soos vuil klere voor God is.
Jes 64:6 “En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.”
Ons is net aanvaarbaar vir God, omrede Jesus ons sondes op Homself geneem het en daarvoor aan die kruis betaal het.  Al wat ons moet doen is glo. En dus is daar niks om oor te roem nie.
Rom 5:8 “maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. 5:9 Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn.” Lees meer Soekers van Ydele Eer

Is jy seker God bestaan nie?

Net die dwaas sê in sy hart, daar is nie ‘n God nie. Daar is deesdae baie mense, en veral ook in Suid Afrika, wat hierdie stelling maak. Ek glo elke mens is geregtig op sy eie mening, maar om so ‘n stelling te maak is in my beskeie opinie ‘n bietjie arrogant. Verder is dit my eie keuse of ek so ‘n persoon gaan glo of nie. (Dit is immers ‘n kwessie van lewe of dood) Ek sou hom graag wou glo, maar dit sou dwaas van my wees om sy stelling, sonder enige nadenke van my kant af, goedsmoeds te aanvaar. Die gevolge kan rampspoedig wees. Om my standpunt te staaf moet ons teruggaan na die begin. Lees meer Is jy seker God bestaan nie?

Man en Vrou

Efesiërs 5:22 “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. 5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
5:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.”                               

Opmerking: Anders as wat sekere groepe in ons tyd beweer, verwag die Here dat die vrou haar eie man onderdanig moet wees. Daar is nie ‘n manier om hierdie opdrag van God te omseil nie. Daar is egter geen mate van minderwaardigheid hier ter sprake nie. Net soos wat Jesus vrywillig aan die Vader onderdanig is, is Hy op geen manier minderwaardig aan die Vader nie. Jesus is absoluut gelyk aan die Vader in alle opsigte. God is ‘n God van orde en waar daar geen orde is nie, is daar anargie. En dit geld vir ons land en families. In Genesis sien ons dat God opgemerk het dat dit nie goed vir die mens is om alleen te wees nie en dat Hy besluit het om vir hom ‘n hulp te maak. (Genesis 2:18) Die woord vir “hulp” word op presies dieselfde manier hier gebruik as vir die Here ons “hulp” in ander plekke in die Skrif. Daar is dus ‘n onmiskenbare edele konnotasie aan die woord “hulp” verbonde. Onthou dit!
Psalm 70:5 “Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!
Ek vir een sal maar ellendig gevoel het sonder my vrou. As die mans onder ons eerlik is, sal hulle saam met bogenoemde stelling stem. Lees meer Man en Vrou