Sleutelwoord se argiewe: God

God se klassifikasie van die mensdom. Deel 2

In die vorige artikel, in hierdie reeks van twee artikels, wat oor die klassifikasie van die mensdom handel, het ons gesien dat die “natuurlike” mens, of te wel die ongeredde persoon, hoogs intelligent mag wees, maar omrede hy nie die Heilige Gees in hom het nie, kan hy nie werklik die “diep dinge” van God soos wat dit in die Bybel opgeteken staan verstaan nie. Vanuit die Skrifte is dit opmerklik dat God die mensdom in hoofsaaklik twee groepe indeel, naamlik gelowiges en ongelowiges. Dit is egter ook duidelik dat die Here gelowiges in twee verdere onderafdelings, naamlik die Geesgevulde gelowige, asook die “vleeslike” gelowige klassifiseer. Die vleeslike gelowige gaan eerstens bespreek word en dan sal ons die Geesgevulde gelowige bestudeer. Omrede hierdie twee groepe gelowiges alreeds die Evangelie geglo het het hulle alreeds die gawe van die ewige lewe by God ontvang en sal dit nooit kan verbeur nie. (Die leser word aangeraai om die artikel “Ewige sekuriteit van die gelowige” te lees.)

Lees meer God se klassifikasie van die mensdom. Deel 2

God se klassifikasie van die mensdom. Deel 1

Vanuit die Skrifte blyk dit duidelik dat God die mensdom in hoofsaaklik twee groepe indeel, naamlik gelowiges en ongelowiges. Alle ongelowiges word as God se vyande geklassifiseer, en bevind hulleself nog onder God se oordeel vir hulle sondes en staan dus verdoem. Die ongelowige kan niks doen om God deur sy goeie werke te behaag nie. Al die ongelowige se beste werke is soos vuil lappe in God se heilige aangesig. (Jes.64:6) en om hierdie rede ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, naamlik:
Rom.3:23 “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,”
Die Skrifte beskryf die ongelowige as die “natuurlike man” omrede die persoon nog nie die Evangelie geglo het nie. Om hierdie rede het hy nog nie die Heilige Gees d.m.v. wedergeboorte ontvang nie en daarom het sy posisionele stand voor God nog nie verander nie. Die ongelowige is dus nog volkome onveranderd, en in sy sondige toestand, en die Skrifte verwys na so ‘n persoon as die oue mens. (Kol.3:9-10) Hy kan dus slegs vanuit sy gevalle natuur optree, en dit sluit al sy goeie dade in. Dit maak nie saak hoeveel goeie werke ‘n ongelowige persoon ook al mag verrig nie, daardie werke kan God nie behaag nie, omrede hy nog in sy ongelowige toestand is. Die enigste ding wat so ‘n persoon kan doen, om sy lot te verander, is om die Evangelie te glo. Niks anders nie.

Lees meer God se klassifikasie van die mensdom. Deel 1

Wil God almal verlos – deel 2

Hierdie artikel is geskryf om die tweede gedeelte van die onderstaande vraag aangaande die aantygings van semi-pelagianisme aan te spreek. Die leser word aangeraai om deel een van hierdie artikel genaamd “Wil God almal verlos?” te lees” Ek gaan net die vraag wat aan my gestel is weer hier aanhaal en dan spesifiek op die onderwerp van semi-pelagianisme fokus.

Vraag: Baie dankie vir al die inligting op jou blad. Indien dit reg is met jou sou ek graag wou kers-opsteek oor n saak.

Ons biduur groep het gisteraand oor n saak getwyfel. Dit handel daaroor of alle mense gered kan word of nie. Kan ek uit vrye wil tot God nader of moet Hy my roep. M.a.w. is dit net geroepenes wat gered kan word? Iemand het genoem dat ons besig is met kettery (heresy). Ons moet na Mat 13 kyk en sien dat die onkruid mense is wat deur Satan geplant is. Daarom is bv Gal 5 slegs geskryf vir die wat deur God geplant is. Ek wonder maar net, staan alle mense dan nie ‘n kans om gered te word nie? Is die Koninkryk van God dan slegs vir die wat deur God geroep is. (Die persoon het ook aangegaan oor semi-pelagianisme wat ons dan sou verkondig en die valse evangelie is. Ek het nog nooit eens daarvan gehoor nie.)

Lees meer Wil God almal verlos – deel 2

Wil God almal verlos?-deel 1

Vraag aangaande God en uitverkiesing: Baie dankie vir al die inligting op jou blad.Indien dit reg is met jou sou ek graag wou kers-opsteek oor n saak.

Ons biduur groep het gisteraand oor n saak getwyfel. Dit handel daaroor of alle mense gered kan word of nie. Kan ek uit vrye wil tot God nader of moet Hy my roep. M.a.w. is dit net geroepenes wat gered kan word? Iemand het genoem dat ons besig is met kettery (heresy). Ons moet na Mat 13 kyk en sien dat die onkruid mense is wat deur Satan geplant is. Daarom is bv Gal 5 slegs geskryf vir die wat deur God geplant is. Ek wonder maar net, staan alle mense dan nie ‘n kans om gered te word nie? Is die Koninkryk van God dan slegs vir die wat deur God geroep is. (Die persoon het ook aangegaan oor semi-pelagianisme wat ons dan sou verkondig en die valse evangelie is. Ek het nog nooit eens daarvan gehoor nie.)

Antwoord: Ek gaan jou vrae in gedeeltes opbreek en dit dan vanuit slegs die Bybel beantwoord. Hierdie siening kom veral onder die Calvinistiese uitverkiesingsleer of te wel Calvinisme voor. Dit is ‘n uiterste belangrike vraag wat jy gestel het en dit is ook van uiterste belang om dit slegs vanuit die Bybel te beantwoord. Wat die bewering oor semi-pelagianisme aanbetref sal ek in ‘n afsonderlike artikel beantwoord omrede hierdie artikel reeds lank genoeg gaan wees.

Lees meer Wil God almal verlos?-deel 1

Waarom heg God waarde in geloof wat beproef is?

Vraag: Ek het die artikel “Beproewing van die gelowige se geloof” gelees. Nou wonder ek net soms waarom heg God so baie waarde in geloof wat beproef is?

Antwoord: Die antwoord op die vraag vind ons ver in die duistere verlede, reg in die begin van die skepping, toe die Here die aarde, en alles wat daarin is, binne die raamwerk van ses 24uur dae geskape het. Om die vraag korrek te beantwoord is dit egter belangrik dat ons nie slegs op die skeppingsweek alleenlik fokus nie, maar moet ook die verloop van die mensdom se geskiedenis op aarde onder die vergrootglas plaas. Derhalwe is dit van uiterste belang om ‘n korrekte filosofie van die aarde se geskiedenis te handhaaf. Die korrekte grondslag vir die wêreld se geskiedenis vind ons in die Bybel. Hiervoor is ‘n Bybel-gebaseerde filosofie van die wêreld se geskiedenis van uiterste belang, anders gaan dit tot valse leerstellings soos byvoorbeeld die evolusieleer aanleiding gee. Vir diegene wat in wetenskap en die vraagstuk rondom die evolusieleer belangstel, raai ek die webtuiste “Creation Ministries International” ten sterkste aan. Baie van hulle beeldmateriaal is ook op YouTube beskikbaar.

Lees meer Waarom heg God waarde in geloof wat beproef is?

Is jy seker God bestaan nie?

Net die dwaas sê in sy hart, daar is nie ‘n God nie. Daar is deesdae baie mense, en veral ook in Suid Afrika, wat hierdie stelling maak. Ek glo elke mens is geregtig op sy eie mening, maar om so ‘n stelling te maak is in my beskeie opinie ‘n bietjie arrogant. Verder is dit my eie keuse of ek so ‘n persoon gaan glo of nie. (Dit is immers ‘n kwessie van lewe of dood) Ek sou hom graag wou glo, maar dit sou dwaas van my wees om sy stelling, sonder enige nadenke van my kant af, goedsmoeds te aanvaar. Die gevolge kan rampspoedig wees. Om my standpunt te staaf moet ons teruggaan na die begin. Lees meer Is jy seker God bestaan nie?