Kategorie se argiewe: Tipologie

Christus se verheerliking op die berg

Die Here Jesus Christus se verheerliking op die berg, soos in Matt.17:1-14 gevind, gee aan ons ‘n duidelike tipologiese voorskou van al die mense wat tydens die Duisendjarige Vrederyk van Christus in die Koninkryk teenwoordig sal wees. Onthou, die koninkryk van Christus is nog nie op aarde teenwoordig nie, maar sal eers na afloop van die Groot Verdrukking, en wederkoms, persoonlik deur die Here op aarde gevestig word. (Die leser word ten sterkste aangeraai om die artikel “Koninkryk Nou vs Koninkryk Kom” te lees.)

Baie mense beweer verkeerdelik dat Christus Sy koninkryk met Sy eerste kom op aarde gevestig het. Hulle maak dan verkeerdelik van Sy stelling soos in Matt.16:28 gevind gebruik om hulle sienswyse te bevestig, naamlik:
Matt.16:28 “Voorwaar Ek sê vir julle, daar is sommige van die wat hier staan, wat die dood sekerlik nie sal smaak voordat hulle die Seun van die mens in sy koninkryk sien kom het nie.”

Lees meer Christus se verheerliking op die berg

Jesus en die Koperslang

Soos ek al in ‘n vorige artikel gemeld het, is die studie van tipologie in die Ou Testament een van die lekkerste vorme van studie wat mens uit die Bybel kan doen. Die Ou Testament is vol tipes, wat soos pêrels weggesteek is in die blaaie van die Ou Testament. Die hele Bybel, nie net die Nuwe Testament nie, stel Jesus aan die mens voor. Daarom is dit belangrik om die hele Bybel te bestudeer en nie net die Nuwe Testament nie, anders gaan ons baie geestelike seëninge misloop. Soos wat die gesegde sê: “Die Ou Testament is die Nuwe Testament in versteekte vorm en die Nuwe Testament is die Ou Testament in geopenbaarde vorm. Kom ons gaan lees nou die gedeelte wat handel oor die koperslang. Lees meer Jesus en die Koperslang

Abraham as voorbeeld vir gelowiges vandag.

Die studie van tipologie kan baie genot aan die gelowige verskaf, en boonop is daar geen perke aan die geestelike seëninge en lesse wat daaruit verkry kan word nie. Kom ons grou een so geestelike skat uit die Ou-Testament op. Daar is baie sulke tipes orals in die Bybel weggesteek. Probeer ‘n paar vir jouself ontdek, dit verskaf ure se genot.
Spreuke 25:2 “Dit is die eer van God om ‘n saak te verberg, maar die eer van konings om ‘n saak na te speur.”
Hier gaan ons! Lees meer Abraham as voorbeeld vir gelowiges vandag.

‘n Profeet soos Moses

Seker een van die grootste messiaanse profesieë in die Bybel is deur Moses gemaak, wat voorspel het dat God ‘n profeet net soos hyself sal oprig en na wie die volk Israel moes luister.
Deu 18:15 ‘”n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—
18:16 net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek. 18:17 Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. 18:18 ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. 18:19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” Lees meer ‘n Profeet soos Moses