Sleutelwoord se argiewe: profeet

Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?

Met die ongekende toename in mense wat beweer dat hulle oor die profetiese gawe beskik en direk by God “ ‘n Woord of Skrif ontvang” is dit belangrik dat ons hierdie vraagstuk eerlik vanuit die Bybel beantwoord. Ongekende skade, aan gelowiges se geloof, word deur sogenaamde profete aangerig, wat ‘n profesie oor mense uitspreek en waarop daardie persone dan reageer, net om later uit te vind dat dit nooit God se wil vir hulle was nie, en dan het sommige van hierdie gelowiges alreeds ernstige finansiële verliese gelei, om nie eens van al die ontnugtering en die hartseer en skade aan hulle geloof te praat nie. Erger nog, gaan baie gelowiges eendag voor die Here staan, en te laat uitvind dat hulle nooit werklik in God se wil gelewe het nie, juis omrede hulle die leerstellings en profesieë van sogenaamde moderne profete aangehang en nagevolg het. Om hierdie rede is dit van uiterste belang, om vanuit die Skrifte vas te stel of die Geestelike gawe van profesie, na afloop van die Apostoliese Era, nog in werking is, toe die boek Openbaring voltooi is en die laaste ware Apostels van Christus, met hulle afsterwe, van die toneel af verdwyn het. Die leser moet asb kennis neem, dat hierdie artikel hoofsaaklik oor die geestelike gawe van profesie gaan handel. Vir meer inligting oor die gawe van in tale praat, word die leser aangeraai om die artikel “Spreek in vreemde tale” vir meer inligting te lees. Ek raai die leser ten sterkste aan om ook daardie artikel te lees, omrede daar belangrike inligting is wat met die gawe van profesie oorvleuel, wat nie noodwendig in hierdie artikel herhaal gaan word nie. Lees meer Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?

‘n Profeet soos Moses

Seker een van die grootste messiaanse profesieë in die Bybel is deur Moses gemaak, wat voorspel het dat God ‘n profeet net soos hyself sal oprig en na wie die volk Israel moes luister.
Deu 18:15 ‘”n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister—
18:16 net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek. 18:17 Toe het die HERE vir my gesê: Dit is goed wat hulle gespreek het. 18:18 ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. 18:19 En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” Lees meer ‘n Profeet soos Moses