Sleutelwoord se argiewe: Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?

Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?

Met die ongekende toename in mense wat beweer dat hulle oor die profetiese gawe beskik en direk by God “ ‘n Woord of Skrif ontvang” is dit belangrik dat ons hierdie vraagstuk eerlik vanuit die Bybel beantwoord. Ongekende skade, aan gelowiges se geloof, word deur sogenaamde profete aangerig, wat ‘n profesie oor mense uitspreek en waarop daardie persone dan reageer, net om later uit te vind dat dit nooit God se wil vir hulle was nie, en dan het sommige van hierdie gelowiges alreeds ernstige finansiële verliese gelei, om nie eens van al die ontnugtering en die hartseer en skade aan hulle geloof te praat nie. Erger nog, gaan baie gelowiges eendag voor die Here staan, en te laat uitvind dat hulle nooit werklik in God se wil gelewe het nie, juis omrede hulle die leerstellings en profesieë van sogenaamde moderne profete aangehang en nagevolg het. Om hierdie rede is dit van uiterste belang, om vanuit die Skrifte vas te stel of die Geestelike gawe van profesie, na afloop van die Apostoliese Era, nog in werking is, toe die boek Openbaring voltooi is en die laaste ware Apostels van Christus, met hulle afsterwe, van die toneel af verdwyn het. Die leser moet asb kennis neem, dat hierdie artikel hoofsaaklik oor die geestelike gawe van profesie gaan handel. Vir meer inligting oor die gawe van in tale praat, word die leser aangeraai om die artikel “Spreek in vreemde tale” vir meer inligting te lees. Ek raai die leser ten sterkste aan om ook daardie artikel te lees, omrede daar belangrike inligting is wat met die gawe van profesie oorvleuel, wat nie noodwendig in hierdie artikel herhaal gaan word nie. Lees meer Is die gawe van Profesie nog in werking vandag?