In Christus 2

Voorbeelde van die Gelowige se Seëninge en Rykdom in Christus

Die oomblik wanneer ‘n persoon die Evangelie glo, word daardie persoon in Christus geplaas, en ontvang daardie persoon ‘n groot aantal geestelike seëninge wat vir ewig deel van sy erflating word en wat nooit weer verloor kan word nie. In hierdie artikel gaan net ‘n gedeeltelike lys van hierdie seëninge genoem word, en die leser word aangeraai om self die ander op te soek, want daar is baie meer.  Efs 1:3 “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,” Dit is belangrik om kennis te dra, wat hierdie seëninge alles behels, want indien ons al ons geestelike seëninge voor oë hou, sal dit ons help om verby ons tydelike beproewinge en moeilike situasies te kyk, en tot die besef te kom, dat ons God se geliefde kinders is, met die wete dat, in Christus, daar vir ons ‘n blink toekoms voorlê. Daarom is dit belangrik om ons oë op Christus, en Sy voltooide werk aan die kruis vir ons, gefokus te hou, met die wete dat ons slegs pelgrims in hierdie wêreld is en dat ons werklike woning by God in die hemel is. Joh 14:2 “In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. 14:3 En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” Let wel: ek praat hier van mense wat die Evangelie verstaan en geglo het en dus as gelowiges bestempel kan word.

  1. Jy het deel van God se ewige plan geword. Rom 8:28 “En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is. 8:29 Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; 8:30 en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.”
  2. Jy is uit die slawemark van die sonde vrygekoop. 1Pe 1:18 “omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, 1:19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,”

  3. Jy is met God versoen. Rom 5:10 “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.”

  4. Jy is van die ewige straf a.g.v jou sonde verlos. Efs 2:8 “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;”

  5. Jy het die ewige lewe as geskenk ontvang. Joh 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

  6. Jy is nie meer veroordeel nie. Rom 8:1 “Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.”

  7. Jy is nou ‘n kind van God. Gal 3:26 “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;”

  8. Jy is nou in Christus deur God aanvaar. Efs 1:6 “tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.”

  9. Al jou sondes (verlede, hede en toekomstige sondes) is in Christus vergewe. Kol 1:14 “in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes.”

  10. Jy is nou vir die sonde dood. Rom 6:6 “aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.”

  11. Jy het nou ‘n nuwe opstandingslewe in Christus ontvang en moet nou vir God lewe. Rom 6:4 “Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel 6:11 So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.”

  12. Jy is nou vry van die wet, as weg tot jou lewenswyse, en jy is nie meer onder die wet nie. Rom 6:14 “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. 8:2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vrygemaak van die wet van die sonde en die dood.”

  13. Jy is nou, in Christus, geregverdig verklaar en is posisioneel volkome geregtig in God se oë. Rom 3:24 “en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. 3:25 Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God 3:26 om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. 3:27 Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. 3:28 Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. 3:29 Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, 3:30 aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.”

  14. In Christus is jy nou ‘n geheiligde. 1Ko 1:2 “aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:”

  15. In Christus is jy nou na aan God gebring. Efs 2:13 “Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.”

  16. Jy is uit die mag van die duisternis verlos en oorgebring na die heerskappy van Christus. Kol 1:13 “Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde,”

  17. Jy is deur God die Vader aan God die Seun (die Here Jesus Christus) gegee. Joh 10:29 “My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

  18. Jy sal nooit van die liefde van God geskei kan word nie. Rom 8:35 “Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 8:36 Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.”

  19. Jy het ‘n koning-priester geword. 1Pe 2:5 “en laat julle ook soos lewende stene opbou, tot ‘n geestelike huis, ‘n heilige priesterdom, om geestelike offers te bring wat aan God welgevallig is deur Jesus Christus.”

  20. Jy is ‘n uitgekose en beskermde persoon. 1Pe 2:9 “Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,”

  21. Jou burgerskap is in die hemel, nie op aarde nie. Fil 3:20 “Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,”

  22. Jy is ‘n nuwe skepping in Christus. 2Ko 5:17 “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

  23. Jy is weergebore. 1Pe 1:23 “want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly.”

  24. Jy is nou lig in die Here Jesus Christus. Efs 5:8 “Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.”

  25. Jy is volledig in Christus. Kol 2:10 “en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;”

  26. Jy staan nou in genade. Rom 5:2 “deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.”

  27. Jy is in Christus verheerlik. Rom 8:30 “en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.” Alhoewel fase drie van ons verlossing, naamlik die verheerliking fase, nog nie afgehandel is nie, is dit egter in God se oë iets wat alreeds afgehandel is en daarom kan ons bo enige twyfel verseker weet dat ons verheerlik sal word.

  28. Jy is ‘n mede-erfgenaam saam met Christus. Rom 8:17 “en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.”

  29. Jy is nou weergebore, deur die Heilige Gees gedoop, deur Hom bewoon en verseël. Joh 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 1Ko 12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge. Efs 1:13 in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, 1:14 wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.”

  30. Jy is nou vir die wêreld gekruisig. Gal 6:14 “Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.”

  31. Jy is sekuur in Christus. 1Pe 1:4 “sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons 1:5 wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.”

  32. Jy het nou vrede met God. Rom 5:1 “Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;”

  33. Jy beskik nou oor elke geestelike seëning in Christus. Efs 1:3 “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,”

Ter Afsluiting: As gelowiges moet ons ons oë op die Here Jesus Christus gefokus hou. Hierdie stelling geld nie net vir tye wanneer dit goed gaan nie, maar veral vir die tye waar dinge wil lyk of dit uitmekaar wil val. Ons moet tot die besef kom, dat God in beheer is en besef dat in Christus ons onnaspeurlike seëninge het. 1Pe 1:3 “Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, 1:4 sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons” Ons moet besef, dat ons net pelgrims in hierdie wêreld is, met die wete dat ons werklike woning in die hemel, in die teenwoordigheid van ons hemelse Vader, is. Dus het ons meer as net hoop. Ons het ‘n lewende hoop en behoort ons daarvolgens te lewe. Heb 12:1 “Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. 1Ko 10:31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God. Kol 3:17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom. ”

Seën Groete

Vic

Deel met ander asb.