Kategorie se argiewe: Heiligmaking

Geestelike Volwassenheid: ‘n Skriftuurlike Perspektief (Deel 2)

Soos ons in deel een van hierdie reeks gesien het, kan niemand geestelik wees sonder om eers wedergebore te word nie (1 Kor. 2:14). ‘n Mens ontvang hierdie geestelike lewe wanneer die Heilige Gees jou wederbaar op die oomblik dat jy in Jesus as Verlosser glo (Joh. 3:3-8; Joh. 1:12-13; Tit. 3:5; 1 Pet. 1:3, 23). Sonder die wedergeboorte het ‘n mens nie die Gees van God nie, behoort jy nie aan God nie (Rom. 8:9) en kan jy dus ook nie geestelik leef nie (Gal. 5:16, 25).

Geestelike volwassenheid, daarenteen, vereis geestelike groei. Net soos wat ‘n mens in die fisiese wêreld as ‘n baba gebore word, word iemand as ‘n geestelike baba gebore wanneer hy die evangelie glo en wedergebore word. Alle ware Christene begin as geestelike babas (1 Kor. 3:1-2; 1 Pet. 2:2). Dit is normaal, maar om geestelik onvolwasse te bly, is nie. God verwag van sy kinders om tot geestelike volwassenheid te groei deur die werk van die Heilige Gees, terwyl hulle getrou gesonde Bybelse leringe inneem en daarvolgens leef (Joh. 16:13; Gal. 5:16; Ef. 5:18; Kol. 3:16).

Hoewel geestelikheid en geestelike volwassenheid nou verwant is, is dit twee verskillende dinge. ’n Nuwe gelowige kan op ’n spesifieke oomblik geestelik wees as hy hom deur die Heilige Gees laat lei en volgens die Woord wandel (Gal. 5:16; Ef. 5:18). Hy is egter nog nie geestelik volwasse nie, want volwassenheid vereis tyd en groei.

Wedergeboorte is dus ‘n eenmalige gebeurtenis op ‘n spesifieke punt in tyd tydens die glo van die evangelie van genade (Efe. 2:8-9; Tit. 3:5), terwyl geestelike volwassenheid ‘n lewenslange proses van heiligmaking is (2 Pet. 3:18; Fil. 3:12-14). Ons het ook gesien dat ‘n gelowige tragies genoeg vleeslik en onvolwasse kan bly as hy nie die Woord van God onder leiding van die Gees toepas nie (1 Kor. 3:1-3; Heb. 5:12-14; Jak. 1:22-25). Dit bring ons by die praktiese vraag: Wat kenmerk ‘n geestelik volwasse gelowige?

Lees meer Geestelike Volwassenheid: ‘n Skriftuurlike Perspektief (Deel 2) →

Geestelike Volwassenheid: ‘n Skriftuurlike Perspektief (Deel 1)

Wedergeboorte, Heilimaking en die Vleeslike Gelowige

Daar bestaan ‘n tragiese en wydverspreide misvatting in die hedendaagse Christendom: die gedagte dat die verloop van tyd op ‘n kalender outomaties gelykstaan aan geestelike groei. Baie kerkgangers leef onder die wanindruk dat die aantal jare wat verloop het sedert hulle wedergeboorte, hul geestelike volwassenheid bepaal. Die Bybel skilder egter ‘n heeltemal ander, skokkende prentjie. Om ‘n Christen te word, gebeur in ‘n enkele oomblik van genade; om ‘n volwasse Christen te word, is ‘n lewenslange, veeleisende proses van geestelike ontwikkeling. Baie gelowiges sit al dekades lank in die kerkbanke, maar hulle dra steeds geestelike doeke, drink steeds geestelike melk en reageer op die lewe soos onvolwasse kinders.

Ten einde geestelike volwassenheid korrek te verstaan, moet ons dit streng vanuit ‘n grammatikaal-historiese hermeneutiek benader en die fundamentele verskil tussen redding en heiligmaking handhaaf. Redding is die vrye, onverdiende geskenk van God (Efesiërs 2:8-9; Romeine 3:24) wat op die oomblik ontvang word wanneer ‘n mens in Jesus Christus as Verlosser glo (Johannes 3:16; Handelinge 16:31; Efesiërs 1:13-14). Volwassenheid, daarteenoor, is die progressiewe ontwikkeling van Christus-gelykvormige denke (Romeine 12:2; 1 Korintiërs 2:16), Goddelike verwysingsraamwerk, karakter en gedrag deur die werk van die Heilige Gees (2 Korintiërs 3:18; Galasiërs 5:22-23) en die volhardende toepassing van God se Woord (Hebreërs 5:14; 2 Timótheüs 3:16-17; Jakobus 1:22).

Lees meer Geestelike Volwassenheid: ‘n Skriftuurlike Perspektief (Deel 1) →

Die Ware en die Valse Christen: ‘n Skriftuurlike Perspektief


Die vraag na wat presies ‘n ware Christen van ‘n valse Christen onderskei, is een van die mees deurslaggewende teologiese kwessies van ons tyd. In kontemporêre teologiese debatte is daar ‘n toenemende neiging om die grense tussen die onverdiende gawe van die ewige lewe en die vereistes vir dissipelskap te vervaag. Hierdie dwaling, wat dikwels as Heerskappy-redding (Lordship Salvation) bekend staan, poog om menslike werke, volharding en sigbare vrug te verhef tot voorwaardes vir óf die verkryging óf die behoud van redding. Dit is van uiterste belang dat ons hierdie argumente stelselmatig ontleed. Ons benadering vereis ‘n streng letterlik-grammatikaal-historiese hermeneutiek (die wetenskap van Bybelinterpretasie) wat ‘n onomwonde onderskeid tref tussen regverdigmaking as fase een van verlossing, en heiligmaking as fase twee.

Lees meer Die Ware en die Valse Christen: ‘n Skriftuurlike Perspektief →

Die Wet van Christus: n Skriftuurlike Perspektief

Voordat ons die Wet van Christus uiteensit en die hoë standaarde daarvan uitwys, is dit belangrik om eers ‘n paar feite in gedagte te hou. Ons moet die Bybelse leer van verlossing in drie afsonderlike fases verstaan om teologiese verwarring en dwaalleer te vermy. Fase een (regverdiging) is ‘n ewige, onvoorwaardelike gawe wat die sondaar slegs deur geloof in Jesus Christus ontvang. Dit berus volkome op Sy voltooide werk en kan nooit deur menslike werke, dissipelskap of heiligmaking verdien, behou of verloor word nie. Fase twee behels daarenteen ons daaglikse heiligmaking waar ons gehoorsaamheid getoets word. Fase drie wys weer heen na ons toekomstige, fisiese verheerliking tydens die wegraping. U kan gerus die artikels “Drie Fases van Verlossing” en “Heiligmaking in Drie Fases” raadpleeg vir ‘n dieper ontleding van hierdie ononderhandelbare Bybelse raamwerk.

Gehoorsaamheid in die tweede fase van verlossing lewer geensins ‘n bydrae tot die versekering van ons ewige lewe nie. Dissipelskap is egter wel die absolute voorwaarde vir ‘n vrugbare lewe, intieme gemeenskap met God en verhoorde gebede. ‘n Versuim om die streng eise van die Nuwe Testament na te streef, plaas ‘n direkte blokkade op ons gebedslewe. Dit het ook ernstige gevolge vir die genadeloon wat ons by die toekomstige Regterstoel van Christus sal ontvang, waar slegs getroue werke beloon word. Hierdie vermanings spoor ons aan tot heilige rentmeesterskap sodat ons nie eendag met leë hande as erfgename in die toekomstige Koninkryk verskyn nie. Hierdie ernstige werklikheid word deeglik in die artikel “Verliese en gevolge as gevolg van sonde in die gelowige se lewe” bespreek.

Lees meer Die Wet van Christus: n Skriftuurlike Perspektief →

Die Wet van Christus: ‘n Skriftuurlike Oorsig


Daar heers steeds groot onsekerheid oor die Wet van Christus waaronder die Kerk gedurende hierdie Dispensasie moet funksioneer. Hierdie artikel sal ‘n skriftuurlike oorsig van die Wet van Christus aan die leser bied, met die bede dat dit onduidelikhede sal uitskakel en tot ‘n dieper begrip sal lei.

Definisie: Die Wet van Christus, soos verwoord in Galásiërs 6:2, verwys na die etiese en morele standaard en lewensreël wat van Christene verwag word om na te volg. Hierdie standaard is gesentreer op liefde en onderlinge ondersteuning en die dra van mekaar se laste, eerder as op die Mosaïese Wet. Galásiërs 6:2 verwys na die etiese standaard van die wet van Christus.
Gal.6:2 “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus.”

Lees meer Die Wet van Christus: ‘n Skriftuurlike Oorsig →

Moet nooit Wedergeboorte met Dissipelskap Verwar nie

Vraag: Baie dankie vir die werk wat jy doen. Ek worstel egter met een probleem, dissipelskap . Ek sukkel om gemoedsrus in Christus te vind, omrede dit soms vir my voel asof ek nie die Here altyd volkome as dissipel navolg en alles doen wat Hy my beveel om te doen nie. Ek het die evangelie geglo maar as ek soms na al my foute kyk dan is ek nie so seker dat ek gered is nie. Het jy enige raad vir my.

Antwoord: Wat ‘n goeie en eerlike vraag. Dit is ‘n worsteling wat baie Christene deel, so jy is beslis nie alleen nie. Die feit dat jy hierdie vrae vra, wys juis hoe ernstig jy jou geloof opneem, en dit is ‘n goeie ding. Dit is egter nooit ‘n goeie ding om in God se beloftes te twyfel nie. Jou probleem lê daarin dat jy nie die nodige onderskeid tussen redding (fase een van jou verlossing, naamlik wedergeboorte) en dissipelskap (fase twee van jou verlossing, naamlik heiligmaking) tref nie. Wedergeboorte en dissipelskap is albei noodsaaklike dele van die Christelike lewe, maar hulle funksioneer verskillend en het unieke doelstellings, vereistes en resultate. Onthou altyd dat jy nooit genade met werke/verdienste kan “balanseer” sonder om genade self te ondermyn nie. In hierdie studie sal ek wedergeboorte met dissipelskap vergelyk, asook die doel, vereistes en resultaat/uitkoms van elkeen uitlig. Dit sal jou help om nie die vereistes vir wedergeboorte met dissipelskap te verwar en dit te vermeng nie. Solank as wat jy nie hierdie onderskeid handhaaf nie sal jy onsekerheid met jou verlossing ondervind. Boonop sal jy in die strik van werkheiligheid (wettisisme) trap, wat niks anders as ‘n vorm van Moderne-Fariseïsme is nie. Indien jy dit nie alreeds gedoen het nie raai jou aan om asseblief eerstens die artikel “Die Drie Fases van Verlossing” sorgvuldig deur te lees.

Lees meer Moet nooit Wedergeboorte met Dissipelskap Verwar nie →

Die Brief aan die Gemeente in Laodicéa: Open.3:14 – 22

‘n Vers-vir-vers kommentaar van die Brief aan die Gemeente in Laodicéa: Openbaring 3:14 – 22

Agtergrond Konteks:

Laodicéa, sowat sestig kilometer suidoos van Filadelfia, was ‘n groot en welvarende stad in Klein-Asië en was een van die sewe gemeentes waaraan die Here briewe gerig het. Die stad was ‘n trekpleister vir welgestelde afgetredenes en het om hierdie rede ‘n prominente banksentrum geword. Die stad se materiële rykdom is verder deur ‘n mediese sentrum wat in oogsalf gespesialiseer het, asook ‘n florerende wolbedryf, wat vir sy glansende swart kledingstukke beroemd was, aangevul. Omrede die gemeente van Laodicéa in die midde van hierdie welgestelde stad gewoon het, het die gelowiges daar ook ryk en welvarend geword. Ongelukkig het hierdie gelowiges toegelaat dat hul rykdom hul effektiwiteit vir Christus (dissipelskap) negatief benadeel, en hulle het hierdie stand van sake nie eers agtergekom nie. Hul uiterlike welvaart het veroorsaak dat hulle geen benul van hul innerlike geestelike armoede gehad het nie. Daarom rig die Regter van die kerke ‘n skerp vermaning aan hierdie gemeente, met die doel om hulle tot bekering te lei, tesame met ‘n uitnodiging om weereens die deur vir intieme gemeenskap met Hom oop te maak.

Lees meer Die Brief aan die Gemeente in Laodicéa: Open.3:14 – 22 →

Daar is dinge wat belangriker as die lewe self is

In die gejaagdheid van die lewe besef ons nie altyd dat daar dinge is wat belangriker as die lewe self is nie. Almal van ons het ‘n inherente begeerte om selfbehoud. In baie gevalle is hierdie drang so sterk dat mens soms vergeet dat daar dinge is wat belangriker as die lewe self is. Vir Paulus was sy roeping belangriker as die lewe self en daarom het hy die volgende stelling gemaak, naamlik:
Hand.20:22 “En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, 23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. 24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God. 25 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.”

Lees meer Daar is dinge wat belangriker as die lewe self is →

1Joh.5:16 Die sonde wat tot die dood lei

Vraag: Hi Vic. Kan jy my asb sê watter sonde verwys Johannes na wat tot die dood lei.
1Joh. 5:16 “As iemand sy broer ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid, en God sal aan hom, ja, aan hulle wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie, die lewe gee. Daar is ‘n sonde wat tot die dood lei – ek sê nie dat hy daaroor moet bid nie.”

Antwoord: Uitstekende vraag. Baie mense neem verkeerdelik aan dat die stelling “sonde wat tot die dood lei “die tweede dood of ewige verderf beteken.” Hulle vergeet egter een van die kardinale reëls vir korrekte skrifuitleg, naamlik konteks, konteks en weereens konteks. Ek sal die leser van hierdie artikel ten sterkste aanraai om eers die artikel “Sewe verskillende vorms van dood in die Bybel” sorgvuldig deur te lees.” Johannes praat hier met mense wat alreeds wedergebore is en broeders in die geloof is. Hierdie mense besit dus die gawe van die ewige lewe as ewige besitting en kan nie verlore gaan nie.
Joh 5:24 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe(as huidige besitting) en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie,sal hulle uit my hand ruk nie. 10:29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

Lees meer 1Joh.5:16 Die sonde wat tot die dood lei →

Sewe Skrif gebaseerde motiewe om goeie werke te verrig

God verwag van alle gelowiges om mekaar lief te hê en goeie werke te verrig.
Joh.15:17 “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.”
Die skrifte beveel ons ook om goed te doen en dat ons nie moet moeg word om goed te doen nie.
Gal.6:9 “En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. 10 Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.”
Goeie werke is nie opsioneel nie en word van ons verag.
Ef.2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.
Maar soos wat ons in die artikels “Die Sondenatuur, ‘n skriftuurlike perspektief”, asook “Die sonde van lieg vir die Heilige Gees” gemerk het, word goeie werke wat met verkeerde motiewe gedoen word in baie gevalle sondige dade wat deur God verwerp word. Boonop het ons gemerk dat goeie dade wat as grondslag die gelowige se sondenatuur het geen ewigheidswaarde besit en ook geen genadeloon sal verdien nie. Maar wat behoort ons te motiveer om as Christene die Here te dien en in gehoorsaamheid te wandel? Met die skryf van hierdie artikel sal ek sewe motiverings redes hier weergee wat by God aanvaarbaar is en waarvoor Hy die gelowige sal beloon.

Lees meer Sewe Skrif gebaseerde motiewe om goeie werke te verrig →