Sleutelwoord se argiewe: sonde

1Joh.5:16 Die sonde wat tot die dood lei

Vraag: Hi Vic. Kan jy my asb sê watter sonde verwys Johannes na wat tot die dood lei.
1Joh. 5:16 “As iemand sy broer ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood lei nie, moet hy bid, en God sal aan hom, ja, aan hulle wat sonde doen wat nie tot die dood lei nie, die lewe gee. Daar is ‘n sonde wat tot die dood lei – ek sê nie dat hy daaroor moet bid nie.”

Antwoord: Uitstekende vraag. Baie mense neem verkeerdelik aan dat die stelling “sonde wat tot die dood lei “die tweede dood of ewige verderf beteken.” Hulle vergeet egter een van die kardinale reëls vir korrekte skrifuitleg, naamlik konteks, konteks en weereens konteks. Ek sal die leser van hierdie artikel ten sterkste aanraai om eers die artikel “Sewe verskillende vorms van dood in die Bybel” sorgvuldig deur te lees.” Johannes praat hier met mense wat alreeds wedergebore is en broeders in die geloof is. Hierdie mense besit dus die gawe van die ewige lewe as ewige besitting en kan nie verlore gaan nie.
Joh 5:24 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie my woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe(as huidige besitting) en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe.
Joh 10:28 En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie,sal hulle uit my hand ruk nie. 10:29 My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie.”

Lees meer 1Joh.5:16 Die sonde wat tot die dood lei

1Joh.3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie

Vraag: Kan jy asb Joh.3:9 aan my verduidelik. Indien ‘n persoon wat uit God gebore is nie volgens Johannes kan sonde pleeg nie, hoe is dit dan dat ek en almal wat ek ken dan nog steeds sonde pleeg. Is die feit dat ek nog steeds sonde pleeg ‘n bewys dat ek nooit werklik wedergebore is nie? Ek glo die evangelie soos wat jy dit op jou webtuiste weergee, maar ek pleeg nog steeds sondes. Of Johannes weerspreek homself of ek is nooit werklik wedergebore nie. Kan jy my asb met raad of inligting voorsien. Weereens baie dankie!

Antwoord: Die Bybel is deur die Heilige Gees geïnspireer, en is as sulks foutloos in die oorspronklike tale. Verder kan mens slegs met die Heilige Gees se hulp die skrifte korrek uitgelê. Indien die Bybel korrek verklaar word, kan daar geen weersprekings wees nie. Beweerde weersprekings is die resultaat van verkeerde Bybel interpretasie. So moenie bekommerd wees nie, Johannes het homself nie weerspreek nie en jy is ook nie ongered nie. Jy bevind jouself nou in fase twee van jou verlossing, waar jy deur voortgesette dade van geloof God se opdragte in jou lewe moet toepas om sodoende geestelik te groei.

Lees meer 1Joh.3:9 Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie

Die Heilige Gees se inperking van Sonde

Die wêreld, so boos en onregverdig as wat dit huidiglik voorkom, is geensins so erg as wat dit sou wees indien die Heilige Gees nie sonde tot ‘n mate beperk het nie. Ja, massamoordenaars en diktators soos Stalin, Hitler, Mao Zedong en vele ander was erg genoeg, maar selfs onder diesulke diktators was sake nie so erg as wat dit onder die bewind van die Antichris sal wees nie. Van die begin af, na afloop van die sondeval, is God reeds besig gewees om die volle manifestering van boosheid/sonde in te perk. Indien God nie die volle manifestering van sonde beperk het nie sou die mensdom nou alreeds hulleself uitgewis het.

Lees meer Die Heilige Gees se inperking van Sonde

Verliese en gevolge van sonde in die gelowige se lewe

Reddende geloof is, om in die Here Jesus Christus, as die Seun van God te glo, Wie gesterf het en weer uit die dood uit opgestaan het, om die gelowige se volledige persoonlike sondeskuld voor ‘n regverdige God te betaal, en die Een wat aan almal die ewige lewe skenk wat Hom en Hom alleen daarvoor vertrou. Die gelowige glo dus, dat die Here Jesus Christus sy enigste Verlosser van sy volledige sondeskuld, asook die gevolge daarvan, naamlik die ewige verderf, is. Die rede hiervoor is dat Christus, God is, en dus oor die krag beskik om die gelowige volkome te verlos, omrede die Here Jesus Christus met eie Sy lewe vir al die gelowige se sondes aan die kruis gesterf het. Die waarde, meriete of krag van ons geloof, is in die voorwerp waarin ons ons geloof plaas, gesetel, naamlik die Here Jesus Christus, wat God in die vlees is en wat nooit kan misluk nie. Omrede die Here Jesus vir al die gelowige se sondes (verlede, hede en toekomstige sondes) aan die kruis versoening gedoen het, kan die gelowige nooit a.g.v. enige sonde verlore gaan nie. Dit is my oortuiging dat indien ‘n persoon ten tye van die aanhoor van die Evangelie, glo dat hy a.g.v. enige sonde, na wedergeboorte, verlore kan gaan, daardie persoon nie werklik geglo het dat die Here vir al sy sondes versoening gedoen het nie, en derhalwe het daardie persoon nie werklike reddende geloof uitgeoefen nie en is dus nog ongered. (lees asb die artikels “Bekering, geloof en die Ewige Lewe” asook “Ewige sekuriteit van die gelowige” op die webtuiste.)

Lees meer Verliese en gevolge van sonde in die gelowige se lewe

Sukkel met Sonde

Vraag: Ek hoop jy kan my raad gee. Ek sukkel met ‘n sonde wat ek net nie kan oorkom nie. Ek sal dit pleeg en dan geweldig skuldig voel en probeer ophou daarmee, net om weer te val en te sondig. Ek dink nie ek is gered nie en ek wil ook nie verlore gaan nie. Ek moet net noem dat ek die Evangelie glo, maar op een of ander rede bly ek struikel en dit maak my verskriklik bang vir verse soos 1Korintiers 6:10
Kan jy my help asb! Lees meer Sukkel met Sonde