Sleutelwoord se argiewe: bekommerd

Jesus se oplossing vir vrees en bekommernis

Omrede ons na aanvanklike wedergeboorte nog steeds met ons ou sonde natuur opgeskeep sit, gaan ons nog steeds, van tyd tot tyd, die geneigdheid toon om onsself oor die dag van môre te wil bekommer. Die Here Jesus Christus het egter aan ons Sy oplossing vir die probleem van bekommernis en vreesagtigheid gegee en ons vind hierdie oplossing in Mat 6:25-34. Indien mens egter die teksgedeelte in dele opbreek en sorgvuldig bestudeer, sal ons die antwoord vir die probleem van onnodige bekommernis en vrees daarin vind. Die genoemde teksgedeelte gaan in verskillende dele verdeel word, en gaan dan kortliks onder afsonderlike opskrifte of afdelings bespreek word. Dit sal die leser help om in tye van twyfel, rasioneel oor die oplossing vir die probleem te dink, met die wete dat niks vir God onmoontlik is nie en dat Hy, as ons Skepper en hemelse Vader, weet wat ons nodig het en hoe om dit aan ons te gee. Lees meer Jesus se oplossing vir vrees en bekommernis

Ek is bekommerd! Gee God nie om nie?

Mar 4:35 “En toe dit aand geword het op daardie dag, het Hy vir hulle gesê: Laat ons oorvaar na die ander kant. 4:36 En hulle het die skare verlaat en Hom, net soos Hy was, saamgeneem in die skuit; en daar was ook ander skuitjies by Hom. 4:37 En ‘n groot stormwind het opgekom, en die golwe het in die skuit geslaan, sodat dit al vol wou word. 4:38 Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?”
Opmerking: Ons lewe in ‘n tydperk waarin baie dinge skeefloop en dan raak ons bekommerd en voel asof God nie ons gebede verhoor nie. Ander van ons beleef soms ook tydperke van erge probleme en teenspoed en worstel dan met God in gebed daaroor, maar dit wil voorkom asof God nie werklik omgee nie. In sulke gevalle voel dit ook vir hulle asof God in die skuit lê en slaap! Lees meer Ek is bekommerd! Gee God nie om nie?