Sleutelwoord se argiewe: vrees

Die Gelowige se Stryd Teen Vrees en Stres: ‘n Skriftuurlike Perspektief


Die Oorspronklike Ontwerp: ’n Senuweestelsel vir Eden

Wanneer ons die Bybelse geskiedenis van die allereerste begin af ontleed, word dit duidelik dat die mens se liggaam nie ’n toevallige nuutjie van evolusie is nie, maar ’n direkte, gewilde skeppingsdaad van God. Binne die raamwerk van die grammatikaal-historiese hermeneutiek—waar ons die Bybelteks interpreteer volgens die oorspronklike taalkundige reëls en die historiese konteks waarin dit geskryf is—sien ons dat die menslike liggaam, insluitend die ingewikkelde senuweestelsel, reeds met die skepping volmaak gefunksioneer het.

In Genesis 2:7 lees ons die historiese verslag van die mens se ontstaan: “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.” God het die mens geskape as ’n geïntegreerde wese van gees, siel en liggaam. Hierdie fisiese liggaam is toegerus met die vermoë tot waarneming, persepsie, paraatheid, bewustheid van sy eie bestaan en omgewing, asook die vermoë tot vinnige fisiese reaksie. Voor die sondeval was hierdie biologiese meganismes deel van dit wat God Self as besonder goed verklaar het. Genesis 1:31 bevestig: “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.”

In die ongeskonde omgewing van die tuin van Eden (Gen. 2:8, 15) het Adam en Eva hul senuweestelsel nodig gehad om die skepping te verken, die tuin te bewerk (Gen. 2:15), heerskappy oor die aarde te beoefen (Gen. 1:28) en in ongebroke gemeenskap met hul Skepper te leef (Gen. 3:8). Die vermoë om sintuiglike prikkels te ervaar, is ontwerp vir vreugde, ontdekking en gehoorsame arbeid (Gen. 1:29-31, 2:9). In Eden was daar geen uiterste bedreiging, geweld, siekte, chroniese uitputting of dood (Gen. 1:31, vgl. Gen. 3:17-19) wat die senuweestelsel in ’n toestand van paniek of oorlading kon dompel nie. Die mens se fisiologie het in perfekte harmonie met sy omgewing en sy Maker gefunksioneer (Gen. 1:31).

Lees meer Die Gelowige se Stryd Teen Vrees en Stres: ‘n Skriftuurlike Perspektief

Die geloofsrus-oefening om vrees en bekommernis te oorwin

Enige persoon wat al werklik gelewe het sal weet dat die lewe nie altyd maklik is nie, en indien daardie persoon lank genoeg lewe sal hy die een of ander tyd erge teëspoed, terugslae, rampe en hartseer beleef. Die graad van teëspoed wissel van persoon tot persoon, maar elke persoon sal op die een of ander tyd teëspoed belewe. Ongelukkig word hierdie onderwerp nie altyd genoeg deur predikers aangeraak nie, juis omrede dit so ‘n onaangename onderwerp is. Rampe, teëspoed, terugslae en hartseer, is deel van die gevalle wêreld waarin ons lewe, en dit sal so voortgaan tot en met ons dood of die wegraping. Hoeveel van ons het nie al die stelling gehoor dat ‘n persoon net na die Here moet kom en dan sal al sy probleme iets van die verlede wees nie? ‘n Prediker of evangelis wat so ‘n stelling maak verkondig nie slegs leuens nie, maar hy maak ook in die proses van die Here Jesus Christus ‘n leuenaar. Die Here Jesus Christus het ons vooraf gewaarsku dat ons in hierdie lewe teëspoed sal ervaar, naamlik:
1Joh.16:33 “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
Ons hoef net rond te kyk om te sien hoeveel lyding en hartseer daar in die wêreld is.

God se voorsienigheidsbeheer (voorsienigheid) sluit ook as element God se voorsienige (of te wel logistieke) genade in. God se logistieke genade sluit alles wat die gelowige in hierdie wêreld nodig het om te oorleef in, soos byvoorbeeld suurstof, kos en klere ensovoorts . Sover dit die gelowige aangaan, is die grondslag van God se logistieke genade die ontvangs van die Here Jesus Christus se toegerekende geregtigheid. ‘n persoon ontvang die Here Jesus Christus se toegerekende geregtigheid die oomblik wanneer hy dood eenvoudig die evangelie glo en op geen ander wyse nie. Enige menslike werke is dus volkome uitgesluit. Indien mens die Here Jesus Christus se stelling wat Hy in Mattheus 6:24-34 gemaak het, en waarvan ek slegs Mattheus 6:31-34 hier gaan aanhaal, bestudeer dan word hierdie feit duidelik, naamlik:
Matt.6:31 “Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad.”
Al wil ons dit weet of nie, elkeen van ons sal tribulasie in hierdie lewe ervaar, en daarom verwys die Here na hierdie feit as “elke dag het genoeg van sy eie kwaad.”

Lees meer Die geloofsrus-oefening om vrees en bekommernis te oorwin

Die gesindheidsonde van Vrees en bekommernis

Bekommernis is ‘n gesindheidsonde en kan as ‘n vorm van selfkastyding bestempel word. Bekommernis is ‘n gesindheidsonde in die sin dat die oorsprong daarvan in ons verstand, naamlik die nie-stoflike faset van die mens, of te wel die hart, te vinde is. In hierdie opsig is bekommernis die oorsaak van vrees in ‘n persoon se hart wat daartoe aanleiding kan gee dat ‘n persoon oor byna enigiets in die lewe angstig kan voel. In hierdie opsig kan ongeoorloofde vrees/bekommernis as ‘n vorm van selfkastyding bestempel word. Die gesindheidsonde van bekommernis, wanneer nie volgens skriftuurlike beginsels aangespreek word nie, het verontrustende gedagtes tot gevolg wat weer tot ‘n onstuimige gemoedstoestand aanleiding sal gee. Die gevolg hiervan is dat die persoon ‘n toestand van rusteloosheid en selfs agitasie sal ervaar wat weer ongemak, ‘n voorgevoel van doem, pynlike onsekerheid en selfs geestelike versteuring kan veroorsaak. Enige persoon wie se hart deur bekommernis gevul is verwag altyd net die slegste uitkomste, ervaar ‘n gevoel van gevaar, rampspoed of selfs die dood. In kort hulle ervaar ‘n soort van hel op aarde.

Lees meer Die gesindheidsonde van Vrees en bekommernis

Werp al julle bekommernis op Hom – dieskrifte.org

1Pet. 5: 7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”
Baiekeer bevind ons, onsself in donker situasies en beleef dan erge bekommernis en self angs. Die rede hiervoor is dat ons die situasies en omstandighede in ons lewe self op ons skouers wil dra, wat dan tot bekommernis en angs aanleiding gee. Seker die grootste rede hiervoor is die feit dat ons nie die Here se opdrag om al ons bekommernis op Hom te werp, gehoorsaam nie. Nou praat ek nie net van blote lippetaal nie. Met die wete dat ons God se kinders is, is dit van uiterste belang dat ons al ons bekommernis, met die vaste geloofsoortuiging dat Hy vir ons sorg, op Hom moet werp. Wanneer die gelowige nie werklik sy bekommernis op die Here werp nie, gee dit aanleiding tot donker angsvolle tye in ons lewens en wonder ons waarom die Here ons dan nie van ons bekommernis en angs verlos nie. In situasies soos hierdie los die Here ons somtyds om in ons vrees voort te woeker, omrede Hy wil hê ons moet leer om die bekommernis/situasie/probleem op Hom te werp en volkome op Hom vir die oplossing daarvan te vertrou. Hierdie tipe lesse is gewoonlik lesse wat deur erge smarte en harts-wroeginge en baie trane geleer moet word. In situasies soos hierdie beteken nie dat God ons straf nie, maar ons straf onsself, deurdat ons nie werklik, met ‘n vaste geloofsoortuiging, op Hom vertrou met die vaste wete dat Hy vir ons sorg nie. Die smarte wat ons dan beleef is smarte wat ons oor onsself gebring het. (want ons glo Hom nie werklik wanneer Hy deur Sy woord met ons praat nie!) Hierdie smartlike situasies kan egter heeltemal vermei word, indien ons eerstens die situasie in geloof aan God oorgee, en al ons bekommernis op Hom werp. Sodra ons, ons bekommernis op Hom gewerp het, kan ons met blymoedigheid op take fokus waarop die Here wil hê ons moet fokus. Sodra die gelowige toelaat dat vrees en bekommernis hom oorweldig, sal hierdie feit die gelowige lamlê, wat hom dan aan verdere aanvalle van die duiwel sal blootstel. Hierdie situasie kan dan tot ‘n bose kringloop aanleiding gee wat daartoe kan lei dat die gelowige ‘n senuwee ineenstorting kan beleef. (Alles a.g.v. ongeloof, wat sonde is!) Die leser mag dalk vra hoe weet ek al hierdie dinge? Ek weet dit want ek het dit die afgelope paar maande beleef en slegs God in Sy genade het my tot insig gebring.

Lees meer Werp al julle bekommernis op Hom – dieskrifte.org

Jesus se oplossing vir vrees en bekommernis

Omrede ons na aanvanklike wedergeboorte nog steeds met ons ou sonde natuur opgeskeep sit, gaan ons nog steeds, van tyd tot tyd, die geneigdheid toon om onsself oor die dag van môre te wil bekommer. Die Here Jesus Christus het egter aan ons Sy oplossing vir die probleem van bekommernis en vreesagtigheid gegee en ons vind hierdie oplossing in Mat 6:25-34. Indien mens egter die teksgedeelte in dele opbreek en sorgvuldig bestudeer, sal ons die antwoord vir die probleem van onnodige bekommernis en vrees daarin vind. Die genoemde teksgedeelte gaan in verskillende dele verdeel word, en gaan dan kortliks onder afsonderlike opskrifte of afdelings bespreek word. Dit sal die leser help om in tye van twyfel, rasioneel oor die oplossing vir die probleem te dink, met die wete dat niks vir God onmoontlik is nie en dat Hy, as ons Skepper en hemelse Vader, weet wat ons nodig het en hoe om dit aan ons te gee. Lees meer Jesus se oplossing vir vrees en bekommernis