Sleutelwoord se argiewe: angs

Die Gelowige se Stryd Teen Vrees en Stres: ‘n Skriftuurlike Perspektief


Die Oorspronklike Ontwerp: ’n Senuweestelsel vir Eden

Wanneer ons die Bybelse geskiedenis van die allereerste begin af ontleed, word dit duidelik dat die mens se liggaam nie ’n toevallige nuutjie van evolusie is nie, maar ’n direkte, gewilde skeppingsdaad van God. Binne die raamwerk van die grammatikaal-historiese hermeneutiek—waar ons die Bybelteks interpreteer volgens die oorspronklike taalkundige reëls en die historiese konteks waarin dit geskryf is—sien ons dat die menslike liggaam, insluitend die ingewikkelde senuweestelsel, reeds met die skepping volmaak gefunksioneer het.

In Genesis 2:7 lees ons die historiese verslag van die mens se ontstaan: “En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens ‘n lewende siel geword.” God het die mens geskape as ’n geïntegreerde wese van gees, siel en liggaam. Hierdie fisiese liggaam is toegerus met die vermoë tot waarneming, persepsie, paraatheid, bewustheid van sy eie bestaan en omgewing, asook die vermoë tot vinnige fisiese reaksie. Voor die sondeval was hierdie biologiese meganismes deel van dit wat God Self as besonder goed verklaar het. Genesis 1:31 bevestig: “Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en — dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.”

In die ongeskonde omgewing van die tuin van Eden (Gen. 2:8, 15) het Adam en Eva hul senuweestelsel nodig gehad om die skepping te verken, die tuin te bewerk (Gen. 2:15), heerskappy oor die aarde te beoefen (Gen. 1:28) en in ongebroke gemeenskap met hul Skepper te leef (Gen. 3:8). Die vermoë om sintuiglike prikkels te ervaar, is ontwerp vir vreugde, ontdekking en gehoorsame arbeid (Gen. 1:29-31, 2:9). In Eden was daar geen uiterste bedreiging, geweld, siekte, chroniese uitputting of dood (Gen. 1:31, vgl. Gen. 3:17-19) wat die senuweestelsel in ’n toestand van paniek of oorlading kon dompel nie. Die mens se fisiologie het in perfekte harmonie met sy omgewing en sy Maker gefunksioneer (Gen. 1:31).

Lees meer Die Gelowige se Stryd Teen Vrees en Stres: ‘n Skriftuurlike Perspektief

Raad om angstigheid te oorwin


Onbeheerste angs is ‘n euwel wat baie mense van hulle lewenskwaliteit beroof. Daar is toenemend mense wat my a.g.v. hulle angstigheid kontak en om raad vra. Dit is my bede dat met die skryf van hierdie artikel ek diegene wat met angstigheid sukkel hoop kan gee. Ons almal beleef tye waartydens ons die een of ander vorm van angstigheid beleef. Ongelukkig is dit ook so dat daar mense is wat daagliks met angs sukkel, en wie se lewens daardeur vergal word en soms tot so ‘n mate dat die angstigheid hulle van hulle lewenskwaliteit ontneem.

Lees meer Raad om angstigheid te oorwin

Werp al julle bekommernis op Hom – dieskrifte.org

1Pet. 5: 7 Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”
Baiekeer bevind ons, onsself in donker situasies en beleef dan erge bekommernis en self angs. Die rede hiervoor is dat ons die situasies en omstandighede in ons lewe self op ons skouers wil dra, wat dan tot bekommernis en angs aanleiding gee. Seker die grootste rede hiervoor is die feit dat ons nie die Here se opdrag om al ons bekommernis op Hom te werp, gehoorsaam nie. Nou praat ek nie net van blote lippetaal nie. Met die wete dat ons God se kinders is, is dit van uiterste belang dat ons al ons bekommernis, met die vaste geloofsoortuiging dat Hy vir ons sorg, op Hom moet werp. Wanneer die gelowige nie werklik sy bekommernis op die Here werp nie, gee dit aanleiding tot donker angsvolle tye in ons lewens en wonder ons waarom die Here ons dan nie van ons bekommernis en angs verlos nie. In situasies soos hierdie los die Here ons somtyds om in ons vrees voort te woeker, omrede Hy wil hê ons moet leer om die bekommernis/situasie/probleem op Hom te werp en volkome op Hom vir die oplossing daarvan te vertrou. Hierdie tipe lesse is gewoonlik lesse wat deur erge smarte en harts-wroeginge en baie trane geleer moet word. In situasies soos hierdie beteken nie dat God ons straf nie, maar ons straf onsself, deurdat ons nie werklik, met ‘n vaste geloofsoortuiging, op Hom vertrou met die vaste wete dat Hy vir ons sorg nie. Die smarte wat ons dan beleef is smarte wat ons oor onsself gebring het. (want ons glo Hom nie werklik wanneer Hy deur Sy woord met ons praat nie!) Hierdie smartlike situasies kan egter heeltemal vermei word, indien ons eerstens die situasie in geloof aan God oorgee, en al ons bekommernis op Hom werp. Sodra ons, ons bekommernis op Hom gewerp het, kan ons met blymoedigheid op take fokus waarop die Here wil hê ons moet fokus. Sodra die gelowige toelaat dat vrees en bekommernis hom oorweldig, sal hierdie feit die gelowige lamlê, wat hom dan aan verdere aanvalle van die duiwel sal blootstel. Hierdie situasie kan dan tot ‘n bose kringloop aanleiding gee wat daartoe kan lei dat die gelowige ‘n senuwee ineenstorting kan beleef. (Alles a.g.v. ongeloof, wat sonde is!) Die leser mag dalk vra hoe weet ek al hierdie dinge? Ek weet dit want ek het dit die afgelope paar maande beleef en slegs God in Sy genade het my tot insig gebring.

Lees meer Werp al julle bekommernis op Hom – dieskrifte.org