Kategorie se argiewe: Brood Brokkies

Moenie Bekommer nie!

Lukas 12:22 “En Hy het aan sy dissipels gesê: Daarom sê Ek vir julle: Moenie julle kwel oor jul lewe, wat julle sal eet, of oor jul liggaam, wat julle sal aantrek nie. 12:23 Die lewe is meer as die voedsel en die liggaam as die klere. 12:24 Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!
12:25 En wie onder julle kan, deur hom te kwel, een el by sy lengte voeg? 12:26 As julle dan selfs nie die geringste kan doen nie, waarom kwel julle jul oor die ander dinge?
Opmerking: Hoe maklik raak ons nie beangstig as dinge begin skeef loop nie. Hoe hartseer moet dit nie ons Here maak, wanneer ons deur ons optrede demonstreer dat ons nie volkome op Hom vertrou nie.  Hoekom bekommer ons, onsself so maklik? Lees meer Moenie Bekommer nie!

Is iets te wonderbaar vir die Here

Mat 22:29 “Toe antwoord Jesus en sê vir hulle: Julle dwaal, omdat julle die Skrifte nie ken nie en ook nie die krag van God nie.”
Indien die Here Jesus nou hier was, sou Hy nie dieselfde stelling aan ons, in hierdie generasie, kon maak nie? Hoeveel van ons ken werklik die Skrifte tot so ‘n mate dat ons dit akkuraat kan aanwend as die Lig vir ons pad? Kyk maar net om jou rond en jy sal opmerk, dat dit ‘n geval van vreet of word gevreet is. Ek praat nie hier van ongelowiges nie, maar van gelowiges. Deesdae sien mens nie meer ‘n verskil tussen die Kerk en die wêreld nie. Hoe dikwels hoor mens nie van gevalle waar die een gelowige ‘n ander besteel, of op die een of ander manier ‘n ander mede gelowige benadeel het, nie? Ek het al baie nagedink daaroor en tot ‘n slotsom gekom dat sekere mense steel en oneerlik is, omdat hulle ongelowig is, en dus onseker raak en nie werklik glo dat God mense meer help nie. Ek beweer nie hier dat dit in alle gevalle so is nie, want baie mense steel net uit blote gierigheid uit. Lees meer Is iets te wonderbaar vir die Here

Versekering in Teëspoed

As kinders van die Here spring ons nie teëspoed en lyding in hierdie wêreld vry nie. (Lees ook asb die artikel “Die gelowige en lyding“) Net wanneer die Here ons kom haal, of indien ons tot sterwe kom voor dat Hy gekom het, sal ons nog steeds van tyd tot tyd teleurstellings en teëspoed in hierdie wêreld beleef. Maar ons moet net besef dat teëspoed, pyn en teleurstellings alle mense in hierdie wêreld tref , nie net die gelowige nie. Ons het egter ‘n troos wat die ongelowige nie het nie, en dit is die feit dat God alles raaksien en weet van al ons teëspoed. Ons bly nog steeds Sy kinders en God bly nog steeds lief vir ons.
Romeine 8:35 “Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Daar is absoluut niks wat ons van Sy liefde kan skei nie. Ons kan maar gerus die Ou-Testamentiese helde se geskiedenis gaan bestudeer. Daar sien ons, dat hulle met tye maar swaar gekry het , maar dat die Here altyd saam met hulle was en hulle op die ou einde geseëvier het. Hulle het ook as beter mense uit die stryd getree en teëspoed het soms as ‘n baie goeie leermeester gedien. In tye van teëspoed moet ons leer dat ons die saak in die Here se hande moet oorgee. Dit is Sy werk om ons deur die dal van doodskaduwee te neem. Hy is immers die Herder. Ons is maar net die skape. Lees meer Versekering in Teëspoed

Waar lê jou Skat?

Lukas 12:34 “Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
Om die vraag eerlik te beantwoord hoef mens net te kyk op wat ‘n persoon sy geld, tyd en moeite spandeer. Hoeveel geld spandeer ons op ons eie genot? Hoeveel tyd spandeer ons op wêreldse dinge? Waaraan spandeer ons die meeste tyd? Laastens met wie spandeer ons dit? Of kom ons stel die vrae op ‘n ander manier om vas te stel waar ons harte werklik lê.

Spandeer ons die meeste van ons geld op die Here en om Sy opdrag om met die verkondiging van die Evangelie besig te wees? Spandeer ons, ten minste, meeste van ons vrye tyd om vir die Here te werk of meer van Hom te leer? Doen ons werklik enige moeite vir die Here en Sy werk? Hoeveel van ons tyd spandeer ons in God se Woord of in gebed met Hom? Hoeveel tyd spandeer ons met wedergebore Christene? Bogenoemde vrae, as ons dit eerlik beantwoord, sal vir ons ‘n indikasie gee van waar ons harte werklik lê. Is ons skat nie dalk hierdie wêreld en die dinge in hierdie wêreld nie? Lees meer Waar lê jou Skat?