Sleutelwoord se argiewe: Skat

Gelykenis van die Skat

Mat 13:”44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.”
Opmerking: In hierdie gelykenis, saam met die gelykenis van die Pêrel en die die gelykenis van die visnet word uit die oogpunt van die Hemel gestel. Hierdie gelykenis stel dit duidelik dat daar ‘n klein minderheid gelowige Jode in die tydperke net voor (Terwyl Jesus fisies hier op aarde was) en die tydperk net na die kerk dispensasie sal wees (Die Verdrukking) . Die man soos wat ons alreeds in die gelykenis van die onkruid gesien het is Jesus Christus. Die skat is Israel omrede die Here in Psalm 135:4 stel dat Hy Israel (die Joodse volk) as sy eiendom uitgekies het.
Psalm 135:4 “Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
En verder:
Exodus 19:5 “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Let wel die volk Israel wat in die land Israel woonagtig is en nie die Kerk nie. (Om enigsins die die volk Israel met die Kerk te vervang is vervangingsteologie en is nie ‘n Bybelse leerstelling nie!) Die Kerk is glad nie hier ter sprake nie. Die gelykenis oor die pêrel handel hoofsaaklik oor die kerk. Soos alreeds genoem is Israel en die Kerk nie dieselfde entiteite nie en hulle albei dien verskillende funksies in God se plan vir die wêreld. (Lees asb die artikel “Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang?”) Lees meer Gelykenis van die Skat

Waar lê jou Skat?

Lukas 12:34 “Want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”
Om die vraag eerlik te beantwoord hoef mens net te kyk op wat ‘n persoon sy geld, tyd en moeite spandeer. Hoeveel geld spandeer ons op ons eie genot? Hoeveel tyd spandeer ons op wêreldse dinge? Waaraan spandeer ons die meeste tyd? Laastens met wie spandeer ons dit? Of kom ons stel die vrae op ‘n ander manier om vas te stel waar ons harte werklik lê.

Spandeer ons die meeste van ons geld op die Here en om Sy opdrag om met die verkondiging van die Evangelie besig te wees? Spandeer ons, ten minste, meeste van ons vrye tyd om vir die Here te werk of meer van Hom te leer? Doen ons werklik enige moeite vir die Here en Sy werk? Hoeveel van ons tyd spandeer ons in God se Woord of in gebed met Hom? Hoeveel tyd spandeer ons met wedergebore Christene? Bogenoemde vrae, as ons dit eerlik beantwoord, sal vir ons ‘n indikasie gee van waar ons harte werklik lê. Is ons skat nie dalk hierdie wêreld en die dinge in hierdie wêreld nie? Lees meer Waar lê jou Skat?