Sleutelwoord se argiewe: Tye van teëspoed

Versekering in Teëspoed

As kinders van die Here spring ons nie teëspoed en lyding in hierdie wêreld vry nie. (Lees ook asb die artikel “Die gelowige en lyding“) Net wanneer die Here ons kom haal, of indien ons tot sterwe kom voor dat Hy gekom het, sal ons nog steeds van tyd tot tyd teleurstellings en teëspoed in hierdie wêreld beleef. Maar ons moet net besef dat teëspoed, pyn en teleurstellings alle mense in hierdie wêreld tref , nie net die gelowige nie. Ons het egter ‘n troos wat die ongelowige nie het nie, en dit is die feit dat God alles raaksien en weet van al ons teëspoed. Ons bly nog steeds Sy kinders en God bly nog steeds lief vir ons.
Romeine 8:35 “Wie sal ons skei van die liefde van Christus verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Daar is absoluut niks wat ons van Sy liefde kan skei nie. Ons kan maar gerus die Ou-Testamentiese helde se geskiedenis gaan bestudeer. Daar sien ons, dat hulle met tye maar swaar gekry het , maar dat die Here altyd saam met hulle was en hulle op die ou einde geseëvier het. Hulle het ook as beter mense uit die stryd getree en teëspoed het soms as ‘n baie goeie leermeester gedien. In tye van teëspoed moet ons leer dat ons die saak in die Here se hande moet oorgee. Dit is Sy werk om ons deur die dal van doodskaduwee te neem. Hy is immers die Herder. Ons is maar net die skape. Lees meer Versekering in Teëspoed