Sleutelwoord se argiewe: man

Man en Vrou

Efesiërs 5:22 “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. 5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
5:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.”                               

Opmerking: Anders as wat sekere groepe in ons tyd beweer, verwag die Here dat die vrou haar eie man onderdanig moet wees. Daar is nie ‘n manier om hierdie opdrag van God te omseil nie. Daar is egter geen mate van minderwaardigheid hier ter sprake nie. Net soos wat Jesus vrywillig aan die Vader onderdanig is, is Hy op geen manier minderwaardig aan die Vader nie. Jesus is absoluut gelyk aan die Vader in alle opsigte. God is ‘n God van orde en waar daar geen orde is nie, is daar anargie. En dit geld vir ons land en families. In Genesis sien ons dat God opgemerk het dat dit nie goed vir die mens is om alleen te wees nie en dat Hy besluit het om vir hom ‘n hulp te maak. (Genesis 2:18) Die woord vir “hulp” word op presies dieselfde manier hier gebruik as vir die Here ons “hulp” in ander plekke in die Skrif. Daar is dus ‘n onmiskenbare edele konnotasie aan die woord “hulp” verbonde. Onthou dit!
Psalm 70:5 “Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!
Ek vir een sal maar ellendig gevoel het sonder my vrou. As die mans onder ons eerlik is, sal hulle saam met bogenoemde stelling stem. Lees meer Man en Vrou