Sleutelwoord se argiewe: wedergebore

Die Here Jesus Christus se geskenk aan jou!

Geloof in die Here Jesus Christus wat in ons plek aan die kruis vir al ons sondes gesterf, en wat op die derde dag liggaamlik uit die dood uit opgestaan het, is die enigste vereiste om die ewige lewe te ontvang.

Joh. 3:16 “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. 3:18 Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Joh. 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe.
Hnd 16:30 En hy het hulle na buite gebring en gesê: Menere, wat moet ek doen om gered te word? 16:31 Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word, jy en jou huisgesin.”

Lees meer Die Here Jesus Christus se geskenk aan jou!

Joh.3:5 en die waterdoop ‘n Skriftuurlike perspektief

Wat het die Here Jesus Christus met die term “water” in Joh.3:5 bedoel?
Joh.3:5 “Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.”
Bostaande vraag is van uiterste belang, omrede die korrekte uitleg van bostaande teksgedeelte gaan bepaal of die waterdoop deel van die Evangelie uitmaak of nie. Daar is groot meningsverskille rondom hierdie vraagstuk, en baie mense glo dat die Here Jesus Christus die waterdoop bedoel het toe Hy bostaande stelling gemaak het. Aan die anderkant, is daar diegene wat beweer dat die Here Jesus Christus nie die waterdoop kon bedoel het nie, omrede die waterdoop ‘n menslike werk is, wat dan sou beteken dat geloof alleenlik nie meer as enigste vereiste vir die ontvangs van die ewige lewe aan ‘n persoon voorgehou kan word nie. In kort: “Die inhoud van die Evangelie, naamlik wat ons moet glo om die ewige lewe te ontvang, is op die spel!” Boonop is die korrekte uitleg van bostaande teksgedeelte van uiterste belang, omrede dit die verskil tussen ‘n werke evangelie, en die ware Evangelie gaan bepaal, en waardeur die mensdom die ewige lewe deelagtig gaan word of verlore sal gaan. Derhalwe is dit van uiterste belang dat Joh.3:5 korrek geïnterpreteer word, omrede mense se siele is op die spel is! Daar is dus geen middeweg nie!

Lees meer Joh.3:5 en die waterdoop ‘n Skriftuurlike perspektief

Bekeer, of bekering, is nie reformasie in eie krag nie

Dit is van uiterste belang om te besef wat bekering (of om te bekeer) werklik volgens die Bybel beteken. Die twee primêre woorde, wat in verband met verlossing, in die Nuwe Testament, vir bekering gebruik word, is die Griekse woorde “metanoia” en “metanoeδ” (“meta” beteken “na” en “noeδ” beteken “gedagte”) wat basies beteken, om van gedagte of opinie te verander, of om te heroorweeg. Dus moet die konteks waarin die woord “bekeer” gebruik word, toegelaat word om te betrokke betekenis van die woord te bepaal. As ek byvoorbeeld sê dat jy moet “bekeer”, dan moet jy vra: “Bekeer van wat?” Omrede daar baie dinge in die lewe is waarvan jy kan bekeer wat absoluut niks met wedergeboorte te doen het nie. Ek kan bv van jou verwag om te bekeer (van sienswyse verander of heroorweeg) om vir enige span behalwe die Blou Bulle te skreeu. Dus moet die konteks waarin die term “bekeer” gebruik word, die betekenis in verband met die woord “bekeer” bepaal. Waar die woord “bekeer” in terme van verlossing/wedergeboorte in die Bybel gebruik word, handel die konteks altyd om vanuit ‘n posisie van ongeloof na ‘n posisie van geloof, in Christus, te beweeg/bekeer. Dit word nooit van die gelowige verwag, om homself van alle sondes te reinig, of om op te hou sonde doen, alvorens hy die ewige lewe as geskenk kan ontvang nie. Slegs geloof in die Here Jesus Christus (Wat Sy Persoon en voltooide werk aan die kruis insluit, naamlik die Evangelie) word as vereiste vir die ontvangs van die ewige lewe aan ‘n persoon voorgehou. Niks anders nie! Vir die doeleindes van hierdie artikel is dit belangrik dat die leser die drie fases van ons verlossing ken, en verstaan en derhalwe word die leser ten sterkste aangeraai om die artikel “Drie fases van verlossing” te lees asook die meegaande illustrasie sorgvuldig te bestudeer.)
Lees meer Bekeer, of bekering, is nie reformasie in eie krag nie

Ek voel te sondig om gered te word

Vraag: Ek voel te sondig om gered te word. Help asb!!

Antwoord: Eerstens is dit baie belangrik om te besef dat jou gevoelens jou nie red nie. Jy word gered deur om eenvoudig in Jesus Christus (die voorwerp van jou geloof), en Sy versoenings werk aan die kruis,(die Evangelie) te glo en nie op jou gevoelens, werke, doop , kerkbywoning of enige iets anders nie!! Dit is van uiterste belang, om te glo wat die Here in Sy woord aan jou sê, en nie wat enige persoon (my inkluis) of kerk denominasie aan jou mag voorhou nie. Moet ook nie op jou gevoel staatmaak nie, want ons emosies is nie baie betroubaar nie en kan selfs totaal en al misleidend wees. Vergelyk altyd alles wat ek of enige persoon aan jou verkondig, met wat God in Sy woord (die Bybel) aan jou sê, en interpreteer altyd onduidelike teksgedeeltes met die wat duidelik gestel is, nie anders om nie. Onthou altyd, dat as jy wil hoor wat die Here aan jou wil sê, dan moet jy jou Bybel lees en nie op buite Bybelse profesieë, gevoelens, omstandighede en tradisies staatmaak nie. Kom ons gaan kyk wat God oor jou situasie te sê het. (Lees ook asb die artikel “Die onderskeid tussen ‘n gelowige en n dissipel“) Lees meer Ek voel te sondig om gered te word