Sleutelwoord se argiewe: Ewige Lewe

Kan die gelowige se naam uit die Boek van die Lewe verwyde word?

Baie mense wat die leerstelling verkondig wat verklaar dat ʼn gelowige die gawe van die ewige lewe kan verbeur, gebruik soms Openbaring 3:5 as bewys dat ʼn gelowige se naam uit die boek van die lewe verwyder kan word. Die teksgedeelte lees soos volg, naamlik:
Openb.3:5 “Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele. 6 Wie ʼn oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê.”
Die vraag is of bogenoemde teksgedeelte verklaar dat ʼn gelowige se naam uit die boek van die lewe verwyder kan word, en wat sou beteken dat iemand wat alreeds die evangelie geglo het, die gawe van die ewige lewe kan verbeur?

Lees meer Kan die gelowige se naam uit die Boek van die Lewe verwyde word?

Bekering vir wedergeboorte is nie droefheid oor sondes nie

Daar is ongelukkig ‘n leerstelling wat verkeerdelik beweer dat indien ‘n persoon nie genoegsaam trane en droefheid oor sy sonde getoon het, daardie persoon nie werklik tot bekering t.o.v. wedergeboorte gekom het nie. Daar word dan van 2Kor. 7:10 as bewys aangehaal om hierdie leerstelling te verdedig, naamlik:
2Kor. 7:10 “Want die droefheid volgens die wil van God werk ‘n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wêreld werk die dood.” (lees asb die hele artikel omrede genoemde teksgedeelte later binne die korrekte konteks bestudeer en verduidelik sal word.)
Met die skryf van hierdie artikel sal gedemonstreer word, dat droefheid nie met bekering t.o.v. wedergeboorte verwar moet word nie. In ‘n poging om ‘n term of leerstelling te omskryf en te verduidelik, is dit soms uiters raadsaam om te beskryf wat daardie term of leerstelling nie beteken nie. Die rede vir hierdie tegniek is die feit dat die kontras tussen die twee stellings ‘n persoon help om die onderwerp wat bespreek word, in ‘n duideliker lig te sien en derhalwe kan dit met die begryp en verstaan van die onderwerp help. Droefheid is nie bekering nie, en boonop kan droefheid nie by geloof alleenlik in die Evangelie, as nog ‘n vereiste, bygevoeg word nie. Droefheid kan, en mag dalk tot bekering lei, maar droefheid is nie ‘n vereiste vir wedergeboorte nie. Slegs geloof in die Evangelie word in die Skrifte aan ‘n persoon voorgehou om die geskenk van die ewige lewe by God te ontvang. Om enige ander vereistes, behalwe geloof in die Evangelie alleenlik, aan ‘n ongeredde persoon voor te hou is om ‘n onnodige hindernis in die weg van daardie persoon t.o.v. wedergeboorte te plaas. Iets wat die Here nooit sou goedkeur nie! (die leser word ten sterkste aangeraai om ook die ander artikels in hierdie reeks te lees, naamlik: “Bekeer, of bekering, is nie reformasie in eie krag nie” en “”Bekering ten opsigte van wedergeboorte is nie boetedoening nie” en “Die Waterdoop vorm nie deel van die Evangelie nie” asook “”Verliese en gevolge van sonde in die gelowige se lewe

Lees meer Bekering vir wedergeboorte is nie droefheid oor sondes nie

Wat is die Ewige Lewe?

As dit by die bestudering van die term “ewige lewe” kom, dan dink baie mense dat die ewige lewe op ‘n gegewe tyd op ‘n tydskaal begin en dan vir ewig op daardie tydskaal voortduur. Hierdie omskrywing van die term “ewige lewe” is ook dan korrek, maar indien ons die term “ewige lewe” volgens die Bybel bestudeer, sal ons opmerk dat die ewige lewe meer as net ‘n ewige bestaan op ‘n tydskaal is, en sal hierdie wete ons help, om klaarblyklike weersprekings in die Bybel te versoen, en ons kennis en belewing van ons geestelike lewe verryk. Met die skryf van hierdie artikel sal gepoog word om te demonstreer, dat die ewige lewe nie net oor ‘n kwantitatiewe aspek beskik nie, maar ook oor ‘n kwalitatiewe aspek beskik en dat die twee verskillende aspekte saam die term “ewige lewe” omskryf. Lees meer Wat is die Ewige Lewe?