Sleutelwoord se argiewe: Here

Die Here is Genadig!

Psa 86:5 “Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.
86:15 Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.”
Hoe dankbaar is ek nie soms nadat ek gestruikel het, om teksgedeeltes soos hierbo te lees en daaroor na te dink nie. Hoe maklik struikel ons nie, en was dit nie vir God se genade nie weet ek nie waar ek nou sou gewees het nie. Ek kan maar net elke oggend tot God nader in gebed en Hom bedank vir al die genade en geduld wat Hy aan die dag gelê het en nog steeds aan die dag lê met my sondes. Ek verwonder my ook dan opnuut aan die volkomendheid van God se Woord aan ons, wat maar net weer bewys dat die Bybel nie deur die wil van die mens voortgebring is nie, maar deur God alleen. Die Here ken ons en weet hoe maklik ons struikel, en daarom het Hy voorsiening gemaak daarvoor.
1Jo 2:1 “My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. 2:2 En Hy is ‘n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s’n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.” Lees meer Die Here is Genadig!