Kategorie se argiewe: Gelykenisse

Die Gelykenis van die Net

Mattheus 13:47 “Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; 13:48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. 13:49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei 13:50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”
Opmerking: Hierdie gelykenis is eenvoudig, want die Here self verduidelik dit. Die tydperk wat hier bespreek word is die einde van die groot verdrukking, wanneer Jesus Christus terug aarde toe kom om Sy Koninkryk fisies hier te  kom vestig Lees meer Die Gelykenis van die Net

Gelykenis van die Pêrel

Mat 13:45 “Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n koopman wat mooi pêrels soek; 13:46 en toe hy een baie kosbare pêrel kry, gaan hy weg en verkoop alles wat hy het, en koop dit.”
Opmerking: Die verkoopsman is die Here Jesus Christus, en nie die kerk soos wat in sommige gevalle verkondig word nie, omrede gelowiges niks prysgee of verkoop om Jesus as Verlosser te ontvang nie. Die ewige lewe is ‘n geskenk wat in geloof ontvang word, ons betaal geensins daarvoor nie. God, deur die Jesus Christus het alles prysgegee en betaal vir ons sondes. Dit is vir die mensdom onmoontlik om ‘n absolute heilige, en regverdige God vir sy sondes te vergoed. Sover dit verlossing/wedergeboorte (fase een van ons verlossing) aanbetref kan ons niks by geloof alleen, in die Evangelie, voeg om wedergeboorte te raak nie. Ons kan niks betaal nie, want ons kan onsself nie red nie, en beskik ook oor niks waarmee ons God vir ons sondes kan vergoed nie. Dus is dit heeltemal verkeerd om te verkondig dat die kerk die verkoopsman verteenwoordig en pas so ‘n interpretasie nie met die konteks van die Skrifte nie. (Die leser word aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” te lees) Lees meer Gelykenis van die Pêrel

Gelykenis van die Skat

Mat 13:”44 Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n skat wat verborge is in die saailand, wat ‘n man kry en wegsteek; en uit blydskap daaroor gaan hy en verkoop alles wat hy het, en koop daardie saailand.”
Opmerking: In hierdie gelykenis, saam met die gelykenis van die Pêrel en die die gelykenis van die visnet word uit die oogpunt van die Hemel gestel. Hierdie gelykenis stel dit duidelik dat daar ‘n klein minderheid gelowige Jode in die tydperke net voor (Terwyl Jesus fisies hier op aarde was) en die tydperk net na die kerk dispensasie sal wees (Die Verdrukking) . Die man soos wat ons alreeds in die gelykenis van die onkruid gesien het is Jesus Christus. Die skat is Israel omrede die Here in Psalm 135:4 stel dat Hy Israel (die Joodse volk) as sy eiendom uitgekies het.
Psalm 135:4 “Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
En verder:
Exodus 19:5 “As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne.
Let wel die volk Israel wat in die land Israel woonagtig is en nie die Kerk nie. (Om enigsins die die volk Israel met die Kerk te vervang is vervangingsteologie en is nie ‘n Bybelse leerstelling nie!) Die Kerk is glad nie hier ter sprake nie. Die gelykenis oor die pêrel handel hoofsaaklik oor die kerk. Soos alreeds genoem is Israel en die Kerk nie dieselfde entiteite nie en hulle albei dien verskillende funksies in God se plan vir die wêreld. (Lees asb die artikel “Het die Kerk die volk Israel, as God se verbondsvolk, vervang?”) Lees meer Gelykenis van die Skat

Die Gelykenis van die Suurdeeg

Mat 13:33 “‘n Ander gelykenis het Hy hulle vertel: Die koninkryk van die hemele is soos suurdeeg wat ‘n vrou neem en in drie mate meel inwerk totdat dit heeltemal ingesuur is. 13:34 Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;”
Opmerking: Hierdie is seker een van die gelykenisse wat in die meeste gevalle verkeerd geïnterpreteer word, omrede die kardinale reëls van Bybel uitleg nie hier nagekom word nie. Die eerste reël is dat mens moet toelaat dat Skrif, Skrif uitlê. ‘n Ander reël is dat waar ‘n woord simbolies as iets beskrywend van iets anders in die Bybel gebruik word, dieselfde woord regdeur die Bybel as simbolies van dieselfde onderwerp of voorwerp geïnterpreteer moet word. Laat ek verduidelik. Lees meer Die Gelykenis van die Suurdeeg

Gelykenis van Die Mosterdsaad

Mat 13:31 ‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n mosterdsaad wat ‘n man neem en in sy land saai; wat wel die kleinste is van al die soorte saad, maar as dit gegroei het, groter is as die groentesoorte en ‘n boom word, sodat die voëls van die hemel kom en nes maak in sy takke.
Opmerking: Onthou ons het weer hier met ‘n gelykenis te doen waar die Here aan Sy dissipels wil verduidelik hoe die tydperk tussen Sy hemelvaart en wederkoms gaan verloop. Let op, dat dit die tydperk tussen Sy eerste en wederkoms is, en nie net die dispensasie van genade nie (Kerk Dispensasie). Dus, sluit dit die tydperk vanaf Sy hemelvaart tot en met Sy wederkoms, na afloop van die Groot Verdrukking, in wanneer Jesus Sy voete op die aarde (die Olyfberg) sal neersit. Mosterdsaad is ‘n baie klein saad tipe, maar wanneer dit gesaai word en opgroei, word dit ‘n groot bos. Dit is egter opvallend dat daar ‘n onnatuurlike mate van groei plaasvind, aangesien die Here sê dat dit ‘n boom word.  dus is daar ‘n onnatuurlike groot groeiproses. Omrede die Here Sy punt duidelik wou oordra, lê Hy klem op die onnatuurlike groei van die boom, wat eintlik net ‘n bos moes wees. Lees meer Gelykenis van Die Mosterdsaad

Die Gelykenis van die Onkruid

Mat 13:24 “‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; 13:25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. 13:26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. 13:27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? 13:28 En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? 13:29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. 13:30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
Opmerking: Dit is baie belangrik om te onthou. Net soos met die gelykenis van die saaier, het ons hier te doen met mense wat dalk uiterlik mag voorkom as kinders van die koninkryk, maar dit nie in werklikheid is nie. Ander is egter gered soos die gelykenis van die saaier verduidelik. Maar vir die normale mens sal dit nie altyd opsigtelik wees nie, omrede net God mense se harte ken en weet wie werklik Sy kinders is, en soos ons in die gelykenis van die Saaier gesien het, dra nie al die kinders van God vrugte soos wat Hy van hulle verwag nie. In Israel is daar ‘n grassoort wat soms saam met die koring opkom wat ‘n draer van ‘n fungus is wat die grassoort giftig maak vir mens en dier. Dit was ook moeilik om die twee plantsoorte van mekaar te onderskei as hulle jonk was, maar as hulle gereed was vir die oes, kon mens hulle redelik maklik van mekaar skei. Lees meer Die Gelykenis van die Onkruid

Die Gelykenis van die Saaier

Die gelykenis van die Saaier kom in Mattheus 13:1-23 , Markus 4:1-20 en Lukas 8:4-15 voor. Vir ons studie sal ons die gedeelte in Lukas gebruik en aanvullende besonderhede by die ander twee Evangelies verkry.
 Lukas 8:4 “En toe daar ‘n groot menigte vergader, en die wat uit die verskillende stede by Hom aangesluit het, sê Hy aan hulle deur ‘n gelykenis: 8:5 ‘n Saaier het uitgegaan om sy saad te saai; en toe hy saai, val ‘n deel langs die pad en is vertrap, en die voëls van die hemel het dit opgeëet. 8:6 En ‘n ander deel het op die rots geval; en nadat dit opgeskiet het, het dit verdroog, omdat dit geen vogtigheid gehad het nie. 8:7 En ‘n ander deel het tussen die dorings in geval; en die dorings het daarmee saamgegroei en dit verstik. 8:8 En ‘n ander deel het in die goeie grond geval en gegroei en honderdvoudige vrug opgelewer. Toe Hy dit gesê het, roep Hy uit: Wie ore het om te hoor, laat hom hoor! 8:9 En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog?” Lees meer Die Gelykenis van die Saaier