Sleutelwoord se argiewe: Gelykenis van die Onkruid

Die Gelykenis van die Onkruid

Mat 13:24 “‘n Ander gelykenis het Hy hulle voorgehou en gesê: Die koninkryk van die hemele is soos ‘n man wat goeie saad in sy land gesaai het; 13:25 maar terwyl die mense slaap, het sy vyand gekom en onkruid onder die koring gesaai en weggegaan. 13:26 En toe die spruitjies opgeskiet en vrug gevorm het, toe verskyn die onkruid ook. 13:27 En die diensknegte van die huisheer het gekom en vir hom gesê: Meneer, het u dan nie goeie saad in u land gesaai nie? Waar kry dit dan die onkruid vandaan? 13:28 En hy antwoord hulle: ‘n Vyandige mens het dit gedoen. Toe sê die diensknegte vir hom: Wil u dan hê dat ons dit moet gaan bymekaarmaak? 13:29 Maar hy antwoord: Nee, dat julle nie miskien, as julle die onkruid bymekaarmaak, die koring daarmee saam uittrek nie. 13:30 Laat altwee saam groei tot die oes toe, en in die oestyd sal ek vir die maaiers sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring bymekaar in my skuur.
Opmerking: Dit is baie belangrik om te onthou. Net soos met die gelykenis van die saaier, het ons hier te doen met mense wat dalk uiterlik mag voorkom as kinders van die koninkryk, maar dit nie in werklikheid is nie. Ander is egter gered soos die gelykenis van die saaier verduidelik. Maar vir die normale mens sal dit nie altyd opsigtelik wees nie, omrede net God mense se harte ken en weet wie werklik Sy kinders is, en soos ons in die gelykenis van die Saaier gesien het, dra nie al die kinders van God vrugte soos wat Hy van hulle verwag nie. In Israel is daar ‘n grassoort wat soms saam met die koring opkom wat ‘n draer van ‘n fungus is wat die grassoort giftig maak vir mens en dier. Dit was ook moeilik om die twee plantsoorte van mekaar te onderskei as hulle jonk was, maar as hulle gereed was vir die oes, kon mens hulle redelik maklik van mekaar skei. Lees meer Die Gelykenis van die Onkruid