Sleutelwoord se argiewe: loon en goeie werke

Die onderskeid tussen Wedergeboorte en Loon vir Goeie Werke

Indien ons die Bybel noukeurig bestudeer, sal opgemerk word dat daar ‘n duidelike onderskeid tussen aanvanklike verlossing (fase een van ons verlossing, naamlik wedergeboorte) en loon wat ‘n gelowige na aanvanklike wedergeboorte, deur die inwerking en krag van die Heilige Gees, kan versamel. (Fase twee van verlossing, naamlik heiligmaking.) Lees asb die artikel “Drie fases van verlossing” vir meer inligting rondom die drie verskillende fases van ons verlossing. Dit is uiters belangrik om hierdie onderskeid duidelik waar te neem, want baie Christelike denominasies tref nie duidelik hierdie onderskeid nie en dit lei dan daartoe dat hulle op ‘n baie subtiele wyse goeie werke deel van die Evangelie maak. Om hierdie rede, kom dit as geen verassing dat die apostel Paulus dit nodig geag het om Timoteus baie sterk aan te moedig, om die woord te bestudeer en homself daarop toe te lê om die woord reg te sny.
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Die Here neem leerstellige suiwerheid en Bybelse leerstellings baie ernstig op en daarom sal ons wys wees indien ons dieselfde doen. Om hierdie rede, gaan met die skryf van hierdie artikel, gepoog word om vanuit die Skrifte die onderskeid tussen wedergeboorte en loon, wat deur goeie werke gedoen bekom kan word, gedemonstreer word. Dit sal verhoed dat ‘n persoon goeie werke/dissipelskap deel van die Evangelie van God se genade maak en die Evangelie in ‘n werke evangelie verander nie. Lees meer Die onderskeid tussen Wedergeboorte en Loon vir Goeie Werke

Gelykenis van die Ponde

Die gelykenis van die ponde is soortgelyk aan die gelykenis van die talente. Indien ons hierdie twee gelykenisse met mekaar vergelyk, dan sal ons opmerk, dat daar sekere dinge in gemeen is, asook sekere opmerklike verskille. Dus, is dit baie duidelik dat die Here Jesus twee verskillende gelykenisse hier vertel het, waardeur Hy sekere punte duidelik van mekaar wou onderskei. Die leser word aangeraai om die gelykenis van die talente ook weer te lees. Deur die verskille in die twee gelykenisse te bestudeer, sal die gelowige se kennis aansienlik verbreed word en sal die gelowige ‘n beter idee kry van wat God van hom verlang.

Die belangrikste opmerklike verskille tussen die twee gelykenisse, is die feit dat die gelykenis van die ponde handel oor beloning wat die diensknegte op grond van gelyke vermoëns en geleenthede ontvang. Die gelykenis van die talente (Mat 25:14-30) handel oor loon wat die diensknegte op grond van oneweredige gawes en geleenthede ontvang. Die les wat ons uit hierdie feite kan leer is, dat met Christus se Wederkoms, beloning volgens kwantitatiewe asook kwalitatiewe kriteria toegeken gaan word. Lees meer Gelykenis van die Ponde

Hemelse krone, loon en goeie werke

Vraag: Wat is die mees praktiese metode om te verseker dat mens Hemelse krone, en loon sal ontvang. Daar is so baie opinies oor hierdie saak, maar wat is die mees praktiese metode om krone as loon te versamel. Geen Christen wil sekerlik met leë hande voor God verskyn nie. Indien daar so ‘n metode bestaan, hoeveel goeie dade moet mens doen voor mens verseker kan weet dat mens genoeg gedoen het om krone te ontvang? En laastens, wat is die krone wat God aan die mens belowe?

Antwoord: As wedergebore kinders van God behoort nie een van ons voor God te wil verskyn met leë hande nie. Om deur geloof met wedergeboorte, deur die Heilige Gees, in Jesus Christus geplaas te word en om vir ewig in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader in die hemel te wees, is die grootste gawe wat enige mens ooit kan ontvang. Dit is egter iets waarvoor ons nie kan werk nie, want dit is ‘n vrye geskenk wat die mens ontvang by die aanhoor en glo van die Evangelie. Dus kan daar net van van krone gepraat word, nadat iemand wedergebore geraak het en nie voor die tyd nie. Dit gaan niks baat om krone te wil versamel indien iemand nie wedergebore geraak het nie Lees meer Hemelse krone, loon en goeie werke