Sleutelwoord se argiewe: gelykenis

Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 4

Gelykenis van die twee diensknegte:

Mattheus 24:45 “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee?”
Opmerking: Dit moet van die begin af duidelik verstaan word dat die diensknegte waarna die Here Jesus Christus hier verwys, nie lede van die Kerk wat as Sy Bruid bekend staan is nie. Die mense waarna die Here hier verwys, is mense wat gedurende die verdrukking of laaste sewe jaar tydperk van die 490 jaar tydperk wat oor die Joodse volk uitgespreek is sal lewe. Dus is dit die mense wat tydens die verdrukking geloof in Jesus bely, en dit sluit ware gelowiges asook mense wat nie werklik die Evangelie glo nie, in.
Mattheus 15:7 “Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het: 15:8 Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. 15:9 Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.” Lees meer Profetiese rede op die Olyfberg volgens Mattheus Deel 4

Gelykenis van die Landbouers

Die gelykenis van die landbouers kan as ‘n opvolg gelykenis beskou word, deurdat dit op die gelykenis van die twee seuns volg en op sy beurt weer deur die gelykenis van die bruilof gevolg word. Onthou die hele konteks gaan oor die feit, dat die geestelike volksleiers van Israel, Jesus gevra het met watter gesag Hy al hierdie dinge gedoen het. Dit sluit die intog in Jerusalem (Mat 21:1-11) , Sy ontvangs van lofprysing deur die mense, die reiniging van die tempel (Mat 21:12-17) , die genesing van die blindes en kreupeles (Mat 21:14) , en Sy onderrigting van die mense, (Mat 21: 23) in. Die leiers van die volk het duidelik besef dat Jesus Homself as die Messias van die volk voorhou en daarom wou hulle weet met watter gesag Hy hierdie dinge doen. Lees asb die gelykenis van die twee seuns eerste om ‘n vollediger agtergrond te verkry. Lees meer Gelykenis van die Landbouers

Die Gelykenis van die Twee Seuns

Eers ‘n bietjie agtergrond. Jesus het Homself as die Koning en die Jode se Messias voorgestel, toe Hy Jerusalem op die rug van ‘n donkie ingery het. (Mat 21:1-11) Dit sou vir enige Jood wat die skrifte geken het, duidelik gewees het wat die Here hier doen, want die Skrifte het vooraf daarvan getuig.
Sag 9:9 “Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.” Lees meer Die Gelykenis van die Twee Seuns

Die Gelykenis van die Onbarmhartige Skuldeiser

Neem net asb kennis dat hierdie ‘n duplikaat is van die artikel “Vergifnis tussen Broers” wat dieselfde onderwerp aanspreek. Ek gaan nie alles weer herhaal nie. Ek plaas weer hierdie gelykenis hier, sodat mense wat die Gelykenisse wil bestudeer dit maklik op een plek kan kry. Dit is belangrik dat ons hierdie gelykenis verstaan omrede vergifnis so groot rol in ons lewens speel.

Daar is deesdae in tendens in die Kerk wat sê dat alle gelowiges net moet vergewe. As ‘n gelowige deur ‘n ander gelowige benadeel word, dan word dit aan die benadeelde gesê hy moet vergewe. As hy nie vergewe nie, dan word die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser voor die benadeelde broeder gegooi om hom so ver te kry om te vergewe. Is hierdie optrede werklik geregverdig. Om die antwoord te kry moet ons na die Woord self gaan. Wat sê die Woord werklik oor vergifnis tussen gelowiges? Onthou ons praat hier van mense wat gelowig is, nie van ongeredde mense nie. Ons praat hier van ernstige geskille waar vergifnis ‘n vereiste vir versoening sal wees. Lees meer Die Gelykenis van die Onbarmhartige Skuldeiser

Die Gelykenis van die Net

Mattheus 13:47 “Verder is die koninkryk van die hemele soos ‘n net wat in die see gegooi word en van elke soort bymekaarbring; 13:48 en as dit vol geword het, trek hulle dit op die strand uit en gaan sit en maak die goeies in bakke bymekaar, maar gooi die slegtes weg. 13:49 So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei 13:50 en hulle in die vuuroond gooi. Daar sal geween wees en gekners van die tande.”
Opmerking: Hierdie gelykenis is eenvoudig, want die Here self verduidelik dit. Die tydperk wat hier bespreek word is die einde van die groot verdrukking, wanneer Jesus Christus terug aarde toe kom om Sy Koninkryk fisies hier te  kom vestig Lees meer Die Gelykenis van die Net