Donasie

Maak ‘n Las

Ons bediening is ’n geloofsgebaseerde bediening en ons het ’n beleid om nooit versoeke vir geld uit te stuur nie. Net soos George Müller vertrou ons slegs op die Here vir die voorsiening van ons behoeftes. U kan dus verseker weet dat ons u nooit vir geld sal vra nie. Geen gedeelte van hierdie webtuiste sal ooit tot slegs sekere intekenaars beperk word nie. Dit is die Here se werk om in ons behoeftes te voorsien, en ons werk om die Woord van God te versprei.

Daarom glo ons dit is God se werk om die begeerte in Sy kinders se harte te wek, sou Hy verkies dat iemand ’n donasie aan hierdie bediening maak. Maak asseblief slegs ’n donasie indien die Heilige Gees dit op u hart lê; andersins vra ons slegs om u gebede, sodat ons God se opdrag getrou sal uitvoer en slegs Sy Naam verheerlik sal word. Verder versoek ons voorbidding vir hierdie bediening, sodat God die deure vir ons sal oophou en baie mense tot geloof in Hom sal kom.

Net soos wat ons glo dat alle hulpbronne (mense, talente, gawes, finansies en geleenthede) geskenke van God is, so beskou ons elke bydrae aan hierdie bediening as ’n gawe wat van Hom afkomstig is. God werk immers in en deur Sy kinders. U bydraes help dat hierdie bediening kan voortgaan, en u kan verseker wees dat die Here u ryklik by die Regterstoel van Christus daarvoor sal beloon.

2 Korintiërs 5:10:Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad.”

Efesiërs 6:8:…omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy ’n slaaf is of ’n vryman.”

Dankie aan elkeen wat reeds ’n bydrae tot hierdie bediening gemaak het en vir elke persoon wat getrou vir ons bid. Mag die Here u ryklik seën.

2 Korintiërs 9:8:En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.”

Let wel: Moet nooit beswaard voel indien u nie ’n donasie kan maak nie; dit word glad nie van u vereis nie. Al wat ons in so ’n geval vra, is u voorbidding. Indien u dit wel kan bekostig en die Here dit op u hart lê om ’n bydrae te maak, sal dit met opregte dankbaarheid waardeer word.

Seëngroete,

Vic


Diegene wat nie van Paypal gebruik wil maak nie kan donasies in die volgende bankrekening inbetaal:

Standerd Bank: AccessAccount
Rekening naam: E.L Deysel
Rekening nommer: 10074684750


Belangrike Versoek:
As die ontvangers van God se onbeskryflike gawe van die ewige lewe, verwag die Here dat ons almal op die een of ander wyse met die verkondiging van die Evangelie besig moet wees. (Indien die Here dit op die leser se hart lê, kan die leser die volgende skakel volg en ‘n kort weergawe van die Evangelie uitdruk en eksemplare daarvan orals opplak, uitdeel en selfs in die biblioteek boeke, as boekmerke, plaas. Die leser kan daarmee doen net wat hy/sy mag goeddink, net solank as wat die Evangelie uitkom en met die mensdom om ons gedeel word! Hier is die skakel “Kort weergawe van die Evangelie” Onthou die Here sal ons by die Regterstoel Oordeel vir ons moeite beloon!!

Wat sê die Skrifte