Sleutelwoord se argiewe: Die Wegraping

Die Wegraping, die VSA en die Opkoms van die Antichris


Die Vraag oor die Einde van die Kerkbedeling

Baie mense wonder tans of ons werklik aan die einde van die Kerkdispensasie staan. Die rede wat tot hierdie gevolgtrekking aanleiding gegee het, is die Verenigde State van Amerika se oorweldigende militêre en finansiële mag. As ons egter die einde van die Kerkbedeling probeer koppel aan die militêre mag van ‘n spesifieke land, loop ons die gevaar om die fokus te verskuif vanaf die verwagting van Christus na die monitering van politieke verwikkelinge. In die dispensasionele eskatologie glo ons aan die leerstelling van “imminensie”—die oortuiging dat die wegraping van die ware Kerk op enige oomblik kan plaasvind sonder dat enige spesifieke teken eers vervul hoef te word. Die Kerk is nie bestem vir die Toorn van die Verdrukking nie; 1 Tessalonisense 5:9 bevestig hierdie kosbare waarheid:
“Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus.”

Die Volheid van die Heidene

Die afsluiting van die Kerkdispensasie word nie deur menslike faktore soos die bruto binnelandse produk of die militêre kapasiteit van ‘n aardse moondheid bepaal nie, maar berus uitsluitlik op die bereiking van die “volheid van die heidene”—’n spesifieke getal verlostes wat slegs aan God bekend is. Paulus skryf in Romeine 11:25:
“Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het.”
In die konteks van Romeine 11 bespreek die apostel die tydelike opsy-setting van nasionale Israel sodat die Evangelie na die heidennasies kan gaan. Hierdie “volheid van die heidene” verwys na die voltooiing van die Kerk (die Liggaam van Christus) deur die verkondiging van die Evangelie van God se genade. Eers wanneer hierdie spesifieke getal bereik is, sal die Wegraping plaasvind en sal God weer Sy profetiese horlosie met Israel begin laat tik vir die sewentigste week van Daniël. Daarom is dit van uiterste belang dat die Kerk getrou bly aan haar roeping om die Evangelie van genade te verkondig, terwyl ons in afwagting leef op die vervulling van die getal van die heidene, waarna die Here ons deur die voorverdrukkingswegraping sal kom haal.

Lees meer Die Wegraping, die VSA en die Opkoms van die Antichris

Die Wegraping. Deel 3

In die derde en laaste artikel in die reeks artikels wat oor die Wegraping handel, gaan ons die laaste grondbeginsels vir die Voor-Verdrukking Wegraping bespreek. In deel twee van hierdie reeks artikels het ons die eerste drie argumente wat as bewys vir die Voor-Verdrukking Wegraping dien bespreek en in deel drie sal ons die laaste paar argumente as bewys vir hierdie leerstelling voorlê. Lees meer Die Wegraping. Deel 3

Die Wegraping. Deel 2

In deel twee van hierdie reeks artikels, sal ‘n paar spesifieke Voor-Verdrukking Wegraping argumente voorgelê word, wat die slotsom wat in deel een van hierdie artikels uitgelig is, sal onderskryf en bevestig. Dit moet egter gelet word, dat die argumente wat vervolgens as bewyse vir die Voor-Verdrukking Wegraping voorgelê word, nie al die argumente is wat aangebied kan word nie. Baie meer kan oor hierdie onderwerp gesê word, en diegene wat meer navorsing oor hierdie onderwerp wil doen, kan gerus die boek “The Rapture Question” wat deur Dr John F Walvoord geskryf is, lees. Hierdie boek is ‘n uitsonderlike werk, en volgens my beskeie mening is geen teologiese boekrak volledig indien hierdie boek nie deel daarvan uitmaak nie. Lees meer Die Wegraping. Deel 2

Die Wegraping. Deel 1

Baie mense het my al gekontak en gevra of die Bybel wel duidelik die leerstelling van die Wegraping verkondig, en indien wel, wat die teksgedeeltes is wat hierdie leerstelling bevestig. Voordat ek egter hierdie vraag beantwoord, wil ek dit net duidelik stel dat ek dit as ‘n tragedie beskou, dat so min gemeentes wel die moeite doen om die profesieë, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, te bestudeer en verkondig. Ek beskou ook die gebrek aan die duidelike verkondiging van die profetiese woord, as een van die grootste redes waarom die belydende Christendom so wêreldgesind en mislei is. Erger nog, is die feit dat sekere groepe, aan die anderkant van die spektrum, weer op hulle beurt die profetiese woord, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, verontagsaam en self ignoreer en op buite Bybelse profesieë, deur selfaangestelde apostels en profete, staatmaak om toekomstige gebeure te wete te kom. In baie gevalle word dan profetiese uitsprake en leerstellings verkondig wat lynreg met die Bybel in botsing is, en wat die hoorders daarvan ernstig gaan mislei en wat weer tot groot ontnugtering gaan lei. Daar is baie waarheid in die gesegde wat soos volg lees: “Indien jy wil hoor wat God aan jou sê, moet jy jou Bybel bestudeer. Dit is God se woord aan jou!” Lees meer Die Wegraping. Deel 1