In die tweede deel van hierdie artikel ontleed ons Matt Mason (Lion of Fire Ministries) se aanbieding, ‘“Free Grace” Theology EXPOSED… (The HERESY of The 21st Century??)’, op YouTube aan die hand van die Skrif, om sodoende sy dwaalleer asook sy slinkse metodiek te weerlê. In baie gevalle is dit juis die doelbewuste, oneerlike argumentasiemetodes wat dwaalleraars aanwend om mense te verwar, te mislei en — bowenal — met vrees te vervul. Sommige onderwerpe wat in deel een aangespreek is, sal weer kortliks hier aangeraak word. Dit is egter belangrik om hierdie artikel volledig te lees, aangesien daar ander teksgedeeltes is wat Mason as bewys aanhaal, waarvan die waninterpretasies nou vanuit die korrekte kontekstuele raamwerk weerlê word. Onthou, mense se siele is op die spel.
Die Genetiese Dwaling en die “Moderne Uitvinding”
Matt Mason begin sy aanval met die stelling: “This is a modern invention of the 19th century. It was popularized in the 1980s by Zane Hodges.” Hierdie is ‘n klassieke Genetiese Dwaling (Genetic Fallacy), waar ‘n argument verwerp word op grond van sy oorsprong of datum in plaas van sy waarheid. Die waarheid van ‘n leerstelling word bepaal deur: “Wat sê die Skrif?” (Romeine 4:3), nie “Wat sê die kerktradisie?” nie. Ek verdedig nie Zane Hodges nie; daar is trouens baie van wat hy geskryf het waarmee ek glad nie saamstem nie. Die Vrye Genade-boodskap is nie ‘n uitvinding van Zane Hodges nie, maar ‘n terugkeer na die konsekwente toepassing van die apostel Paulus se leerstelling van Sola Fide (geloof alleen). Die feit dat sekere waarhede deur die kerkgeskiedenis verduister is (soos ook met die Reformasie gebeur het), maak dit nie onwaar nie. Om genade “cheap” te noem, is ‘n Strooipop-argument; genade is vir ons verniet (gratis), maar dit was oneindig duur vir Christus. Matt Mason erken self dat hy vanuit ‘n Rooms-Katolieke agtergrond kom en gevolglik ‘n hervormde teologie aanhang. Met reg kan mens hom vra of sy teologie ook nie ‘n een-en-twintigste-eeuse dwaling is nie.”
Lees meer Heerskappy-redding Ontbloot: ‘n Weerlegging van Matt Mason. Deel 2