Sleutelwoord se argiewe: Menorah Tabernakel

Ontleding van Menorah Tabernakel en die Hebreeuse Wortels-dwaling


Inleiding: Die Soeke na Wortels en die Gevaar van die Wet

In die hedendaagse kerklike landskap is daar ‘n groeiende fassinasie met die Joodse agtergrond van die Christelike geloof. Dit is op sigself nie negatief nie; ‘n deeglike kennis van die Ou Testamentiese gebruike verryk ons begrip van die Messias. Ewenwel het daar vanuit hierdie belangstelling ‘n beweging ontstaan wat bekend staan as die “Hebreeuse Wortels-beweging” (Hebrew Roots Movement). ‘n Prominente figuur in hierdie kring, spesifiek binne die Suid-Afrikaanse konteks, is Frik Weideman van Menorah Tabernakel.

Hoewel die verklaarde doelwit van Frik Weideman is om die “verkeerde teologie van Egipte en Babilon” te sloop, toon ‘n indringende analise van sy leringe, boeke en preke dat hy ‘n teologiese sisteem verkondig wat die gelowige terugbring onder die juk van die Wet van Moses. Deur die lens die skrif alleen sal hierdie artikel aantoon dat Frik Weideman se leringe nie ‘n “dieper waarheid” is nie, maar ‘n herlewing van die dwaling wat die apostel Paulus in die brief aan die Galasiërs bestry het.

Die kernprobleem is drieledig:

1. Hermeneutiek: ‘n Allegoriese interpretasie van die Tabernakel instede van die Letterlik-Grammatikaal-Historiese Interpretasie.

2. Soteriologie: ‘n Vermenging van geloof en werke (wetsonderhouding) vir finale verlossing of “bruidstatus”.

3. Ekklesiologie: Die uitwissing van die onderskeid tussen Israel en die Kerk.

Lees meer Ontleding van Menorah Tabernakel en die Hebreeuse Wortels-dwaling