Sleutelwoord se argiewe: Wegraping

Gaan die Wegraping op 23 en 24 September 2025 plaasvind?

Ek sit nou en luister na Izak Du Plessis se YouTube kanaal genaamd Nuuspod waartydens die bekende sanger Danie Botha die bewering maak dat God aan hom geopenbaar het dat die wegraping op 23 en 24 September hierdie jaar (2025) gaan plaasvind. Ek moet dit net vooraf stel dat ek geensins Danie Botha se motiewe in hierdie artikel in twyfel trek nie, maar ek glo hy maak buite-Bybelse openbarings wat baie van sy volgelinge gaan ontnugter en hulle geloof ‘n ernstige knou gaan gee. As gelowiges verwag God van ons om alles wat aan ons verkondig word met die skrifte te vergelyk, om seker te maak dat wat dit wat aan ons verkondig word wel van Hom afkomstig is. (Hand.17:11) Ons word ook gemaan om die woord van God reg te interpreteer.
2Tim.2:15 “Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”

Lees meer Gaan die Wegraping op 23 en 24 September 2025 plaasvind?

Die Wegraping. Deel 1

Baie mense het my al gekontak en gevra of die Bybel wel duidelik die leerstelling van die Wegraping verkondig, en indien wel, wat die teksgedeeltes is wat hierdie leerstelling bevestig. Voordat ek egter hierdie vraag beantwoord, wil ek dit net duidelik stel dat ek dit as ‘n tragedie beskou, dat so min gemeentes wel die moeite doen om die profesieë, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, te bestudeer en verkondig. Ek beskou ook die gebrek aan die duidelike verkondiging van die profetiese woord, as een van die grootste redes waarom die belydende Christendom so wêreldgesind en mislei is. Erger nog, is die feit dat sekere groepe, aan die anderkant van die spektrum, weer op hulle beurt die profetiese woord, soos wat dit in die Bybel opgeteken staan, verontagsaam en self ignoreer en op buite Bybelse profesieë, deur selfaangestelde apostels en profete, staatmaak om toekomstige gebeure te wete te kom. In baie gevalle word dan profetiese uitsprake en leerstellings verkondig wat lynreg met die Bybel in botsing is, en wat die hoorders daarvan ernstig gaan mislei en wat weer tot groot ontnugtering gaan lei. Daar is baie waarheid in die gesegde wat soos volg lees: “Indien jy wil hoor wat God aan jou sê, moet jy jou Bybel bestudeer. Dit is God se woord aan jou!” Lees meer Die Wegraping. Deel 1