Deesdae is die leerstelling van bloedlyn vloeke baie gewild onder sekere gemeentes en dit is te verstane, omrede gewilde tel-evangeliste en skrywers soos Joyce Meyer, Marilyn Hickey, Benny Hinn, Neil Anderson, Healing Streams en vele ander hierdie gewilde maar onskriftuurlike leerstelling verkondig. As mens gaan kyk na al die boeke wat oor hierdie onderwerp geskryf is, sal mens gou agterkom, dat dit ‘n gewilde onderwerp is, en dat baie geld uit die verkoop van hierdie boeke gemaak is. ‘n Ander rede waarom hierdie leerstelling so gewild is is dat die mens oor ‘n sonde natuur beskik en dit dus moeilik vind om verantwoordelikheid vir sy eie foute te neem. Sielkundige teorieë het baie mense daarvan oortuig dat hulle nie werklik sondaars is nie, maar dat hulle die slagoffers van die samelewing in die algemeen, en veral die slagoffers van hulle ouers is. Baie mense, soos die tel-evangeliste soos hierbo genoem beweer dat ons bloedlyn vloeke van ons voorgeslagte ontvang het en dat hierdie bloedlyn vloeke eers gebreek moet word alvorens ‘n persoon werklik vry kan wees. Lees meer Bloedlyn vloeke
Kategorie se argiewe: Valse leerstellings
Spreuke 18:21 en krag in die mens se Woorde
Die leser moet net kennis neem dat my bedoeling met die skryf van hierdie artikel nie ‘n persoonlike aanval op enige spesifieke persoon is nie, maar teen die valse leerstelling wat as waarheid verkondig en geglo word. Daar is baie eerbare gelowiges wat deur hierdie leerstelling beïnvloed is en dit was in my geval ook so gewees. Ek dank God egter dat Hy my van hierdie leerstelling verlos het en dit is my gebed dat ander ook daarvan vrygestel sal word. Lees meer Spreuke 18:21 en krag in die mens se Woorde
Valse Profete vs Ware Profete
Toets die Geeste: Waak teen Valse Profete
Die Skrifte waarsku ons herhaaldelik teen die gevare van valse profete, valse leraars en valse apostels. Ongelukkig steur baie mense hulle nie aan hierdie waarskuwings nie, wat tot hulle eie ondergang sal lei. Mense wat mislei is, sal nooit die verskoning kan gebruik dat God hulle nooit gewaarsku het nie.
2Pet. 2:1 “Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;”
Verder word ons gewaarsku om nie alles te glo wat ons hoor nie, maar ons moet eers die geeste toets! Dit is ons plig as gelowiges om vas te stel wie die geeste is en onder wie se leiding die sogenaamde profete optree.
1Joh. 4:1 “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”
Ware Apostels vs Valse Apostels
Die Toets van Ware Apostelskap: ‘n Skriftuurlike Perspektief
In die hedendaagse kerklike landskap word daar toenemend verneem van individue wat aanspraak maak op die amp van Apostel. Gehore plaas dikwels soveel vertroue in hierdie persone dat hulle leerstellings met die gesag van die Bybel gelykgestel word. In vele gevalle weerspreek hierdie leerstellings selfs die Skrif, sonder dat dit bevraagteken word. Hierdie groeiende tendens binne die belydende Christendom is iets waarteen die Bybel ons uitdruklik waarsku.
2Kor.11:13 “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle e2inde sal wees volgens hulle werke.”
Wettisisme vs geloof in Christus
Vryheid van Wettisisme: Wandel deur die Gees
Wettisisme is die begeerte om die toegerekende geregtigheid — wat God op grond van die Here Jesus Christus se voltooide werk aan die kruis aan ons skenk — te probeer verbeter. Dit is ’n poging om ons eie werke daaraan toe te voeg, sodat die Here ’n groter rede kan hê om ons as regverdig te beskou. So ’n persoon vergeet dat God ons slegs regverdig verklaar op grond van ons geloof in die voltooide werk van Christus, en niks anders nie. Dit is God wat in die Here Jesus Christus alles gedoen het om die mens te verlos; die mens kan niks tot sy eie verlossing bydra nie. Hy kan slegs die gawe van die ewige lewe as geskenk by God deur geloof aanvaar.
Satan se Strategieë
Satan gebruik verskeie strategieë om mense van die waarheid van die Evangelie te weerhou en gelowiges in hul wandel te poog om te struikel. Hier is tien van sy mees algemene metodes:
Metode 1: Die “Sif” van die Gelowiges
Satan versoek die Here om gelowiges te “sif” (Lukas 22:31). Sy doel is om ons sover te kry om die Here te verloën en op te hou om Hom as toegewyde dissipels te volg. Indien hy slaag, word die verspreiding van die Evangelie verhinder. Belangrik is dat hierdie toetsing slegs kan plaasvind indien die Vader toestemming verleen (Job 1:8-13). Wanneer die Here dit wel toelaat, is dit altyd vir ons eie beswil en geestelike groei.
Krag in ons Woorde?
Daar is deesdae ‘n gewilde konsep in die kerk wat beweer dat ons woorde krag het. Volgens hierdie siening kan ons, indien ons genoeg geloof het en die regte woorde uitspreek, rykdom, gesondheid en geluk verkry deur positiewe uitsprake oor ons omstandighede te maak. Daar word ook beweer dat mens nooit negatiewe uitsprake mag maak nie, aangesien woorde kwansuis die vermoë het om in die werklikheid te manifesteer. Die argument lui dat aangesien God die wêreld deur Sy woord geskape het, en ons in Sy beeld geskape is, ons in die “God-klas” val en dus self met ons woorde kan skep.
Die vraag wat ons egter moet beantwoord, is of hierdie leerstelling skriftuurlik geregverdig kan word. Of is dit maar net ‘n moderne vorm van gnostisisme? As Christene moet ons ons lewens inrig volgens die Woord van God alleen.
2 Timoteus 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”
Jouself Liefhê?
Mens hoor deesdae gereeld predikers wat preek, dat voor ‘n persoon sy medemens werklik lief kan hê, daardie persoon eerstens moet leer om homself/haarself lief te hê. Om bogenoemde stelling te staaf gebruik hulle die onderstaande teksgedeelte.
Mattheus 19:19 “eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. “
Daar word dan beweer dat die Here ons opdrag gegee het om onsself lief te hê, en dan sal ons eers ander mense lief kan hê. Maar is dit werklik wat die Here met bostaande stelling bedoel het? Of word hierdie teksgedeelte buite konteks verdraai om iets te verkondig wat die Here nie werklik verkondig het nie?
Om die vraag korrek te beantwoord moet ons terug na Skrifte gaan en genoemde teksgedeelte binne die korrekte konteks van die hele Skrif bestudeer. Dit is ook belangrik om te merk dat hierdie leerstelling die ware Kerk oneindige skade berokken, en alreeds berokken het, en veroorsaak het dat hoogmoed, selfliefde en die eie ek tot ongekende vlakke in die belydende Christendom posgevat het, wat ernstige gevolge vir die lidmate se geestelike lewens inhou. Derhalwe word astronomiese bedrae geld jaarliks aan belydende Christene se voorkoms, beeld, plesier ensovoorts spandeer en dit alles ten koste van die verspreiding van die Evangelie. Ek noem hulle sommer die “bors tikkers” of die “ek mense.” Hierdie Christene se status word aan hulle voorkoms of bates gekoppel en hulle skroom nie om dit aan ander voor te gooi nie. Al wat mens deesdae hoor is ek, ek, ek en bitter min word gesê van Jesus Christus en Sy opdrag aan Sy dissipels om die Evangelie te verkondig! Het die Here dan gefouteer toe Hy die onderstaande stelling gemaak het?
Mattheus 16:24 “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
Of kyk ons, as Christene, dalk iets mis? Lees meer Jouself Liefhê?