Sleutelwoord se argiewe: Valse Profete vs Ware Profete

Valse Profete vs Ware Profete

Die Skrifte waarsku ons herhaaldelik teen die gevare van valse profete, valse leerders en valse apostels. Ongelukkig steur baie mense hulle nie aan hierdie waarskuwings nie en dit gaan tot hulle eie ondergang lei. Mense wat verlei is, sal nooit die verskoning kan gebruik dat God hulle nooit gewaarsku het nie.
Mat 24:11 “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;”
Verder word ons gewaarsku om nie alles te glo wat ons hoor nie, maar ons moet eers die geeste toets! Dit is ons, as gelowiges, se plig om vas te stel wie die geeste is, onder wie se leiding die sogenaamde profete optree.
1Jo 4:1 “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”
Om hierdie waarskuwings te ignoreer, is om God te ignoreer, en soos reeds genoem gaan dit tot so ‘n persoon se eie ondergang lei. Let net daarop, dat hierdie artikel hoofsaaklik oor valse profete gaan en die leser word aangeraai om die artikel oor “vals apostels” asook die artikel “is die gawe van profesie nog in werking vandag?”ook te lees. Lees meer Valse Profete vs Ware Profete