Sleutelwoord se argiewe: Satan se Strategieë

Die Duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 1

Indien ons ‘n deeglike kennis van Satan se werkwyses rakende gelowiges ken en verstaan, sal dit tot ‘n groot mate verhoed dat ons deur hom om die bos gely word en verhoed dat ons in die strikke van sy listige planne val. Die apostel Johannes omskryf nie verniet die Duiwel as die bose een nie. (Joh. 17:15; 5: 18-19) Sy bose karakter, wat deur die titels en name wat aan hom gegee weerspieël word, deurweek die hele wêreld, omrede hy binne die raamwerk van God se soewereine plan, toegelaat is om tydelike bekeer oor die hele wêreld te bekom. (Neem egter kennis dat die feite soos hierbo genoem geensins as bewys dien dat die gelowige deur Satan beset kan word nie. Die gelowige kan nie deur bose geeste beset word nie.) In Openb. 12:3 word die Duiwel as die draak omskryf, en dien dit as waarskuwing dat die gelowige op ‘n geweldadige, verbete en verwoestende wyse deur Satan aangeval kan word. Omrede die Duiwel ‘n hoogs intelligente en kragtige wese is ( wat baie sterker en slimmer as enige mens is) is hy in staat om sy taktiek en planne sodanig aan te pas, wat elke persoon se swak en sterkpunte in ag neem, waardeur hy sal verseker dat hy die beste kans het om die oorwinning oor sy teiken te behaal. Wanneer die omstandighede dit vereis, sal hy van taktiek verander en homself as ‘n engel van die lig voordoen en so sal hy heel aantreklik en goedgesind voorkom.
2Ko 11:14 “En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.”
Dus beskik die duiwel oor die vermoeë om sy teenstanders op verskeie wyses aan te val en gewoonlik op grond van ‘n plan wat spesifiek vir ‘n gegewe situasie of ‘n spesifieke persoon uitgewerk is.

Lees meer Die Duiwel se aktiwiteite sover dit die gelowige aanbetref. Deel 1

Satan se Strategieë

Metode nommer 1

Satan gebruik van verskillende strategieë om mense van die waarheid van die Evangelie te weerhou. Hy versoek die Here om hulle te sif. (Lukas 22:31) Sodoende versoek hy hulle om die Here te verloën, en probeer hy Jesus se dissipels so ver te kry om die Here Jesus nie meer as dissipels te volg nie. Indien hy slaag, word die verspreiding van die Evangelie verhinder en die verlore mensdom kom nie te hore van die verlossing wat daar in Jesus Christus is nie. Satan se versoek om iemand te sif kan slegs plaasvind indien die Vader toestemming daartoe verleen. (Job 1:8-13) Wanneer die Here die versoek, om deur Satan gesif te word, toestaan moet ons besef dat dit altyd vir ons eie beswil en verdere geestelike groei is. Lees meer Satan se Strategieë