Sleutelwoord se argiewe: Ware Apostels vs Valse Apostels

Ware Apostels vs Valse Apostels

Deesdae hoor mens nogal gereeld van mense wat beweer dat hulle Apostels is en hulle gehore stel hulle vertroue, tot so ‘n mate in hierdie mense, dat hulle leerstellings met die Bybel gelykgestel word en in baie gevalle weerspreek hulle selfs die Bybel en daar word niks van gesê nie. Hierdie is ‘n groeiende tendens in die belydende Christendom en die Bybel het ons hierteen gewaarsku.
2Ko 11:13 “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 11:15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”
Baie van hierdie apostels tree ook as leerders op, en verkondig soms dat hulle self nuwe openbarings by God ontvang het, en beweer ook dat die Bybel nie volledig is nie. Ook teen hierdie gevare het God ons in Sy woord gewaarsku, maar dit word deur baie mense geïgnoreer en word hierdie apostels blindelings nagevolg. Onthou, geloof wat nie op die waarheid gebaseer is nie is nie ware geloof nie, maar delusie! Lees meer Ware Apostels vs Valse Apostels