Kategorie se argiewe: Valse leerstellings

Satan se Strategieë

Satan gebruik verskeie strategieë om mense van die waarheid van die Evangelie te weerhou en gelowiges in hul wandel te poog om te struikel. Hier is tien van sy mees algemene metodes:

Metode 1: Die “Sif” van die Gelowiges

Satan versoek die Here om gelowiges te “sif” (Lukas 22:31). Sy doel is om ons sover te kry om die Here te verloën en op te hou om Hom as toegewyde dissipels te volg. Indien hy slaag, word die verspreiding van die Evangelie verhinder. Belangrik is dat hierdie toetsing slegs kan plaasvind indien die Vader toestemming verleen (Job 1:8-13). Wanneer die Here dit wel toelaat, is dit altyd vir ons eie beswil en geestelike groei.

 

Lees meer Satan se Strategieë

Krag in ons Woorde?

Daar is deesdae ‘n gewilde konsep in die kerk wat beweer dat ons woorde krag het. Volgens hierdie siening kan ons, indien ons genoeg geloof het en die regte woorde uitspreek, rykdom, gesondheid en geluk verkry deur positiewe uitsprake oor ons omstandighede te maak. Daar word ook beweer dat mens nooit negatiewe uitsprake mag maak nie, aangesien woorde kwansuis die vermoë het om in die werklikheid te manifesteer. Die argument lui dat aangesien God die wêreld deur Sy woord geskape het, en ons in Sy beeld geskape is, ons in die “God-klas” val en dus self met ons woorde kan skep.

Die vraag wat ons egter moet beantwoord, is of hierdie leerstelling skriftuurlik geregverdig kan word. Of is dit maar net ‘n moderne vorm van gnostisisme? As Christene moet ons ons lewens inrig volgens die Woord van God alleen.
2 Timoteus 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Lees meer Krag in ons Woorde?

Jouself Liefhê?

Mens hoor deesdae gereeld predikers wat preek, dat voor ‘n persoon sy medemens werklik lief kan hê, daardie persoon eerstens moet leer om homself/haarself lief te hê. Om bogenoemde stelling te staaf gebruik hulle die onderstaande teksgedeelte.
Mattheus 19:19 “eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
Daar word dan beweer dat die Here ons opdrag gegee het om onsself lief te hê, en dan sal ons eers ander mense lief kan hê. Maar is dit werklik wat die Here met bostaande stelling bedoel het? Of word hierdie teksgedeelte buite konteks verdraai om iets te verkondig wat die Here nie werklik verkondig het nie?

Om die vraag korrek te beantwoord moet ons terug na Skrifte gaan en genoemde teksgedeelte binne die korrekte konteks van die hele Skrif bestudeer. Dit is ook belangrik om te merk dat hierdie leerstelling die ware Kerk oneindige skade berokken, en alreeds berokken het, en veroorsaak het dat hoogmoed, selfliefde en die eie ek tot ongekende vlakke in die belydende Christendom posgevat het, wat ernstige gevolge vir die lidmate se geestelike lewens inhou. Derhalwe word astronomiese bedrae geld jaarliks aan belydende Christene se voorkoms, beeld, plesier ensovoorts spandeer en dit alles ten koste van die verspreiding van die Evangelie.  Ek noem hulle sommer die “bors tikkers” of die “ek mense.” Hierdie Christene se status word aan hulle voorkoms of bates gekoppel en hulle skroom nie om dit aan ander voor te gooi nie. Al wat mens deesdae hoor is ek, ek, ek en bitter min word gesê van Jesus Christus en Sy opdrag aan Sy dissipels om die Evangelie te verkondig! Het die Here dan gefouteer toe Hy die onderstaande stelling gemaak het?
Mattheus 16:24 “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
Of kyk ons, as Christene, dalk iets mis? Lees meer Jouself Liefhê?