Die leser moet net kennis neem dat my bedoeling met die skryf van hierdie artikel nie ‘n persoonlike aanval op enige spesifieke persoon is nie, maar teen die valse leerstelling wat as waarheid verkondig en geglo word. Daar is baie eerbare gelowiges wat deur hierdie leerstelling beïnvloed is en dit was in my geval ook so gewees. Ek dank God egter dat Hy my van hierdie leerstelling verlos het en dit is my gebed dat ander ook daarvan vrygestel sal word. Lees meer Spreuke 18:21 en krag in die mens se Woorde
Is ek God se kind as ek struikel?
Vraag: Kan jy my asb help om vas te stel of ek waarlik ‘n kind van die Here is. Laat my toe om my situasie aan jou te verduidelik. Ek was ‘n alkoholis en het met die genade van God opgehou drink en ‘n geheel onthouer geword, maar onlangs het ek besluit om ‘n drankie met vriende te geniet en niks daarmee verkeerd gesien nie. Een drankie het toe na meer drankies gely en voordat ek my oë kon uitvee het ek gestruikel en was ek onder die invloed. Nou kom daar gereeld ‘n gedagte by my op dat ek nie werklik God se kind is nie en dat my Christenskap net ‘n klug is. Het jy enige raad vir my.
Antwoord: Hierdie antwoord geld vir enige sonde wat veroorsaak het dat die gelowige struikel. Net die blote feit dat jy hierdie vraag stel is vir my ‘n indikasie dat jy wel God se kind is. Iemand wat nie die Gees van God in hom het nie, sal met gemak in sonde kan bly en gemaklik daarin voel. Dit is nie te sê dat hulle gewetes hulle nie soms sal pla nie, want die Here het in almal van ons ‘n gewete geplaas.
Rom 2:14 “Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself ‘n wet, al het hulle geen wet nie; 2:15 omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig,”
So ‘n persoon sal weet dat wat hy doen verkeerd is, maar hy sal nie dink dat sy sonde ‘n sonde teenoor die God van die Hemele is nie, want hy weier om in Hom te glo. As gelowiges sal ons altyd voel dat ons teenoor God gesondig het en in hierdie feit alleen lê daar ‘n groot verskil en daarom sal ons kan saamstem met die woorde van koning Dawid.
Psa 51:4 (51:6) “Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.” Lees meer Is ek God se kind as ek struikel?
Die doop van die Heilige Gees en met vuur
Vraag: In Lukas 3:16 sien ons dat Jesus ons met die Heilige Gees sal doop asook met vuur. Is die doop met die Heilige Gees dieselfde as die doop met vuur? Indien dit nie dieselfde gebeurtenis is nie kan jy asb die verskil verduidelik. Baie dankie.
Antwoord: Daar is ‘n baie groot verskil tussen die doop met die Heilige Gees en die doop met vuur. Daar is ook baie verwarring en selfs valse leerstellings wat verkondig word, omrede die konteks van Johannes die doper se stellings nie in ag geneem word nie. Daar is bv. mense wat verkondig dat die gelowige met vuur gedoop moet word anders sal so ‘n persoon nie die krag van die Heilige Gees in sy lewe ervaar nie en sal dus onvrugbaar in die diens van God wees. Kom ons gaan kyk eers na die teksgedeelte wat jy genoem het, dan sal ons dit verder bespreek. Onthou om alles wat ek of enigiemand aan jou mag verkondig met die Bybel te gaan vergelyk om seker te maak dat jy nie besig is om verlei te word nie. Jy alleen gaan deur God verantwoordelik gehou word vir wat jy glo, so maak seker dat jy die waarheid ken. Lees meer Die doop van die Heilige Gees en met vuur
Die gelowige se posisie in Christus vs sy optrede
Dit kan nie genoeg beklemtoon word hoe belangrik dit vir die gelowige is om teksgedeeltes in die regte konteks van die Skrif te lees en verstaan nie. As hierdie reël getrou nagevolg word sal dit baie verwarring en onsekerhede uitskakel en behoort die bestudering van die Bybel ‘n plesier te word en nie as iets beskou te word wat net vir sekere persone beskore is nie. God in Sy liefde en genade het die Bybel aan al Sy kinders geskryf en Hy wil hê dat hulle almal dit vir hulleself moet lees en verstaan. Dit is ook ‘n mite dat sekere gedeeltes van die Skrif nie verstaan kan word nie. God sal nie die Bybel vir die mens gee met die bedoeling dat die mens sekere gedeeltes nie kan verstaan nie. As die Bybel nie vir die mens geskryf is nie, vir wie is dit dan geskryf? Die Bybel is deur God gegee om verstaan te word. Met hierdie waarheid ingedagte gaan ons ‘n teksgedeelte bespreek wat baie onsekerheid en vrees by sommige mense veroorsaak, omrede die teksgedeelte gereeld buite sy konteks aangehaal word. Lees meer Die gelowige se posisie in Christus vs sy optrede
Volg die Heilige Gees en nie mense nie
Voel jou Christenskap meer soos ‘n werk en minder soos ‘n verhouding met God. Indien dit die geval is, is hierdie artikel vir jou. As gelowiges moet ons daarteen waak om ander mense se werk en persoonlikhede te vorm soos wat ons dink hulle moet wees en nie soos wat God hulle geskape het nie. Hierdie tegniek is ook een van Satan se gewildste metodes om mense, wat God op die regte manier dien, van stryk te bring en hulle onvrugbaar te maak. Ons moet daarteen waak om nie in hierdie strik te val, en so teen die Here te werk, inplaas daarvan om Hom getrou te volg nie. Ek praat nie hier van gelowiges wat in sonde leef of valse leerstellings verkondig nie. Ek praat hier oor mense se persoonlike verhouding met die Here en die vrugte wat hulle behoort te dra, asook die werke wat uit ‘n verhouding van geloof in Jesus Christus behoort te manifesteer.
Rom 14:4 “Wie is jy wat die huiskneg van ‘n ander oordeel? Hy staan of val met betrekking tot sy eie heer; maar hy sal staande bly, want God is magtig om hom staande te hou.
Rom 14:10 Maar jy, waarom oordeel jy jou broeder? Of jy ook, waarom verag jy jou broeder? Want ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word.”
God het ‘n doel met elkeen van ons se lewens, en Hy het ons vir daardie doel geskep met die verskillende gawes en geaardhede wat daarmee gepaard gaan. Lees meer Volg die Heilige Gees en nie mense nie
Kan Satan die toekoms voorspel?
Vraag: Kan die Duiwel die toekoms voorspel? Indien nie, waarom kom voorspellings van mediums, spiritiste, vals profete en toordokters soms waar? Mens hoor gereeld van sulke voorspellings wat waar word, en dit komende van mense wat nie in Jesus glo nie. Is daar is verduideliking hiervoor? Lees meer Kan Satan die toekoms voorspel?
Om ‘n Beter kind van God te wees
Vraag: Ek wonder of jy my raad kan gee oor hoe ek ‘n sterker kind van God kan word. Dit is rêrig moeilik om die gevoel binne my te verduidelik oor my besluit. Ek is n huisvrou en het n wonderlike huwelik met twee pragtige kinders. Ons behoort aan die Dopper kerk en my man is ‘n diaken ook. Tog voel daar iets wat kort en ek wil rêrig meer van die Here leer, en rêrig ‘n opregte kind van Hom word en wil my gesin dra met die Here se woord.
Hoop jy verstaan wat ek probeer sê.
Valse Profete vs Ware Profete
Die Skrifte waarsku ons herhaaldelik teen die gevare van valse profete, valse leerders en valse apostels. Ongelukkig steur baie mense hulle nie aan hierdie waarskuwings nie en dit gaan tot hulle eie ondergang lei. Mense wat verlei is, sal nooit die verskoning kan gebruik dat God hulle nooit gewaarsku het nie.
Mat 24:11 “En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.
Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei.
2Pe 2:1 Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en ‘n vinnige verderf oor hulleself bring;”
Verder word ons gewaarsku om nie alles te glo wat ons hoor nie, maar ons moet eers die geeste toets! Dit is ons, as gelowiges, se plig om vas te stel wie die geeste is, onder wie se leiding die sogenaamde profete optree.
1Jo 4:1 “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.”
Om hierdie waarskuwings te ignoreer, is om God te ignoreer, en soos reeds genoem gaan dit tot so ‘n persoon se eie ondergang lei. Let net daarop, dat hierdie artikel hoofsaaklik oor valse profete gaan en die leser word aangeraai om die artikel oor “vals apostels” asook die artikel “is die gawe van profesie nog in werking vandag?”ook te lees. Lees meer Valse Profete vs Ware Profete
Ware Apostels vs Valse Apostels
Deesdae hoor mens nogal gereeld van mense wat beweer dat hulle Apostels is en hulle gehore stel hulle vertroue, tot so ‘n mate in hierdie mense, dat hulle leerstellings met die Bybel gelykgestel word en in baie gevalle weerspreek hulle selfs die Bybel en daar word niks van gesê nie. Hierdie is ‘n groeiende tendens in die belydende Christendom en die Bybel het ons hierteen gewaarsku.
2Ko 11:13 “Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig. 11:15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.”
Baie van hierdie apostels tree ook as leerders op, en verkondig soms dat hulle self nuwe openbarings by God ontvang het, en beweer ook dat die Bybel nie volledig is nie. Ook teen hierdie gevare het God ons in Sy woord gewaarsku, maar dit word deur baie mense geïgnoreer en word hierdie apostels blindelings nagevolg. Onthou, geloof wat nie op die waarheid gebaseer is nie is nie ware geloof nie, maar delusie! Lees meer Ware Apostels vs Valse Apostels
Ouers as voorbeeld aan Kinders
Die Here het ‘n baie ernstige waarskuwing in die Bybel gegee aan diegene wat veroorsaak dat ‘n kind wat in Hom glo struikel.
Mat 18:5 “En elkeen wat een van sulke kindertjies in my Naam ontvang, ontvang My; 18:6 maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see. 18:7 Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.”
Wat sien ons kinders daagliks in ons, as hulle ouers, se optrede? Wat is die voorbeeld wat ons aan hulle stel? Wat is ons geliefdste kuierplekke? ‘n Ouer se optrede beteken baie meer as net leë woorde. ‘n Kind sal nie ‘n pa wat gereeld in die kroeg sit en kuier ernstig opneem indien hy daardie selfde kind waarsku teen die gevare van drankmisbruik of ander sondes nie. In baie gevalle sal die kind dieselfde sondes doen as wat daardie kind se vader gedoen het. Kinders kyk op na hulle ouers as rolmodelle, om vir hulle ‘n voorbeeld te stel oor hoedanig hulle optrede moet wees en sal navolg wat hulle waarneem. Indien ‘n persoon ‘n kroegvlieg is, moet hy nie verbaas wees indien sy kind ook ‘n kroegvlieg word en drankmisbruik as normaal sien nie. Hierdie is een van die grootste foute wat ek ooit in my lewe kon maak, maar danksy God se genade het Hy my tot bekering gelei en kon ek my verkeerde optrede regstel. Daar is geen einde aan al die smarte wat drankmisbruik al veroorsaak het nie! (en nog steeds veroorsaak.) Baie ouers spandeer tyd in die kroeg en dan kom hulle met die verskoning dat hulle nie dronk word nie. Die vraag wat so ‘n ouer moet beantwoord, is watse voorbeeld hy aan sy kinders stel en word die Here deur sy optrede verheerlik? Watse taalgebruik kom in sulke plekke voor en word die Here daar verheerlik? As Christene, moet ons poog om die Here in alles te verheerlik en ons is veronderstel om sulke gedrag te laat staan indien daar ‘n moontlikheid is dat ander daardeur tot struikeling gebring kan word.
Rom 14:21 “Dit is goed om geen vleis te eet of wyn te drink of iets te doen waardeur jou broeder aanstoot neem of struikel, of waarin hy swak is nie.”
Luk 17:1 “En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom. 17:2 Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.” Lees meer Ouers as voorbeeld aan Kinders