Sleutelwoord se argiewe: Salwing

Kan mens die Heilige Gees aan ander oordra?

Die Heilige Gees het dit duidelik gestel dat morele, asook leerstellige verval, in die laaste dae erge afmetings sal aanneem.
2Tim.4:2 “verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; 3 want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, 4 en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
1Tim. 4:1 Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang”
Soos wat die einde van die Kerk Dispensasie nader kom neem morele, asook leerstellige verval, teen ‘n geweldige vinnige tempo toe. Die onlangse gebeure rondom die sogenaamde profeet Bushiri is maar slegs die punt van die ysberg, en is maar net een simptoom van ‘n baie groot probleem in die belydende Christendom. Die rede hiervoor is eenvoudig. Emosionele ervarings en gevoelens het korrekte Bybel uitleg vervang.

Lees meer Kan mens die Heilige Gees aan ander oordra?

Die Salwing (The Anointing)

Voordat ons met die artikel oor die Salwing begin, wil ek net graag die leser ten sterkste aanraai om Derren Brown – Miracles for Sale (Full) op YouTube op te soek en die program aandagtig deur te kyk. Sy program vlek die bedrog en metodes agter die tendens van geloof geneeshere oop, en demonstreer dat hierdie mense nie werklik deur die Heilige Gees gesalf is om mense te genees nie, maar dat hulle aangeleerde metodes gebruik om hulle gehore te verkul en te mislei. Die leser word aangeraai om mooi na die tegnieke en metodes wat hierdie mense aanwend te kyk en te bestudeer, en dan self vas te stel of hy dalk nie self aan die ontvang kant van hierdie bedrogspul is nie. Onthou geloof wat nie op Bybelse waarhede gebaseer is nie, is nie ware geloof nie, maar ‘n delusie. Kan daar van ‘n persoon gesê word dat hy God dien as hy van sulke slinkse metodes gebruik maak? Een so ‘n metode is die sogenaamde kulkuns om te beweer dat ‘n persoon se een been korter as die ander is en dan die kulkuns aan te wend om te bewys dat daar ‘n werklike wonderwerk plaasgevind het. Dit is skokkend, oneties en boonop oneerlik van pastore om van hierdie tegnieke gebruik te maak en dit dan as ‘n wonderwerk aan hulle gehore voor te wil hou!! God sal nooit enige manipulasie en leuens goedkeur om Sy werk te bevorder nie! Lees meer Die Salwing (The Anointing)