Sleutelwoord se argiewe: genesing

Matt.8:2-3 as belofte vir genesing

Vraag: Ek het jou artikel “’n Skriftuurlike uitdaging aan geloofsgenesers” gelees en het dit baie insiggewend gevind. Ek het egter na ‘n preek van ‘n gewilde Afrikaanse pastoor, wie ook profiteer, geluister waar hy vertel hoe hy op daardie stadium al nege mense van blindheid genees het. Hy het tydens sy preek van Matt.8:2-3 gebruik gemaak, om te demonstreer dat dit Christus se wil is om almal te genees en om hierdie rede is alle gelowiges nou alreeds op genesing geregtig. Hoe verklaar jy Matt.8:2-3 in die lig van genoemde pastoor se verklaring. Dien Matt.8:2-3 dan nie as waarborg dat Christene nou al reeds op genesing van siektes geregtig is nie? Is dit dan nie die Here se wil dat alle gelowiges van hulle siektes genees word nie? Ek moet net noem dat ek heelhartig met jou artikel saamstem en dit het my insig aangaande hierdie onderwerp verdiep. Ek besef nou dat ek aan die neus rondgelei is. Ek verstaan egter nie hoe Matt.8:2-3 by hierdie hele vraagstuk inskakel nie. Baie dankie.

Lees meer Matt.8:2-3 as belofte vir genesing

Genesing, ‘n Skriftuurlike uitdaging aan geloofsgenesers

Met die skryf van die artikel “Laster teen die Heilige Gees” het daar ‘n paar Skriftuurlike feite uitgespring wat ek glo sal help verseker dat gelowiges nie meer so maklik deur geloofsgenesers, (en meegaande bewerings van genesing) om die bos gely sal kan word nie. Die sogenaamde profeet Bushiri is maar net een simptoom van ‘n baie groter probleem in die belydende Christendom. Boonop dien dit as uitdaging aan alle persone wat beweer dat hulle mense deur gebed/handoplegging van hulle siektes kan genees om hierdie genesings vir objektiewe ondersoek beskikbaar te stel. Moet my asseblief nie verkeerd verstaan nie. Ek glo dat die Here nog mense genees. (Hy is immers die Soewereine, Almagtige, Skepper en die enigste ware God) Maar ek glo net nie Hy doen dit deur die sogenaamde geloofsgenesers en televisie-evangeliste van vandag nie. Indien hulle werklik die gawe beskik om mense te genees, sou dit baie maklik wees om my bewerings hier gemaak, verkeerd te bewys. Al wat hulle hoef te doen is om die voorbeeld van die Here Jesus Christus na te volg. Die Here Jesus Christus is immers ons voorbeeld en die Skrifte is Sy onbetwisbare woord aan ons. Derhalwe behoort Christus se voorbeeld as maatstaf te dien waarteen alle optredes en bewerings gemeet behoort te word. Onthou, alles wat ons doen moet teen die waarheid, soos in die Skrifte gevind, getoets word!
Joh.3:21 “Maar hy wat die waarheid doen, kom na die lig, sodat sy werke openbaar kan word, dat hulle in God gedoen is.”

Lees meer Genesing, ‘n Skriftuurlike uitdaging aan geloofsgenesers

Genees en Genesing tydens die Post Apostoliese Tydperk

Vraag: Vic, jy het my in die verlede so mooi ( Skrif binne konteks) gehelp met Hebr 12:14. Nou het ek weer jou hulp nodig. Het ons as gelowiges dieselfde mag en outoriteit as wat die apostels en hulle legate gehad het om te genees? Skrifte soos Markus 16:15-18. Lukas 10:1-20 en Joh 14:12 word gebruik om te beweer ons as gelowiges het outoriteit en mag om dooies op te wek, siekes te genees ens. Wat beteken mag en outoriteit in die konteks?

Dankie vir jou puik web tuiste, ek het al baie geleer daaruit.

By voorbaat dankie.

Antwoord: Baie dankie vir jou mooi komplement oor die webtuiste, maar alle eer moet die Here toekom, want sonder Hom sou ek nooit hierdie webtuiste kon skryf nie. Ek gaan die verskillende teksgedeeltes waarna jy verwys afsonderlik bespreek, en dan gaan ek een byvoeg wat volgens my mening een van die teksgedeeltes is, wat die meeste as bewys gebruik word, dat ons in die Kerk Dispensasie die outoriteit het om siektes gesond te maak en mens uit die dood op te wek. Lees meer Genees en Genesing tydens die Post Apostoliese Tydperk

Genesing ‘n Skriftuurlike Perspektief

As dit by die bestudering van die onderwerp van genesing in die Bybel kom, is dit baie belangrik om te besef, dat alle siektes wat ons huidiglik in die wêreld beleef, in ‘n algemene sin, die gevolge van sonde is. As sonde nie deur die ongehoorsaamheid van die mens in die tuin van Eden toegelaat was nie, sou daar geen siektes, lyding of fisiese dood in die wêreld gewees het nie. Dit is baie belangrik om hierdie feit ingedagte te hou indien ons om onsself rondkyk en al die swaarkry en lyding om ons waarneem. Dood en lyding is die gevolg van sonde, en dit behoort ons te herinner dat alle sonde rebellie teen God is en dat sonde gevolge het. Die leser word ten sterkste aangeraai om ook die artikel “Het die Kerk dieselfde Mag en Outoriteit as wat die Apostels gehad het om te Genees?” te lees. Lees meer Genesing ‘n Skriftuurlike Perspektief

Die Salwing (The Anointing)

Voordat ons met die artikel oor die Salwing begin, wil ek net graag die leser ten sterkste aanraai om Derren Brown – Miracles for Sale (Full) op YouTube op te soek en die program aandagtig deur te kyk. Sy program vlek die bedrog en metodes agter die tendens van geloof geneeshere oop, en demonstreer dat hierdie mense nie werklik deur die Heilige Gees gesalf is om mense te genees nie, maar dat hulle aangeleerde metodes gebruik om hulle gehore te verkul en te mislei. Die leser word aangeraai om mooi na die tegnieke en metodes wat hierdie mense aanwend te kyk en te bestudeer, en dan self vas te stel of hy dalk nie self aan die ontvang kant van hierdie bedrogspul is nie. Onthou geloof wat nie op Bybelse waarhede gebaseer is nie, is nie ware geloof nie, maar ‘n delusie. Kan daar van ‘n persoon gesê word dat hy God dien as hy van sulke slinkse metodes gebruik maak? Een so ‘n metode is die sogenaamde kulkuns om te beweer dat ‘n persoon se een been korter as die ander is en dan die kulkuns aan te wend om te bewys dat daar ‘n werklike wonderwerk plaasgevind het. Dit is skokkend, oneties en boonop oneerlik van pastore om van hierdie tegnieke gebruik te maak en dit dan as ‘n wonderwerk aan hulle gehore voor te wil hou!! God sal nooit enige manipulasie en leuens goedkeur om Sy werk te bevorder nie! Lees meer Die Salwing (The Anointing)