Sleutelwoord se argiewe: werke

Wedergeboorte en die rede vir goeie werke

Vraag: Ek dank God vir hierdie webwerf. Kan jy asb in meer diepte Efesiërs 2:8-10 aan my verduidelik, soos byvoorbeeld wat die doel van goeie werke is.
Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Ef.2:8-10)
Ek is van vroeg af met die werke evangelie gebombardeer, en het altyd geglo dat ek die ewige lewe kan verloor, of indien ek nie goeie werke doen nie ek nooit gered is nie. Ek stem nou saam met jou dat mens nie die ewige lewe kan verbeur nie, omrede bogenoemde vers dit duidelik stel dat die ewige lewe ‘n gawe is, maar ek sukkel nog met vers nege oor die werke wat God voorberei het om daarin te wandel. Kan jy my help asb.

Lees meer Wedergeboorte en die rede vir goeie werke

God se liefde vs die wêreld se liefde

Die wêreld se liefde sê ek vind jou aantreklik en om hierdie rede is ek lief vir jou. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou omrede ek voordeel uit ‘n verhouding met jou kan trek. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou omrede jy mooi goedjies aan my gee, en daarom is ek lief vir jou. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou omrede jy jou lewe vir my sal aflê. Die wêreld se liefde sê jy het my lief en daarom het ek jou lief. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou, maar al sal ek dit nie noodwendig erken nie, is ek lief vir jou omrede ek glo dat ‘n verhouding (vriendskap, besigheid of liefdesverhouding) my op die een of ander wyse tot voordeel sal strek. Die wêreld se liefde skroom nie om sonde as goed te aanvaar nie, en verander boonop goed in sleg en prys dit dan aan. Ons moet nooit God se liefde met die wêreld se liefde verwar nie.

Lees meer God se liefde vs die wêreld se liefde

Gelowiges se Werke gaan Beoordeel word

Voordat ons met hierdie studie oor ons werke begin, is dit belangrik dat ons as gelowiges, d.w.s. alle persone wat die Evangelie geglo het, weet dat hulle nooit verlore sal kan gaan nie. (Lees asb die artikel “Ewige Sekuriteit van die Gelowige” vir meer inligting rondom hierdie onderwerp) (Joh 3:18 Joh5:24) Boonop is al die gelowige se sonde (verlede, hede en toekomstig ) op Jesus Christus geplaas, en het Hy met Sy lewe vir ons sondes aan die kruis versoening gedoen. (Kol 2:14) Daarom is ons volkome veilig in Jesus Christus en kan die gelowige nooit verlore gaan nie.(1Ko 1:30) Ons is begenadig in die Geliefde. (Efs 1:6) Deur Sy een offer, het Hy ons vir ewig volmaak. (Heb 10:14) En daarom het God ons net so lief soos wat Hy die Seun het. (Joh 17:23) Groter liefde as dit is daar nie! Aan die anderkant van die saak, stel die Bybel dit egter duidelik, dat ons lewenswyse en optrede aan hierdie kant van die graf gevolge vir die hiernamaals sal voortbring, wat nie noodwendig later ongedaan gemaak kan word nie. Die keuses wat ons in hierdie lewe gemaak het, sal gevolge hê! God kan en sal ook vergewe, indien ons ons sondes bely en dit laat staan, maar die gevolge van ons keuses sal egter bly staan. God gaan nie noodwendig die gevolge van ons keuses ongedaan maak nie! Lees meer Gelowiges se Werke gaan Beoordeel word