Sleutelwoord se argiewe: Heerskappy Verlossing

Proponente van werkheiligheid se herdefiniëring van geloof

Ons lewe in ‘n tydperk waar die evangelie van God se genade meedoënloos van alle kante af aangeval word. Selfs in die protestantse kamp tref ons mense aan wat die evangelie van God se genade op ‘n subtiele wyse aanval deur om terme soos “geloof” te herdefinieer. Geloof is nie ‘n komplekse konsep nie, en beteken heel eenvoudig om vas oortuig daarvan te wees dat ‘n gegewe stelling of proposisie waar is. Om enige iets anders by die die betekenis van die term “geloof” te voeg is om met die apostel Paulus oor die aard van geloof in botsing te kom. Met die skryf van hierdie artikel sal ons hierdie subtiele maar uiterste gevaarlike aanval op die evangelie van God se genade ondersoek en blootlê.

Lees meer Proponente van werkheiligheid se herdefiniëring van geloof

God se liefde vs die wêreld se liefde

Die wêreld se liefde sê ek vind jou aantreklik en om hierdie rede is ek lief vir jou. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou omrede ek voordeel uit ‘n verhouding met jou kan trek. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou omrede jy mooi goedjies aan my gee, en daarom is ek lief vir jou. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou omrede jy jou lewe vir my sal aflê. Die wêreld se liefde sê jy het my lief en daarom het ek jou lief. Die wêreld se liefde sê ek is lief vir jou, maar al sal ek dit nie noodwendig erken nie, is ek lief vir jou omrede ek glo dat ‘n verhouding (vriendskap, besigheid of liefdesverhouding) my op die een of ander wyse tot voordeel sal strek. Die wêreld se liefde skroom nie om sonde as goed te aanvaar nie, en verander boonop goed in sleg en prys dit dan aan. Ons moet nooit God se liefde met die wêreld se liefde verwar nie.

Lees meer God se liefde vs die wêreld se liefde