Sleutelwoord se argiewe: hel

Naby die Dood Ervarings of Skyndood vs Wat sê die Skrifte

Vraag oor naby die dood ervarings: Goeie middag Vic

Baie dankie vir jou webtuiste dit help ons gesin baie Donderdag aande wanneer ons stil raak by God. Ek het verlede week vir hulle oor ter helle neergedaal gelees en dit was ongelooflik interessant. Ons het so lekker gesels rondom dit. Ons het wel ‘n vraag as jy ons dalk kan help met dit. Die mense wat n skyndood het en wat hemel toe gaan? Elke persoon het n ander ervaring van die hemel so dit is vir ons nogal verwarrend. Ek sal dit waardeur as jy vir ons dalk bietjie kan leiding gee rondom dit.

Vriendelike groete en seën

Antwoord: Baie dankie vir jou epos, en boonop is dit altyd ‘n seëning om te hoor dat medegelowiges die artikels op die webtuiste interessant en leersaam vind. Ek kan net die Here daarvoor dank, want sonder Hom sou ek nooit die webtuiste kon geskryf het nie. Dit is ook bemoedigend om te hoor dat daar nog gesinne is wat om God se woord vergader. Ongelukkig het ons samelewing meer sulke gesinne nodig! So ver dit jou vraag oor die naby die dood ervarings aanbetref, sal ek jou slegs my mening oor hierdie verskynsel kan gee, maar ek sal poog om my mening slegs op die Skrifte te baseer, omdat ek bo enige twyfel weet dat die antwoord in God se woord te vinde sal wees. Lees meer Naby die Dood Ervarings of Skyndood vs Wat sê die Skrifte

Het die Here Jesus Christus na die Hel of die Doderyk neergedaal?

Vraag: Dankie vir Jesus vir jou. Net n vraag , as ons die belydenis opsê in ons kerk, se dit dat Jesus ter helle neergedaal het, Is dit so?

God se rykste seën vir jou.

Antwoord: Dit is ‘n baie belangrike observasie wat jy gemaak het en is daarom is die vraag wat jy vra ‘n baie goeie een! Ek moet jou verder komplimenteer, omdat dit uiters belangrik vir gelowiges is, om alles wat hulle lees of aan hulle, as Skriftelike waarheid, voorgehou word, self met die Skrifte te vergelyk, om sodoende vas te stel of dit wat aan hulle verkondig word, wel Skriftuurlik is. Hnd 17:11 “En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.” Lees meer Het die Here Jesus Christus na die Hel of die Doderyk neergedaal?

Tydperk tussen die dood en die oordeel

Vraag: Waar gaan die mense in die tussentyd na hul dood terwyl ons almal wag vir die oordeelsdag? Hoe kan van hul reeds in die hemel wees en sommiges reeds in die hel?

Antwoord: Baie goeie vraag! Voor ek egter jou vraag gaan beantwoord is dit belangrik dat ons verstaan wat die Bybel met dood bedoel. Volgens die Bybel word die dood nooit as totale vernietiging of die ophou van bestaan bestempel nie, en word dit altyd as skeiding tussen siel, gees en liggaam bestempel. ‘n Persoon wat in ongeloof tot sterwe kom word vir altyd van die teenwoordigheid van God geskei maar daardie persoon se gees en siel lewe bewustelik, of in die teenwoordigheid van God in die hemel of in die doderyk, voort.(Luk 16:19-31) (Ek sal later meer hieroor uitbrei.) Lees meer Tydperk tussen die dood en die oordeel