Sleutelwoord se argiewe: Herlewing

Koninkryk Nou vs Koninkryk Kom

Daar is deesdae baie mense wat die term “die koninkryk” gebruik, en dit veral as dit by preke, konferensies en boeke kom waar die hoorders aangemoedig word om ‘n sekere dorp en of stad vir Christus te wen. Soms word daar byvoorbeeld verkondig, dat die Here Jesus Christus nie fisies aarde toe terug sal keer, alvorens die Kerk die wêreld vir Christus gewen het nie. Verder word daar verkeerdelik verkondig, dat omrede ons nou in die koninkryk is, daar geen armoede, siektes en sosiale probleme behoort te wees nie en dat dit die Kerk se plig is om die wêreld van hierdie euwels te red, omrede God kwansuis hierdie mandaat aan die Kerk gegee het. Hierdie terme en uitsprake klink eerbaar, maar voordat ons deur hierdie slagspreuke meegesleur word, is dit egter belangrik dat ons vasstel wat die spreker met die term “die koninkryk” bedoel en of hierdie koninkryk waarvan hierdie mense praat dieselfde Koninkryk is as wat die Bybel van praat.
Lees meer Koninkryk Nou vs Koninkryk Kom

Laaste Dae Herlewing?

Vraag:
Wanneer gaan die groot Herlewing begin wat almal van praat? Ek hoor baie daarvan maar sien nie in werklikheid enige verandering in ons samelewing nie. Ek sal graag jou opinie hieroor wil hoor.

Antwoord:
Goeie vraag. Hang af wat jy as herlewing beskou. Met ware herlewing bedoel ek, dat die mens altyd ‘n terugkeer na God en Sy Woord  (die Bybel) maak. Met ware herlewing bely die mense hulle sondes, en laat staan dit, en laat die Heilige Gees toe om hulle lewens te beheer. Ware herlewing het nog altyd na ‘n heilige lewenswandel gelei, en die mense het die waarheid weer in God se Woord opgesoek, om vas te stel wat God se wil is en dit gedoen. Die Bybel is dan as maatstaf gebruik waarteen alle gedrag en handelinge gemeet is. Met ware herlewing het die gelowiges meer sensitief vir die leiding van die Heilige Gees geraak en het hulle ook op die Heilige Gees se leiding gereageer. Lees meer Laaste Dae Herlewing?