Die konsep van “God se wil” is dikwels ’n bron van verwarring en selfs angs onder gelowiges. Talle Christene spandeer hul lewens in ’n vrugtelose soektog na verborge tekens of mistieke belewenisse in ’n poging om te ontsyfer wat God van hulle verwag. Om hierdie verwarring uit die weg te ruim en ’n Bybelse vastigheid te verkry, is dit noodsaaklik om ’n deeglike studie van die Skrif te maak en die verskillende fasette van God se wil te onderskei. Wanneer ons die Bybel benader met ’n letterlik-grammatikaal-historiese hermeneutiek, ontdek ons dat God se wil nie ’n enkelvoudige, ongedifferensieerde konsep is nie, maar eerder in spesifieke teologiese kategorieë verdeel kan word. Hierdie onderskeidings help die gelowige om met vrymoedigheid en wysheid te leef, wetende dat God in beheer is van die geskiedenis, terwyl Hy ons tegelykertyd roep tot gehoorsaamheid binne ons spesifieke bedeling. God se hand lei die geskiedenis onverpoos na die wederkoms van Christus en die ewige heerlikheid, en dit is ons voorreg om deel van hierdie goddelike plan te wees.
Lees meer Die Kategorieë van God se Wil: ’n Skriftuurlike PerspektiefSleutelwoord se argiewe: God se Wil
God se wil vir alle mense op aarde
Baie mense wonder en vra wat God se wil vir hulle is. Met die skryf van hierdie artikel sal kortliks vanuit die Skrifte aan die leser ‘n aanduiding van God se wil weergegee word. Dit is my bede dat die gelowige met die lees van hierdie artikel beter in staat sal wees om God se wil vir Sy lewe te bepaal en dan daarvolgens te lewe. Hierdie artikel kan gerus saam met die artikel genaamd “Om God se wil te ken” bestudeer word. Ons kan nou gaan en die afsonderlike punte aangaande God se wil vir ons vanuit die Skrifte aanhaal en kortliks bespreek, naamlik:
Lees meer God se wil vir alle mense op aardeOm God se Wil te ken
Die belangrikste element in die bepaling van God se Wil is ons huidige Geestelike toestand. Hoe naby leef ons aan die Here Jesus Christus? Is ek bewus dat Hy elke oomblik by my is en maak ek net op Hom alleen staat vir alle beslissings in my lewe. Daar moet ‘n vertrouensvriendskap met die Here wees. Ons moet op die punt kom waar ons net soos Petrus in Johannes 6:68 sal vra.
Joh 6:68 “En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe.“
Ons ons geval sal ek dit soos volg stel: “Na wie sou ons gaan? U is die antwoord op al ons vrae en bekommernisse!” (lees gerus die artikel “God is genoegsaam soos in die brief van 2 Korinthiers weergegee“) Boonop vermaan die Here Jesus ons ook verder:
Joh 15:7 “As julle in My bly en my woorde in julle, sal julle vra net wat julle wil hê, en julle sal dit verkry.”
En verder:
Spr 3:5-6 “Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.”
Uit bogenoemde skrifgedeeltes is dit duidelik dat indien ons God se Wil wil weet, ons in ‘n noue vertrouensverhouding met Hom moet leef. Hy moet nommer een wees en alle ander dinge tweede. Onthou Hy is God en weet as Hy nie werklik nommer een in ons lewens is nie. Dit is aan die mense wat intiem saam met God wandel, (op ‘n oomblik vir oomblik basis) aan wie Hy sy Wil bekend maak. Ons Vader het vir elkeen van Sy kinders ‘n plan vir sy lewe, en wil dit graag met ons deel. Ons hoef nie alleen deur hierdie moeilike lewe te gaan, en verward ronddwaal, soos verlore skape wat geen Herder het nie. Ons het mos ‘n Herder! Die onderstaande punte behoort as riglyn te dien vir die bepaling van God se wil. Lees meer Om God se Wil te ken