Die leser moet net kennis neem dat my bedoeling met die skryf van hierdie artikel nie ‘n persoonlike aanval op enige spesifieke persoon is nie, maar teen die valse leerstelling wat as waarheid verkondig en geglo word. Daar is baie eerbare gelowiges wat deur hierdie leerstelling beïnvloed is en dit was in my geval ook so gewees. Ek dank God egter dat Hy my van hierdie leerstelling verlos het en dit is my gebed dat ander ook daarvan vrygestel sal word. Lees meer Spreuke 18:21 en krag in die mens se Woorde
Sleutelwoord se argiewe: Krag in ons Woorde
Krag in ons Woorde?
Daar is deesdae ‘n gewilde konsep in die kerk wat beweer dat ons woorde krag het. Volgens hierdie siening kan ons, indien ons genoeg geloof het en die regte woorde uitspreek, rykdom, gesondheid en geluk verkry deur positiewe uitsprake oor ons omstandighede te maak. Daar word ook beweer dat mens nooit negatiewe uitsprake mag maak nie, aangesien woorde kwansuis die vermoë het om in die werklikheid te manifesteer. Die argument lui dat aangesien God die wêreld deur Sy woord geskape het, en ons in Sy beeld geskape is, ons in die “God-klas” val en dus self met ons woorde kan skep.
Die vraag wat ons egter moet beantwoord, is of hierdie leerstelling skriftuurlik geregverdig kan word. Of is dit maar net ‘n moderne vorm van gnostisisme? As Christene moet ons ons lewens inrig volgens die Woord van God alleen.
2 Timoteus 3:16-17 “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”