Sleutelwoord se argiewe: Sabbatdag

Die Dispensasie van die Wet. Deel 1

Historiese Konteks van die Wet van Moses:

Die aangebreek en die einde van die Dispensasie van die Wet:
Die Dispensasie van die Wet begin toe God die Wet van Moses op die berg Sinai aan Moses gegee het, en strek tot en met die Here Jesus Christus se dood aan die kruis op Golgota. (Ex.19:3; Matt.27:56; Joh.20:30; Hand.2)

Die Wet van Moses was slegs aan Israel as volk gegee en nie aan enige ander persoon of nasie nie:
Ex.19:1 “In die derde maand ná die uittog van die kinders van Israel (die Skrifte lê spesifiek klem op hierdie feit)uit Egipteland, op dieselfde dag, het hulle in die woestyn Sinai gekom —2 hulle het van Ráfidim af opgebreek en in die woestyn Sinai gekom en in die woestyn laer opgeslaan. En Israel het daar teenoor die berg laer opgeslaan. 3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig: 4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. 5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. 6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel (nie aan die heiden nasies wat ons insluit nie) moet meedeel. 7 En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het. 8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring. 9 En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in ‘n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jou kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.”
Hierdie was ‘n formele voorwaardelike, wedersydse onderneming wat tussen God en die volk Israel aangegaan is. Die Mosaieke Verbond is die enigste verbond wat voorwaardelik is. Al die ander verbonde wat God met Israel aangegaan het was onvoorwaardelik. (Die leser word ten sterkste aangeraai om die illustrasie “God se verbond met Israel” te bestudeer.)

Lees meer Die Dispensasie van die Wet. Deel 1

Die Sabbatdag Kontroversie – dieskrifte.org

Met die skryf van hierdie artikel sal gepoog word om meer inligting rondom die Sabbatdag kontroversie vanuit ‘n Skriftelike perspektief te gee. In ‘n groot gedeelte van die belydende Christendom is daar ongelukkig baie verwarring rondom hierdie aangeleentheid, en daarom is dit belangrik om na die Skrifte alleen vir die antwoord te gaan, en nie ons antwoorde op menslike opinies en oorgelewerde tradisies te baseer nie. Ons moet toelaat dat God vir Homself, deur Sy woord, (die Bybel) met ons praat. Eerstens ‘n paar Skriftuurlike waarnemings rondom die Sabbatdag kontroversie vanuit hoofsaaklik ‘n Ou Testamentiese oogpunt: Lees meer Die Sabbatdag Kontroversie – dieskrifte.org