Sleutelwoord se argiewe: dissipel

Daar is dinge wat belangriker as die lewe self is

In die gejaagdheid van die lewe besef ons nie altyd dat daar dinge is wat belangriker as die lewe self is nie. Almal van ons het ‘n inherente begeerte om selfbehoud. In baie gevalle is hierdie drang so sterk dat mens soms vergeet dat daar dinge is wat belangriker as die lewe self is. Vir Paulus was sy roeping belangriker as die lewe self en daarom het hy die volgende stelling gemaak, naamlik:
Hand.20:22 “En kyk, ek gaan nou gebind deur die Gees na Jerusalem; en watter dinge my daar sal oorkom, weet ek nie, 23 behalwe dat die Heilige Gees in elke stad kragtig getuig en sê dat boeie en verdrukkinge my wag. 24 Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God. 25 En nou weet ek dat julle almal onder wie ek rondgegaan en die koninkryk van God verkondig het, my aangesig nie meer sal sien nie.”

Lees meer Daar is dinge wat belangriker as die lewe self is

Hindernisse wat toegewyde dissipelskap verhinder

Indien mens ‘n studie oor die vereistes van toegewyde dissipelskap vanuit die Bybel doen, sal mens opmerk dat by verre die grootste deel van die belydende Christendom hierdie leerstelling, of nie behoorlik verstaan nie, of dit dood eenvoudig ignoreer. Waar hierdie leerstelling van die Here afgewater, of selfs heeltemal ignoreer word, gaan dit ernstige implikasies in gelowiges se geestelike lewens meebring.
Luk 14:26 “As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. 14:27 En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.”
Indien woorde betekenis het, (en dit het) en mens lees en interpreteer die bostaande teksgedeelte net soos wat dit daar staan, kan daar geen misverstand wees nie. Die Here het presies geweet wat Hy gesê het en die implikasies daarvan is duidelik. Dissipelskap verg opofferings! Lees meer Hindernisse wat toegewyde dissipelskap verhinder

Onderskeid tussen ‘n Gelowige en ‘n Dissipel

In ons poging om die Evangelie, van God se genade deur geloof alleen, teen die byvoeging van werke te beskerm, is dit van uiterste belang dat ons die woord van God reg sny. En juis om hierdie rede het die apostel Paulus, sy jong metgesel Timotheus, soos volg vermaan:
2Ti 2:15 “Lê jou daarop toe (studeer) om jou beproef voor God te stel as ‘n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.”
Daarom behoort dit dan ook elke gelowige se doelwit te wees, om die Bybel vir homself te bestudeer om uit te vind wat die Here werklik aan hom wil sê. Om die verskil tussen ‘n gelowige en ‘n dissipel te kan onderskei vergemaklik die taak om die Bybel reg te verstaan. Ja, alle persone wat die Evangelie geglo het is gelowiges, maar nie alle gelowiges is dissipels nie. Daar is ‘n verskil. Met die skryf van hierdie artikel, sal gepoog word om hierdie onderskeid te demonstreer. (die leser word ten sterkste aangeraai om die artikel “Drie Fases van Verlossing” weer te lees, omrede hierdie artikels as een groot geheel by mekaar inskakel.) Lees meer Onderskeid tussen ‘n Gelowige en ‘n Dissipel